Regter Wall, wat uitspraak gelewer het in ‘n geval waar 3 Moslemkinders in die sorg van pleegouers geplaas is, het gesê die tyd het aangebreek om “die frase eremoord te heroorweeg.”
Hy het gehoor dat die ma een van haar drie kinders aan die brand gesteek het en probeer het om die huis waar hulle in gewoon het in ‘n poging om haar skoonsuster te inkrimineer.
Die skoonsuster was “ ‘n probleem vir die familie” en het uit die huis gevlug nadat sy geslaan is en haar een kinders vermoor is deur haar man, die ma se broer.
Die regter het gesê: “Die boodskap van die geval, wat hard en duidelik uitgestuur moet word, is dat hierdie hof ‘n verdraagsame en menseregte gebaseerde regsisteem toepas: een wat…ouers as gelykes beskou en die welsyn van die kind as die hoogste strewe.”
“Dit is die wet van Brittanje, en dit is die wet wat in die geval geld. Brandstigting, gesinsgeweld en moontlike vergelding wat waarskynlik kan eindig in ontvoering of dood is kriminele dade en sal as sulks hanteer word.”
Hy het gesê die dade wat aan die lig gebring is in die saak het niks te doen met enige konsep van “eer” soos dit bekend is in Britse wetgewing nie.
“Dit is dade wat eenvoudig walglike, kriminele optrede is en ‘n weiering om dit as sulks te aanvaar.”

Of kastrasie sal help om gewelddadige seksmisdadigers te rehabiliteer het weer onder die soeklig gekom. Die Raad van Europa se anti-folteringskomitee het verlede maand sjirurgiese kastrasie “ingrypend, onomkeerbaar en skendend” genoem het, en geëis het dat die Tsjeggiese Republiek die toepassing van die prosedure op gewelddadige seksoortreders moet staak. Ander kritici het gesê dat kastrasie die gemeenskap lei op ‘n gevaarlike pad na eugenetika.