Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) sal troepe na die Demokratiese Republiek van die Kongo stuur as deel van ‘n mag van die Verenigde Nasies, het die weermag Sondag bevestig. “Ja, die Suid-Afrikaanse regering sal soldate stuur of sal soldate bydra tot die Verenigde Nasies se ingrypingsmag in die oostelike DRK,” het bgir.genl. Xolani Mabanga gesê.
Pasop vir Amerikaanse destabilisering van Suid-Afrika!
Telkens as ek die hoofstroom- liberale webwerwe op my rekenaarskerm oopmaak, moet ek eers my lagbuie tot bedaring bring voor ek verder kan lees. Dieselfde koerante en joernaliste wat tot enkele maande gelede nog “ons wonderlike demokrasie” met “die beste grondwet ter wêreld” besing het, is tans besig om die ANC-bewind fel te kritiseer. Die
Lees verder: Pasop vir Amerikaanse destabilisering van Suid-Afrika!
Duitse onderhoud met Poetin laat joernalis met rooi gesig
‘n Onderhoud met Vladimir Poetin onlangs het ‘n Duitse joernalis met ‘n rooi gesig gelaat. In die onderhoud met die Duitse uitsaaier ARD, het Poetin gesê die onlangs goedgekeurde wet op buitelandse agente wat NRO’s in Rusland monitor, het parallelle in die internasionale praktyk. Die Duitse onderhoudvoerder was salig onbewus hiervan, en wou Rusland uitsonder
Lees verder: Duitse onderhoud met Poetin laat joernalis met rooi gesig
Pedofiele kry die wind van voor
Brittanje se beroemde Tate Gallery het Donderdag tientalle beelde, sommiges wat naakte jong meisies uitbeeld van die bekende kunstenaar Graham Ovenden, van sy webwerf verwyder nadat die kunstenaar aan seksuele misdrywe teen kinders skuldig bevind is. Ovenden, 70, is Dinsdag skuldig bevind aan ses aanklagte van onsedelikheid teen minderjariges en een van onsedelike aanranding. Skilderye
Grondeise in Junie heropen
Die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Gugile Nkwinti, sê van die meer as 81000 grondeise wat landwyd ingedien is, is slegs 8 700 nog uitstaande. Nkwinti sê hoewel die oorblywende eise ingewikkeld is, is die gebrek aan vaardighede by staatsamptenare ook ‘n bydraende faktor tot die vertraging om die eise af te handel. Nkwinti
McBride mag ‘n moordenaar en misdadiger genoem word
Die Grondwethof het beslis dat Robert McBride wel ‘n moordenaar en misdadiger genoem mag word. Dit is ‘n slag vir nasionale eenheid, het die ANC in reaksie gesê. “Die beslissing deur die Grondwethof heropen die wonde van so baie mense wat hul families verloor het, verhoor, verban, aangehou, vermink en doodgemaak is,” het mnr. Gwede
Lees verder: McBride mag ‘n moordenaar en misdadiger genoem word
Woede omdat ‘aantreklikste ras’ wit is
Die Universiteit van Kaapstad se studentekoerant, Varsity News, is in die sop oor ‘n grafiek wat die “aantreklikste ras” as wit aandui. Die sirkeldiagram getiteld “UCT stem vir die aantreklikste ras”, gee ‘n keuse van wit, Indiër, bruin, Afrikaan, Asiaties en gemengde herkoms. Volgens die peiling dink die meeste studente (38%) dat wittes die mooiste
Voëlgriep eis vierde slagoffer
‘n Man is in Sjanghai dood nadat hy met ‘n nuwe stam van die voëlgriepvirus besmet is, het die staatsmedia Donderdag berig. Altesaam vier mense het nou al weens die H7N9-virus gesterf. Die 48-jarige pluimvee-werker, van die oostelike Jiangsu-provinsie, is die 11de mens wat ooit met die H7N9-virus besmet is sedert die eerste menslike gevalle
Pretoria moet self grafte grawe
Pretorianers moet self die grafte van hul afgestorwenes grawe, aangesien ‘n kontrak met die Tshwane-metroraad se grafgrawers verstrek het. Begrafnisondernemers het ontdek dat grafgrawers by al die Tshwane-metroraad se begraafplase reeds aan die einde van Maart hul gereedskap neergelê het, het The Times Donderdag berig. Dit beteken dat die begrafnisondernemers en die familie en vriende
Relletjie buite Spear-vandaal se verhoor
Ongeveer 60 mense het Donderdag buite die Hillbrowse landdroshof betoog voor die verskyning van ‘n man wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n skildery gevandaliseer het. Die groep eis dat Louis Mabokela, wat aangekla is nadat hy verlede jaar die omstrede skildery The Spear in die Goodman-galery in Johannesburg beskadig het, vrygelaat word. “Louis yo
