Stellenbosch en ander Wes-Kaapse name verander

Mev. Helen Zille, premier van die Wes-Kaapse provinsie, het ‘n hele reeks naamsveranderings in dié provinsie aangekondig. Dít volg ná die suksesvolle transformasie van skool- en straatname wat die party reeds in Midvaal uitgevoer het. “As ek om my kyk, sien ek nog te veel name en simbole uit die apartheidstyd,” het mev. Zille in

Lees verder: Stellenbosch en ander Wes-Kaapse name verander

Oorsaak van heli-ongeluk in Kruger nog onbekend

Die oorsaak van die helikopterongeluk in die Kruger Nasionale Park, waarin vyf Weermaglede dood is, is nog nie bekend nie. Die weermag sê die Agusta A1-0-9 helikopter het omstreeks sewe-uur gisteraand neergestort tydens ‘n lugpatrollie oor die park as deel van Operasie Renoster. ‘n Weermag-woordvoerder, Brigadier-Generaal Xolani Mabanga, sê die voorlopige raad van ondersoek het

Lees verder: Oorsaak van heli-ongeluk in Kruger nog onbekend

Poetin fel gekant teen gay aanneemouers

President Poetin is fel gekant teen die aanneming van Russiese weeskinders deur buitelandse paartjies van dieselfde geslag. Die regering en die Russiese hoërhof is na wat berig word versoek om te kom met wysigings aan die wet wat dit moontlik maak teen 1 Julie. Spanning oor die kwessie het ontstaan ​​in middel-Februarie, nadat die Franse

Lees verder: Poetin fel gekant teen gay aanneemouers

Rugbyster in roof doodgeskiet

Die voormalige Leeu-rugbyspeler Johan Kemp is Donderdagoggend in sy huis in Fontainebleau, Randburg, doodgeskiet, het Beeld berig. Volgens lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het drie inbrekers Kemp (35) omstreeks 02:00 in sy slaapkamer oorval en hom drie keer in die bolyf geskiet. Kemp het in 2002 in ses wedstryde vir die Leeus se Vodacombeker-span as stut

Lees verder: Rugbyster in roof doodgeskiet

Paaie stil voor nog petrolprysverhogings

Paaie is nie so besig oor die Paasnaweek soos wat verwag is nie, het verkeersbeamptes Vrydag gesê. Dit sluit een van die besigste roetes tussen Limpopo en Gauteng in. “Tot dusver is niks groot aangemeld nie en die paaie is nie so besig soos wat ons verwag het nie,” het Ashref Ismail, woordvoerder van die

Lees verder: Paaie stil voor nog petrolprysverhogings

Afrikanerkundiges kraak kragkrisis

Die nuwe Suid-Afrika se bekendste probleem is ‘n nuwe probleem sonder apartheidspresedent, naamlik: die gebrek aan, en erg eskalerende koste van krag. Elektrisiteit hou nie maar net die liggies aan nie, maar is die kardinale lewenstroom van ‘n nywerheidsland soos ons s’n wat oor minerale, smelterye en diep myne beskik. Boonop is die Kaapprovinsies, wat

Lees verder: Afrikanerkundiges kraak kragkrisis

McBride kom los

Robert McBride, voormalige Ekurhuleni-metropolisiehoof, is vrygespreek het Volksblad berig. Hy is Donderdagoggend in die Pretoriase hooggeregshof nie skuldig bevind op die klagtes van dronkbestuur en poging tot regsverydeling nie. McBride is voorheen tot vyf jaar tronkstraf gevonnis vir dié oortredings. McBride het teen sy skuldigbevinding en vonnis van September 2011 geappelleer. Regter Cynthia Pretorius het

Lees verder: McBride kom los

Lyk van sakeman met Zuma-bande in rivier gevind

Die lyk van ‘n vooraanstaande KwaZulu-Natalse sakeman is in die Tugelarivier in die provinsie gevind, het die polisie gesê. Lt.kol. Vincent Mdunge sê inwoners het die lyk opgemerk en die polisie in kennis gestel. “Hy het talle steekwonde opgedoen.” Eyewitness News het die oorlede geïdentifiseer as Nhlanhla Gasa, wat met pres. Jacob Zuma verbind word.

Lees verder: Lyk van sakeman met Zuma-bande in rivier gevind

Mandela met longontsteking opgeneem

Voormalige staatshoof Nelson Mandela is Woensdagaand weens longinfeksie in die hospitaal opgeneem, het die presidensie gesê. Mandela is glo Woensdagaand kort voor middernag opgeneem. “Dokters kyk na hom en verseker dat hy die beste moontlike behandeling ontvang en gemaklik is,” het Nuus24 berig. Pres. Jacob Zuma het Mandela ‘n spoedige herstel toegewens. “Ons doen ‘n

Lees verder: Mandela met longontsteking opgeneem

BRICS – ‘n geleentheid vir die Afrikaner?

Tot gisteraand redelik laat was ek in gesprek met ‘n jong Russiese PhD-student uit Moskou wat navorsing oor Afrikaans en Afrikaners doen. Dit het toevallig op dieselfde dag gebeur as wat die BRICS-konferensie in Durban tussen die regerings van Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika plaasgevind het. Die gesprek, maar ook alles wat daar die

Lees verder: BRICS – ‘n geleentheid vir die Afrikaner?