‘n Swart klashulp is afgeneem waar sy besig was om ‘n huilende wit seuntjie se boude hardhandig skoon te spuit met ‘n tuinslang. Maar die ouers is ontevrede oor die foto. “Ons is woedend vir die vrou wat die foto van ons kind geneem het en dit op sosiale media geplaas het. Sy het geen
Charlie Hebdo vra dat Moslems humor aanvaar
Zineb El-Rhazoui,’n rubriekskrywer van Charlie Hebdo wat aan die jongste uitgawe gewerk het, het ’n beroep op Moslems gedoen om humor te verdra. “Ons haat hulle nie. Ons weet die stryd is nie met hulle as mense nie, maar met ’n ideologie,” het sy gesê. Die terreuraanslag het verlede Woensdag begin met die moordtog deur
Junior skaakspelers pak mekaar in Kimberley
Spanning loop hoog in die Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskappe wat hierdie week in Kimberly gehou word. Jong spelers van oor die hele land neem aan die toernooi deel, met die jongste net vier jaar oud, en elke spelertjie hoop om die groot trofee te wen. “Ons jongste speler is vier jaar oud en speel in die
Waarnemerspan na Zambië waar verkiesingstryd warm word
‘n Waarnemersending, SEOM, van die SAOG het in Lusaka, Zambië, aangekom om te verseker dat die land se presidentstussenverkiesing op 20 Januarie vreedsaam, vry en regverdig verloop. Maite Nkoana-Mashabane, Suid-Afrika se minister van internasionale betrekkinge en samewerking wat die waarnemerspan lei, het in Lusaka gesê SEOM sal hom deur die grondwetlike waarborge van vryheid en
Lees verder: Waarnemerspan na Zambië waar verkiesingstryd warm word
Plaasmoorde neem krisisafmetings aan maar ANC swyg
Sedert 1 Januarie 1990 was daar meer as 1 700 plaasmoorde in Suid-Afrika volgens die landbou-unie TLU SA. In 2007 was daar ’n styging van ongeveer 25% in plaasaanvalle, maar in dieselfde jaar het die departement van polisie besluit dat geen verdere statistieke daaroor vrygestel mag word nie, het TLU gesê. Intussen het die ANC
Lees verder: Plaasmoorde neem krisisafmetings aan maar ANC swyg
Citizen vra om verskoning oor spotprent
Die Citizen het Donderdag om verskoning gevra nadat hy ʼn spotprent van die profeet Mohammed gepubliseer het soos dit op die Franse satiriese weekblad Charlie Hebdo verskyn het, het Sapa berig. “Dit was ‘n mistasting, daar was geen kwaadwilligheid nie… dit was nie bedoel om iemand te beledig nie,” het Steven Motale, redakteur van die
Teleurstelling dat e-tol nie geskrap word nie
Daar is groot teleurstelling dat die e-tol-hersieningspaneel nie aanbeveel het dat die stelsel in Gauteng geskrap moet word nie. Die meerderheid van mense en organisasies wat voorleggings gedoen het, het gemeen die stelsel is onregverdig en behoort laat vaar te word. Die paneel se verslag, wat meer as 50 aanbevelings insluit, is gister deur die
Een Nederlandse film die de moeite waard lijkt
Het is meer dan 400 jaar geleden dat Michiel de Ruyter werd geboren, één van Nederlands grootste en bekendste helden. In 1667 versloeg de Ruyter de Engelse vloot op zee. Wanneer het diep verscheurde Nederland van alle kanten wordt aangevallen en op de rand van een burgeroorlog staat, probeert één man te vechten voor het
Kurt Darren belê in stamselbewaring
Met hedendaagse mediese deurbrake wat vinnig vorder, het die omstrede sanger Kurt Darren en sy vrou, Dunay besluit om hul eerste kind se stamselle as ‘n “waardevolle vorm van versekering vir haar toekomstige gesondheid” te laat bewaar. Darren sê in ‘n verklaring dat hy en sy vrou die besluit om hul kind se stamselle te laat
Franse kondig uitgebreide nuwe beheermaatreëls aan
Owerhede in Frankryk sê 54 verskillende sake is geopen in verband met voorvalle waar terreur glo goedgepraat word ná verlede week se terreuraanvalle in Parys, maar nie een van die 54 mense is gekoppel aan die aanvalle nie. Dit laat die vermoede ontstaan dat Francois Hollande se Sosialistiese regering basies regte en vryhede verontagsaam eerder as om vryheid
Lees verder: Franse kondig uitgebreide nuwe beheermaatreëls aan
