Die polisie in Tweefontein in Mpumalanga het bevestig dat Happy Sindane vermoor is. Sindane het tien jaar gelede die nuus gehaal toe hy beweer het dat hy ‘n wit seun is wat deur ‘n swart gesin ontvoer is. Hy is later by die gesin weggeneem en by ‘n plek van veiligheid in Bronkhorstspruit geplaas. Daar
DA wil Frankryk in SAR help
Die Demokratiese Alliansie beplan om ‘n dringende mosie ter tafel lê om pres. Jacob Zuma te dwing om alle Suid-Afrikaanse troepe uit die Sentraal Afrikaanse Republiek (SAR) te onttrek, is Maandag berig David Maynier, DA-woordvoerder oor verdediging, het aan die media in Kaapstad gesê dit moet troepe insluit wat glo na die Demokratiese Republiek van
Stellenbosch en ander Wes-Kaapse name verander
Mev. Helen Zille, premier van die Wes-Kaapse provinsie, het ‘n hele reeks naamsveranderings in dié provinsie aangekondig. Dít volg ná die suksesvolle transformasie van skool- en straatname wat die party reeds in Midvaal uitgevoer het. “As ek om my kyk, sien ek nog te veel name en simbole uit die apartheidstyd,” het mev. Zille in
Oorsaak van heli-ongeluk in Kruger nog onbekend
Die oorsaak van die helikopterongeluk in die Kruger Nasionale Park, waarin vyf Weermaglede dood is, is nog nie bekend nie. Die weermag sê die Agusta A1-0-9 helikopter het omstreeks sewe-uur gisteraand neergestort tydens ‘n lugpatrollie oor die park as deel van Operasie Renoster. ‘n Weermag-woordvoerder, Brigadier-Generaal Xolani Mabanga, sê die voorlopige raad van ondersoek het
Lees verder: Oorsaak van heli-ongeluk in Kruger nog onbekend
Poetin fel gekant teen gay aanneemouers
President Poetin is fel gekant teen die aanneming van Russiese weeskinders deur buitelandse paartjies van dieselfde geslag. Die regering en die Russiese hoërhof is na wat berig word versoek om te kom met wysigings aan die wet wat dit moontlik maak teen 1 Julie. Spanning oor die kwessie het ontstaan in middel-Februarie, nadat die Franse
Rugbyster in roof doodgeskiet
Die voormalige Leeu-rugbyspeler Johan Kemp is Donderdagoggend in sy huis in Fontainebleau, Randburg, doodgeskiet, het Beeld berig. Volgens lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het drie inbrekers Kemp (35) omstreeks 02:00 in sy slaapkamer oorval en hom drie keer in die bolyf geskiet. Kemp het in 2002 in ses wedstryde vir die Leeus se Vodacombeker-span as stut
Paaie stil voor nog petrolprysverhogings
Paaie is nie so besig oor die Paasnaweek soos wat verwag is nie, het verkeersbeamptes Vrydag gesê. Dit sluit een van die besigste roetes tussen Limpopo en Gauteng in. “Tot dusver is niks groot aangemeld nie en die paaie is nie so besig soos wat ons verwag het nie,” het Ashref Ismail, woordvoerder van die
Afrikanerkundiges kraak kragkrisis
Die nuwe Suid-Afrika se bekendste probleem is ‘n nuwe probleem sonder apartheidspresedent, naamlik: die gebrek aan, en erg eskalerende koste van krag. Elektrisiteit hou nie maar net die liggies aan nie, maar is die kardinale lewenstroom van ‘n nywerheidsland soos ons s’n wat oor minerale, smelterye en diep myne beskik. Boonop is die Kaapprovinsies, wat
McBride kom los
Robert McBride, voormalige Ekurhuleni-metropolisiehoof, is vrygespreek het Volksblad berig. Hy is Donderdagoggend in die Pretoriase hooggeregshof nie skuldig bevind op die klagtes van dronkbestuur en poging tot regsverydeling nie. McBride is voorheen tot vyf jaar tronkstraf gevonnis vir dié oortredings. McBride het teen sy skuldigbevinding en vonnis van September 2011 geappelleer. Regter Cynthia Pretorius het
Lyk van sakeman met Zuma-bande in rivier gevind
Die lyk van ‘n vooraanstaande KwaZulu-Natalse sakeman is in die Tugelarivier in die provinsie gevind, het die polisie gesê. Lt.kol. Vincent Mdunge sê inwoners het die lyk opgemerk en die polisie in kennis gestel. “Hy het talle steekwonde opgedoen.” Eyewitness News het die oorlede geïdentifiseer as Nhlanhla Gasa, wat met pres. Jacob Zuma verbind word.
Lees verder: Lyk van sakeman met Zuma-bande in rivier gevind
