In hierdie tweede aflewering van hul weeklikse potgooi oor aktuele sake hier en in die buiteland, gesels Dan en Karin Roodt oor die mosie van die Nederlandse parlement waarin teenkanting teen grondonteiening sonder vergoeding in Suid-Afrika uitgespreek word. Korrupsie in ons land vier steeds hoogty, wat ook in duur motors neerslag vind. In Duitsland is
Dan Roodt: Gestel ons herower Suid-Afrika?
Annette Kennealy, in memoriam Hoe later, hoe kwater, soos hulle sê. As ek daagliks waarneem hoe die radikalisering van Suid-Afrika sedert die De Klerk-Meyer-oorgawe van 1994 verloop, dan wonder ‘n mens waar dit alles gaan eindig (of juis nie). Want op ‘n manier was dit alles só voorspelbaar; ons ouers en grootouers het presies geweet
Leon Lemmer: Kerry Bolton oor regse kunstenaars
Ons leef in ‘n tyd waarin kunstenaars wat nie links genoeg is nie, geteiken word. Plaaslik is daar eintlik net ‘n enkele ideologie of narratief wat geduld word. Daaraan word uitdrukking gegee met woorde soos regstelling, transformasie, integrasie, assimilasie, nasiebou en verengelsing. Kerry Raymond Bolton (gebore in 1956) is ‘n Nieu-Seelander wat hom teen sulke
Lees verder: Leon Lemmer: Kerry Bolton oor regse kunstenaars
PRAAG betuig dank aan Nederlandse parlement ná mosie teen SA grondgryp
PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) spreek sy dank uit teenoor die Nederlandse Tweede Kamer wat ‘n mosie aangeneem het waarin die ANC se rassistiese grondgrypplan teen blanke boere gekritiseer word. Die regerende VVD, asook die Forum voor Democratie van mnr. Thierry Baudet, Partij voor de Vrijheid onder mnr. Geert Wilders, die SGP, CDA, CU en 50Plus
Lees verder: PRAAG betuig dank aan Nederlandse parlement ná mosie teen SA grondgryp
Dan Roodt: Sondagaktueel 1
In hierdie potgooi van net oor ‘n halfuur bespreek Dan en Karin Roodt die nuusgebeure van die week, sowel plaaslik as internasionaal. Dit wissel vanaf die haatspraakklag teen Steve Hofmeyr tot die Russiese president Wladimir Poetin se onderhoud met die Londense Financial Times, terwyl die infiltrasie van die Franse staatsdiens deur radikale Moslems ook aan
Leon Lemmer: Angola en Mosambiek herbesoek
Marthie Prinsloo-Voigt (gebore in 1931) het ‘n aangrypende boek geskryf: ‘n Leeftyd later: Herinneringe aan Angola (Pretoria: Protea Boekhuis, 2017, 231p, R250). Dit handel onder meer oor haar verblyf in Angola (1940-1967). Ek het die boek destyds geresenseer (Praag 10.09.2017). Ek het hierdie bespreking pas herlees en is opnuut beïndruk met Marthie se lewensloop as
MasterCard onder verlinkse druk om konserwatiewe betalings te weier
‘n Koalisie van verlinkse politieke aktivisteorganisasies wat oor bande met die miljardêr George Soros beskik, het ‘n betoging gehou by die algemene jaarvergadering van Mastercard om te eis dat konserwatiewes finansieel op ‘n swartlys geplaas word. Die eise van die George Soros-gesteunde groepe, waaronder SumOfUs en Sleeping Giants, is op ‘n mobiele advertensiebord vertoon wat
Lees verder: MasterCard onder verlinkse druk om konserwatiewe betalings te weier
Leon Lemmer: ‘n Kaapse Amerikaner oor blanke gewelddadigheid
Soos tydens apartheid onderskei die ANC-regering vier rasgroepe. Al wat verander het, is die volgorde van voorkeur. Die ANC se hiërargie is: swart, bruin, Asiër, blank. Tydens apartheid was die volgorde: blank, bruin, Asiër, swart. In die huidige politieke bedeling is dit dus by uitstek die swartes wat bevoordeel en die blankes wat benadeel word.
Lees verder: Leon Lemmer: ‘n Kaapse Amerikaner oor blanke gewelddadigheid
Sanger Steve Hofmeyr aangekla van ‘haatspraak’ ná twiet oor Zindzi Mandela
Toe die dogter van Nelson Mandela en Suid-Afrika se ambassadrise in Denemarke twiet dat wit boere in Suid-Afrika “bewe” omdat hul grond binnekort deur haar party gekonfiskeer sou word, het die gewilde sanger Steve Hofmeyr op Zindzi Mandela gereageer deur te sê dat sy belasting haar salaris betaal en dat hy daarom teoreties haar “baas”
Lees verder: Sanger Steve Hofmeyr aangekla van ‘haatspraak’ ná twiet oor Zindzi Mandela
Leon Lemmer: Inkommers uit die Derde Wêreld in Finland
Koloniale moondhede het reeds lank gelede ‘n besef ontwikkel van die kulturele gaping wat daar tussen (blanke) Westerlinge en mense uit die Derde Wêreld bestaan. Sedert die Tweede Wêreldoorlog het talle eens gekoloniseerdes hulle as immigrante in bv Brittanje en Frankryk gevestig. Kulturele verskille is aanvanklik sover moontlik misgekyk en oorgesien. Assimilasie en integrasie was
Lees verder: Leon Lemmer: Inkommers uit die Derde Wêreld in Finland
