Duitsland erken Namibiese volksmoord

Of daar ’n formele Duitse verskoning sal wees of nie, is onbekend, maar die federale regering in dié land het uitdruklik erken dat die gruweldade teen die Nama en die Ovaherero wel volksmoord was. Volgens internasionale media het die Duitse Bundestag president, mnr. Norbert Lammert, Woensdag reeds van volksmoord gepraat, het die Republikein berig. Hy

Lees verder: Duitsland erken Namibiese volksmoord

Jesus se doopplek in Jordanië

Vir jare stap Christen-pelgrims van beide oewers die Jordaanrivier in om ‘n verbintenis met een van die hoekstene van geloof, die dood van Jesus Christus, te vorm. Die parallelle tradisie het sowel Israel as Jordanië uit toerismedollars voordeel laat trek, het AP berig. UNESCO het nou egter ingeklim in die meedinging en Jordanië se doopplek

Lees verder: Jesus se doopplek in Jordanië

Aanvallers in Parys nog op vrye voet

Gewapende mans wat Maandagoggend probeer het om ‘n winkel in ‘n sentrum in Villeneuve-la-Garenne, net noord van Parys, te beset, was nog op vrye voet. “Omstreeks 06:30 het drie gewapende misdadigers die Primark-winkel binnegegaan. Ons vermoed dit het begin as ‘n gewapende roof,” het ‘n polisiewoordvoerder gesê. ‘n Werknemer van die winkel het haar kêrel

Lees verder: Aanvallers in Parys nog op vrye voet

Meksiko se dwelmbaas dreig Trump

Meksiko se prokureur-generaal, Arely Gomez het die einde van ‘n tonnel besoek waardeur die Meksikaanse dwelmbaas Joaquin “El Chapo” Guzman Sondag uit die hoë sekuriteitsgevangenis Altiplano na ‘n huis in Almoloya de Juarez kon ontsnap het. Dit was Guzman se tweede ontsnapping in 14 jaar. Hy is nog op vrye voet. Mexiko se mees gesoekte

Lees verder: Meksiko se dwelmbaas dreig Trump

Premier vir korrupsie ondersoek

As deel van ‘n ondersoek na korrupsie, het Roemeense aanklaers dié week aangekondig dat hulle hul premier, Victor Ponta, gaan aankla. Dit plaas toenemende druk op die beleërde politikus om te bedank. Ponta word van bedrog, belastingontduiking en geldwassery tussen 2007 en 2011 aangekla, nog voordat hy in 2012 eerste minister geword het. Die owerhede

Lees verder: Premier vir korrupsie ondersoek

Leon Lemmer: Antjie Krog en Max du Preez: Uit die beek of modderpoel?

Antjie Krog, die digteres, en Max du Preez, die joernalis, is al lank geesgenote. Hulle kon nie wag dat die ANC uit ballingskap na Suid-Afrika terugkeer nie. Daarom het hulle hierdie terreurorganisasie in die buiteland gaan opsoek. Daar word vertel dat Krog in snot en trane was toe sy van hierdie vryheidstryders afskeid geneem het

Lees verder: Leon Lemmer: Antjie Krog en Max du Preez: Uit die beek of modderpoel?

Sanral beskuldig van misleidende advertensies

Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol beskuldig die padagentskap Sanral daarvan dat hy belastingbetalers se geld mors deur miljoene rand te bestee aan advertensies om die publiek te mislei, het RSG berig. Dit volg nadat die gesagsliggaam vir reklamestandaarde Sanral beveel het om ‘n misleidende advertensie oor die e-tolstelsel te verwyder. Die gesagsliggaam het bevind dat

Lees verder: Sanral beskuldig van misleidende advertensies

Veertienduisend skoene by grens onderskep

Suid-Afrikaanse doeane-amptenare het by die Lebombo-grenspos beslag gelê op 14 167 paar skoene wat met ‘n vragmotor en sleepwa onwettig uit Mosambiek ingesmokkel is. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sê die straatwaarde van die besending is ‘n geraamde R11,3 miljoen rand. Byna die helfte van die skoene was van die handelsnaam, Converse All Stars, en die res

Lees verder: Veertienduisend skoene by grens onderskep

Ramaphosa na China vir hoëvlakbesoek

Adjunk-president Cyril Ramaphosa en ’n afvaardiging van ministers en staatsamptenare het op ’n amptelike besoek na China vertrek. Hy voer Dinsdag onder meer samesprekings met China se vise-president Li Yuanchao. Onder die Suid-Afrikaners is ook die minister van Openbare ­Ondernemings, Lynne Brown, en die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande. Die presidensie sê in ‘n

Lees verder: Ramaphosa na China vir hoëvlakbesoek

Ebola woed voort in Afrika

Afrika se Ebola-probleem is nog steeds nie opgelos nie met rondom 30 mense wat weekliks besmet word, het die Verenigde Nasies se spesiale gesant vir die dodelike siekte, David Nabarro, Maandag gesê. Onder normale omstandighede, sou so ‘n infeksietempo beskou word as “‘n groot, groot uitbraak,” het hy gesê. “Waarskynlik ongeveer een derde van die

Lees verder: Ebola woed voort in Afrika