Die uitspraak sal die staat verplig om kompensasie te betaal of om eienaarskap van die onteiende mineraalregte weer her in te stel, het AgriSA se hoofuitvoerendebeampte Hans van der Merwe Maandag in ‘n verklaring gesê.
Hy het die uitspraak as ‘n belangrike landmerk beskou in AfriSA se poging om grondeienaarskap te beskerm en foute uit te wys op beleids- en regulerende vlakke.
Die departement van minerale en energiesake het die finaliteit van die uitslag egter in twyfel getrek.
Woordvoerder Bheki Khumalo het gesê die departement is geadviseer dat dit slegs betrekking het op “regstegniese uitsonderings” wat deur die departement geopper word teen die eise van AgriSA.
“…Die meriete van die saak, of daar werklik onteiening plaasgevind het sal besluit word wanneer die saak uiteindelik in die hof aangehoor word, nadat die departement sy kant van die saak gestel het,” het Khumalo gesê.
Hy het gesê die departement het kennis geneem van die uitspraak. Die regspan was steeds besig om die uitspraak te bestudeer, waarna dit die departement sal aanbeveel watter aksie om te neem.

Presidente het al tekslesers gebruik vir meer as ‘n halfeeu, maar nie een het tot dusver so erg op die goed staatgemaak as Obama nie. Terwyl presidente dit tipies gebruik het vir hulle mees belangrike toesprake – ‘n inhuldiging, ‘n staatsrede of ‘n Ovaalkantoortoespraak – gebruik Obama dit vir daaglikse roetine toesprake, en selfs sy openingswoorde by perskonferensies.
Meer swartmans in Louisiana word in die tronk gesit of word die slagoffers van manslag as wit mans, het amptenare van ‘n onderwysnavorsingsentrum Donderdag gesê.
‘n Groot vrag gemengde plutoniumoksied (MOX) sou na verwagting Saterdag verby die Kaap van Goeie Hoop vervoer word, het Greenpeace Africa in ‘n verklaring gesê.