Grondeise in Junie heropen

Die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Gugile Nkwinti, sê van die meer as 81000 grondeise wat landwyd ingedien is, is slegs 8 700 nog uitstaande.

Nkwinti sê hoewel die oorblywende eise ingewikkeld is, is die gebrek aan vaardighede by staatsamptenare ook ‘n bydraende faktor tot die vertraging om die eise af te handel.

Nkwinti het ook gesê die indiening van grondeise sal in Junie heropen word, wanneer dit die 100 jarige herdenking is van die wet op Naturellegrond, wat mense hulle grond ontneem het.

Die ANC het op sy konferensie in Mangaung besluit dat die indiening van grondeise heropen sal word vir diegene wat die spertyd in 1998 misgeloop het.

Maak 'n opvolg-bydrae