Egipte se Moefti, Ali Gomaa, het uitgevaar teen ‘n referendumuitslag in Switserland wat nuwe minarette verbied, en het dit ‘n “belediging” teen Moslems regoor genoem terwyl hy ‘n oproep op Moslems gedoen het om nie deur die skuif uitgelok te word nie.
‘n Soliede meerderheid Switserse kiesers het in ‘n referendum gestem om die oprigting van nuwe minarette, die torings wat teenaan moskees gebou word vanwaar die oproep tot gebed gemaak word, te verbied
“Hierdie voorstel word nie net as ‘n aanval op die vryheid van opvattings beskou nie, maar is ook ‘n poging om die gevoelens van die Moslem-gemeenskap in en buite Switserland te beledig,” het Gomaa, die Egiptiese regering se amptelike vertolker van Islamitiese wet aan die staatsnuusagentskap MENA gesê.
Hy het Switserland se 400,000-sterk Moslemgemeenskap aangemoedig om dialoog en wettige metodes te gebruik om die verbod, wat hy as uitlokkende gedrag beskryf het, te beveg.
Die regse Switserse Volksparty, Switserland se grootste party, het die referendum afgedwing nadat hulle die verpligte honderdduisend stemme binne 18 maande ingesamel het.

Die Switserse media spreek vandag hul kommer uit oor die naweek se referendum waarin die bou van moskeeminarette verbied is.
Die Italiaanse diktator, Benito Mussolini, se bloed en harsings is gister vir 15,000 euro’s te koop aangebied op die veilingwebwerf eBay, voordat die maatskappy die advertensie wat deur ‘n anonieme verkoper aangebied is, onttrek het.
‘n Los Angeles-regter het gister ‘n hofsaak teen Miley Cyrus, waarin die tienerikoon van diskriminasie aangekla is nadat sy afgeneem is waar sy “skrefiesoë” maak, uitgegooi.
Die oudste Afrikaanse koerant in die land, Die Volksblad, kry van aanstaande jaar af ‘n bruin redakteur, mnr. Ainsley Moos. Hy sal vanaf Januarie 2010 die leisels by mnr. Jonathan Crowther oorneem wat ná 36 jaar in die joernalistiek aftree.