Silvio Berlusconi, die Italiaanse eerste minister, is skerp gekritiseer deur die Katolieke kerk sowel as linkse partye omdat hy verklaar het dat Italië nie 'n multi-etniese gemeenskap is of behoort te wees nie. Hy het Libië dië week geprys omdat hulle 500 migrante teruggeneem het wat deur Italiaanse vaartuie oor die afgelope vyf dae opgepik
1200 onderwysers nie betaal nie
Omtrent 1200 onderwysers en ondersteuningspersoneel moes sonder hul salarisse aan die einde van April klaarkom, het die Gautengse onderwysdepartement in Sentraal-Transvaal Woensdag gesê.
Omtrent 1200 onderwysers en ondersteuningspersoneel moes sonder hul salarisse aan die einde van April klaarkom, het die Gautengse onderwysdepartement in Sentraal-Transvaal Woensdag gesê.
Spaanse TV-program buit glo San uit
'n Spaanse TV-kanaal, Cuatro, is in die spervuur omdat hulle die San in Namibië glo uitgebuit het vir 'n realiteitsprogram wat deur 'n Australiese maatskappy verfilm is. Die reeks, "Verlore in die stam" wys drie middelklas Spaanse families wat elk drie weke lank saam met 'n stam woon. Twee gesinne was in Namibië en een
Verkragting is ‘n ‘oorlogswapen’
Melanne Verveer, die VSA se reisende ambassadeur vir vrouekwessies wêreldwyd, het Woensdag aan Amerikaanse senatore van die senaatskomittee vir buitelandse verhoudinge vertel dat verkragting 'n oorlogswapen is in Afrika, Asië en Europa. Gedurende die 12 jaar van konflik in die DRK is honderde vroue, dogters en babas verkrag en die daders het min of meer
Stil katelkruipers!
Moet tog nie julle laat mislei deur die vreespolitiek en valse propaganda van Naspers nie want dis nog steeds gemik teen die belange van die Afrikaner soos voorheen. Gogga-maak-vir-baba-bang massahisterie. Ons weet mos hoe werk die Afrikaanse media met ons koppe. 'Anti-politiek' is nie ‘n beginsel nie. Dis hoogstens bedoel om druk uit te oefen
Geld wat verdwyn by Tshwane se munisipaliteit
Die SAUK het Sondag 10 Mei 2009 'n verdere program aangebied waarin die voorkoms van witboordjiemisdaad in die Tshwane-munisipaliteit bevestig word. Dit kom nadat munisipale klagtes teen sulke onthullings van die hand gewys is. Dit volg ook op die ANC-oorwinning in die verkiesing van 22 April 2009 waarin die nuwe President van Suid-Afrika, Jacob Zuma, plegtig belowe het dat streng opgetree gaan word teen ANC-lede wat hulle mag misbruik en/of nie hulle werk doen nie. Interessant is dat president Jacob Zuma bevestig dat hy en sy familie die Presidensie in die Hoofstad "Tshwane" sal betree.

Ondergang van die Weste
Demografie is ons noodlot – August Comte Ofskoon hierdie titel verwys na die werk van die Duitse historikus Oswald Spengler, kan 'n mens in die huidige tydsgewrig soortgelyke argumente voer dat die Weste sy hoogste tyd gehad het en so langsamerhand sy invloed begin verloor op sowel morele as politieke terrein. Sekerlik die vernaamste oorsaak
Pous ondersteun Palestynse staat
Pous Benediktus XVI het sterk steun vir 'n Palestynse staat uitgespreek tydens sy besoek aan Bethlehem in Israel. Hy het gesê die Vatikaan ondersteun 'n soewereine Palestynse tuisland met internasionaal erkende grense. Die pous is deur die Palestynse president Mahmoud Abbas verwelkom. Hy het 'n beroep op jong Palestyne gedoen om geweld af te sweer
Amateurs verantwoordelik vir Amerikaanse foltermetodes
Twee sielkundiges, amateurs wat nog nooit 'n gevangene ondervra het nie, was verantwoordelik vir die CIA se ondervragingstegnieke by gevangenisse soos Guantanamo wat wêreldwyd opspraak gewek het. James Mitchell en sy vennoot Bruce Jessen van die maatskappy Knowledge Works het die handleiding geskryf wat gebruik is om Al-Kaidaverdagtes te folter. Mitchell, 'n toegewyde Mormoon, was
Lees verder: Amateurs verantwoordelik vir Amerikaanse foltermetodes
Nzimande is nodig vir ‘revolusie’, s? Mantashe
Die kommunis Blade Nzimande is minister van hoër opvoeding gemaak omdat hy 'n revolusionêr is, het metaalwerkers in Boksburg Dinsdag gehoor.
"…Ons het iemand nodig wat die begrip van 'n vaardigheidsrevolusie verstaan: dat die vaardigheidsrevolusie noodsaaklik vir die sukses van dié land is," het die ANC se sekretarisgeneraal Gwede Mantashe aan 'n nasionale-kongres-in-die-kleine van die Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika gesê.