Spaanse TV-program buit glo San uit

Image'n Spaanse TV-kanaal, Cuatro, is in die spervuur omdat hulle die San in Namibië glo uitgebuit het vir 'n realiteitsprogram wat deur 'n Australiese maatskappy verfilm is.

Die reeks, "Verlore in die stam" wys drie middelklas Spaanse families wat elk drie weke lank saam met 'n stam woon. Twee gesinne was in Namibië en een in Indonesië.

Die Molina-Herrera gesin, die ouers en vier kinders, het in 'n spesiale Sankamp wat gebou is vir die program, gewoon. In werklikheid was die Sannedersetting 700km daarvandaan in die Kalahari, maar die TV-span het nie daarvoor kans gesien nie.

Die San het 'n skamele bedraggie ontvang in ruil vir hulle deelname. Hulle oes moes egter verlore gaan en die kinders het uit die skool gebly. Daarbenewens is die San se lewenswyse verkeerd voorgestel en is kenners onthuts. Hulle meen die San is as "eksoties en op 'n paternalistiese wyse voorgestel, sonder respek".

Die ander gesin in Namibië het by die Himba tuisgegaan. Gedurende die program het die Spaanse moeder vertel dat die Himbavroue nie die reg het om te bad nie. 'n Spaanse antropologieprofessor is hoogs ontstoke oor die wanvoorstelling. Hulle het die reg om te bad, sê professor Francisco Giner Abati, maar doen dit selde omdat water so skaars is.

Abati, sê hy kon skaars vyf minute van die program kyk omdat die "stamme so skaamteloos kommersieël uitgebuit word".

'n Woordvoerder vir Cuatro sê die reeks wil graag die kontras tussen die Westerse kultuur en ander stamme uitbeeld.online slotsалександр лобановский харьков

Maak 'n opvolg-bydrae