Clive Derby-Lewis, wat gevonnis is vir die moord op die SAKP-leier, Chris Hani, se paroolaansoek sal volgende jaar voor 'n volle bank van hooggeregshofregters aangehoor word.
Oop grense is kranksinnig
Die uitspraak deur die sogenaamde minister van binnelandse sake, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, dat Suid-Afrika nie sy grensbeheer gaan verskerp ondanks groot getalle onwettige immigrante wat oor ons grense stroom nie, is so wêreldvreemd dat dit aan die kranksinnige grens. Trouens, vergeleke hiermee was Mbeki se alternatiewe vigssienings hiperrasioneel en wetenskaplik verantwoordbaar.
Kontaksport
'n Saluut aan Jeanette Koekemoer (en 'n behoorlike saluut ook, skerp op, handpalm na buite, wysvinger teen winkbrou, alles van die pinkietoppie tot die elmboog in een reguit lyn, en flink af; nie deesdae se Yank-styl, hou-jou-oog-toe tipe gebaar nie.) Sy het die feite behoorlik vasgevat in haar rubriek, TV-'dokumentêr' oor grensoorlog is suiwer kommunistiese propaganda .
Globale krisis gaan SA banke raak
Die huidige globale finansiële krisis gaan 'n impak hê op die banksektor, het die Bankvereniging van Suid-Afrika (BVSA) gesê.
Suid-Afrika gaan nie grensbeheer toepas nie
Suid-Afrika gaan nie grensbeheer verskerp nie, ten spyte van die groot hoeveelheid onwettige immigrante wat die land binnekom, het die minister van binnelandse sake, Nosiviwe Mapisa-Nqakula Dinsdag gesê.
Sangoma in hof oor verkragting
'n Sangoma sal na verwagting Woensdag in die landdroshof op Sebokeng verskyn vir verkragting, het die Gautengpolisie gesê.
Turton verlaat die WNNR
Die geskorsde waternavorser, Anthony Turton is nie meer in diens van die Wetenskaplike Nywerheidsnavorsingsraad nie, het die twee partye Maandag gesê.
Neute kan hartsiektes verminder
Indien mens elke dag 'n handvol neute eet vir 'n jaar lank, en 'n Mediterreense dieet wat ryk is in vrugte, groente en vis, kan dit help om 'n greop risiko's vir hartsiektes te verminder.
Swart moordenaar gestuur vir waarneming
'n Swart lugmagkandidaatoffisier wat na bewering een van sy blanke eksaminators in 'n rassevoorval doodgeskiet het en 'n ander een gewond het, gaan vir sielkundige evaluering gestuur word.
Hogan lei ondersoek ter plaatse na cholera
Die minister van gesondheid, Barbara Hogan, gaan 'n span kenners lei om die cholera uitbraak in Limpopo te ondersoek, het die departement Maandag gesê.
