Die vrou in die middel van ‘n politieke skandaal wat die Suid-Koreaanse presidensie in ‘n krisis gedompel het, is laat Maandagaand in hegtenis geneem, het die Yonhap nuusagentskap berig. Dit was enkele ure nadat sy by die kantoor van die plaaslike staatsaanklaer vir ondervraging aangemeld het. Aanklaers ondersoek bewerings dat Choi Soon-sil haar vriendskap met
NY Opera ontruim na man as strooi
Die Metropolitaanse Operahuis in New York het Saterdag sy uitvoering van Rossini se Guillaume Tell inderhaas afgestel nadat ‘n man glo sy mentor se as in die orkesput gestrooi het. Daar is eers gemeen dat dit ‘n terreuraanval kon wees. Die polisie in New York sê getuies in die gehoor het ‘n man hoor sê
Verdagte van moord op oud-AWB-leier se plaas voor
‘n Swart verdagte, (32) sal na verwagting vanoggend in die Ventersdorpse Landdroshof in Noordwes verskyn op ‘n aanklag van moord op ‘n boer. Die moord het plaas gebeur wat eers aan die vermoorde voormalige AWB-leier, Eugene Terre’Blanche behoort het. Terre’Blanche is in 2010 op dieselfde plaas vermoor. Die polisie sê die slagoffer se bakkie is
Lees verder: Verdagte van moord op oud-AWB-leier se plaas voor
Edward Snowden praat saam op Konstitusieheuwel
Edward Snowden, die Amerikaanse agent wat gedros het, het tydens ‘n regstreekse aanlyngeleentheid wat deur die voormalige Greenpeace direkteur, Kumi Naidoo, by Konstitusieheuwel in Johannesburg gereël is, gepraat. Tydens die aanlyngesprek, het Snowden sy kommer uitgespreek oor hoe sommige van die wêreld se grootste aanlyn-dienste data insamel oor gebruikers. Die voormalige Amerikaanse Central Intelligence Agency
Ban Ki-Moon soebat by Zuma oor Strafhof
Teenkanting teen die Internasionale Strafhof het duideliker geword tydens ‘n debat oor die Strafhof se jaarverslag wat in die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering gelewer is. Suid-Afrika het nie aan die debat deelgeneem nie. Die VN-sekretaris-generaal, Ban Ki-Moon het President Jacob Zuma die naweek in ‘n telefoniese gesprek probeer oorreed om die besluit te heroorweeg.
Groot skade nadat Italië weer geskud word
‘n Aardbewing wat 6,6 op die Richterskaal gemeet het, het Italië Sondagoggend weer geskud. Verskeie gebou in hierdie streke is deur die bewing in puin gelê. Aanvanklik is die bewing op 7,1 gestel, maar dit is later aangepas. Dit was 1,5 kilometer diep. Nog geboue, waaronder historiese ou kerkies in verskeie klein dorpies, is verwoes.
Oproer by Tuks
Ten minste een motor is verbrand en die dameskoshuis Nerina is met klippe aangeval tydens die jongste oproer by die Universiteit van Pretoria. Swart studente en ander betogers wat nie met die universiteit verbind is nie, het gepoog om Burnettstraat in Hatfield, die voorstad waarin die universiteit geleë is, te versper. Polisie verkeer op die
Betogers wil instellings met nagwaak dwing tot oorgawe
Betogers van die Fees Must Fall-veldtog het Sondagaand ‘n nagwaak by die Universiteit van Johannesburg se Aucklandpark Kingsway-kampus gehou. Betogers van ander instellings, soos die Tshwane Universiteit van Tegnologie en die Noordwes Universiteit se Mahikeng-kampus was nog in die aand per bus na Johannesburg op pad. Die amokmakers eis dat die regering daadwerklike stappe moet
Lees verder: Betogers wil instellings met nagwaak dwing tot oorgawe
Eienares van AWB-leier se eertydse plaas ook vermoor
Die eienares van die plaas Witrandjiesfontein by Ventersdrop wat aan die vermoorde AWB-leier, Eugene Terre’Blanche, behoort het, is die naweek op die plaas vermoor. Die 55-jarige Annerie Grobler is na bewering deur drie van haar voormalige swart werkers werkers doodgeslaan. ‘n Polisiewoordvoerder, Pelonomi Makau, sê een van die swart verdagtes is aangekeer nadat Grobler se
Lees verder: Eienares van AWB-leier se eertydse plaas ook vermoor
Duitse maatskappy weier glo om Zim-note te druk
‘n Duitse maatskappy, Giesecke and Devrient, het ‘n versoek van Zimbabwe van die hand gewys om die nuwe geld vir die tesourie te druk wat tans met enorme kontantvloeiprobleme worstel. John Mangudya, president van Zimbabwe se reserwebank, het na bewering gesê die Zimbabwiërs wat teen die nuwe ruiliddel gekant is, is besig met “politiekery deur
Lees verder: Duitse maatskappy weier glo om Zim-note te druk
