‘n Los Angeles-regter het gister ‘n hofsaak teen Miley Cyrus, waarin die tienerikoon van diskriminasie aangekla is nadat sy afgeneem is waar sy “skrefiesoë” maak, uitgegooi.
Lucie Kim het die ster van “Hannah Montana” in Februarie gedagvaar nadat ‘n foto opgeduik het van Cyrus en haar vriende waar hulle hulle oë skrefiestrek, vermoedelik om hulleself Asies te laat voorkom, volgens hofstukke.
Kim se prokureur het Cyrus, 16, gedagvaar onder ‘n statuut wat besighede verbied om teen minderhede te diskrimineer.
Kim het aangevoer dat die Disney-ster “moes geweet het dat haar afbeelding via die media, wat op haar privaatlewe fokus, versprei sou word.”
Die Los Angeles Hooggeregshofregter Robert Sohigian het egter gesê hy is nie oortuig dat Cyrus ‘n staatswet wat burgers teen diskriminasie deur besighede beskerm, oortree het nie.
In hulle hofstukke het prokureurs vir die popsensasie gesê die staat se Unruh Burgerregtewet wat deur Kim se prokureur aangehaal is, verband hou met toegang tot openbare akkommodasie en nie veronderstel is om genoegdoening te verskaf vir rassebeledigings nie.
Cyrus se prokureurs het ook opgemerk dat Kim toegegee het dat die sangeres en haar vriende nie bedoel het om teen mense van Asies-Stille-Oseaanafkoms te diskrimineer nie.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.