Brittanje se beroemde Tate Gallery het Donderdag tientalle beelde, sommiges wat naakte jong meisies uitbeeld van die bekende kunstenaar Graham Ovenden, van sy webwerf verwyder nadat die kunstenaar aan seksuele misdrywe teen kinders skuldig bevind is.
Ovenden, 70, is Dinsdag skuldig bevind aan ses aanklagte van onsedelikheid teen minderjariges en een van onsedelike aanranding.
Skilderye en foto’s deur die kunstenaar is reeds in galerye oor die hele wêreld tentoongestel.
‘n Tate-woordvoerder het gesê die gallery sal sy beleid oor 34 afdrukke deur Ovenden wat in 1975 aan sy versameling geskenk is, hersien.
“Totdat hierdie oorsig voltooi is, sal die beelde nie aanlyn beskikbaar wees nie en die werke sal slegs per afspraak besigtig kan word.”
Die woordvoerder het bygevoeg: “Graham Ovenden is ‘n kunstenaar van formaat, wie se werk oor meer as 40 jaar uitgestal is.”
Intussen het Pous Fransikus aangekondig dat die Katolieke Kerk “met vasberadenheid” teen die plaag van pedofiele priesters gaan optree.
Vrydag het Monsignor Gerhard Ludwig Mueller, die hoof van die Vatikaan se departement van dissipline, belowe dat sulke priesters wat jag maak op kinders, vervolg sal word.
Dit was die eerste amptelike woord oor die kwessie van die nuwe pous. Hy is op Maart 13 verkies om Benedictus XVI op te volg nadat die vorige pousdom gekenmerk is deur onophoudelike pedofilie skandale met tien duisende slagoffers oor ‘n paar dekades.
Francis het gevra vir “verskerpte maatreëls om minderjariges te beskerm asook diegene wat blootgestel is aan sodanige geweld in die verlede.”
