‘n Onderhoud met Vladimir Poetin onlangs het ‘n Duitse joernalis met ‘n rooi gesig gelaat.
In die onderhoud met die Duitse uitsaaier ARD, het Poetin gesê die onlangs goedgekeurde wet op buitelandse agente wat NRO’s in Rusland monitor, het parallelle in die internasionale praktyk.
Die Duitse onderhoudvoerder was salig onbewus hiervan, en wou Rusland uitsonder vir kritiek omdat hulle “inmeng” in NRO’s se bedrywighede.
Hy het ook kennis geneem van die ooraanbod van buitelandse nie-regeringsorganisasies se teenwoordigheid in Rusland.
In Suid-Afrika is dieselfe ooraanbod van buitelandse NRO’s teenwoordig wat ‘n enorme invloed op die regering se beleidsbesluite uitoefen.
In die begin van die onderhoud, het die Russiese president opgemerk dat die doel van NRO-inspeksies die publiek sowel as aktiviste sal bystaan om groter deursigtigheid van sulke organisasies se werklike bedywighede te bevorder.
Poetin het bygevoeg dat die Verenigde State ‘n baie soortgelyke wet reeds in 1938 in werking gestel het om buitelandse agentskappe se werksaamhede dop te hou.
Poetin het opgemerk dat die Amerikaanse wet afgedwing word deur die Departement van Justisie. Buitelandse groepe wat in die VSA werk, moet gereeld inligting oor hul aktiwiteite deurgee en hierdie inligting word dan deur die Amerikaanse teenspioenasieafdeling hersien.
Die Duitse verslaggewer het erken hy was nie bewus was van sulke praktyke in die Verenigde State nie.
Poetin het uitgewys dat daar 654 groepe in Rusland is wat deur die buiteland befonds word, terwyl Rusland slegs twee buitelandse NRO’s het – een in Frankryk en een in die Verenigde State.
Hy het ook bekendgemaak dat buitelandse diplomatieke missies binne vier maande $1 miljard na Rusland oorgeplaas het, waarvan byna 90% in die rekeninge van NRO’s beland het nadat Rusland die wet op buitelandse agente ingestel het.
Poetin het gesê die Russiese volk het die volste reg om te weet waarmee die uitgebreide netwerk van organisasies hulself mee besig hou.
Die Russiese leier het weer beklemtoon dat die Russiese owerhede nie van plan is om enige sulke organisasies te sluit nie.
“Ons het net gevra dat hulle erken: ‘Ja, ons is besig met politieke aktiwiteite, en ons word befonds uit die buiteland'”, het Poetin gesê. “Die publiek het die reg om dit te weet.”
“Daar moet orde wees. Dit is ‘n bekende reël. Dit is ‘n universele beginsel in enige land,” het hy gesê, en gewys op die onlangse gebeure in Noord-Afrika as ‘n duidelike voorbeeld van wat kan gebeur as hierdie beginsel is verwaarloos word.
