Zoeloekoning het nog nie grondeis ingedien nie

Die Hoof-grondeisekommissaris het berigte ontken dat ‘n multimiljardrandse grondeis deur die Zoeloekoning Goodwill Zwelithini, en ander tradisionele leiers ingedien is, het RSG berig. Nomfundo Gobodo sê hulle het nog geen eis van dié aard van die koning ontvang nie. Hy sê meer as 12.000 nuwe eise is reeds ingedien. Die Ingonyama Trust het verlede maand

Lees verder: Zoeloekoning het nog nie grondeis ingedien nie

Oostenryk slaan toe op ekstremiste

Die polisie in Oostenryk het nege mense in Wene in hegtenis geneem, wat daarvan verdink word dat hulle by Islamitiese ekstremiste wou aansluit wat in Sirië veg. “Ons het nie meer besonderhede nie,” het ‘n woordvoerder gesê. Die Oostenrykse persagentskap APA het berig die nege mense is ondervra en daar moet nog besluit word of

Lees verder: Oostenryk slaan toe op ekstremiste

Die vreemde ontmoeting van Senator McCain met ISIS

Amerika het hernieude lugaanvalle teen vestings van die Islamitiese Kalifaat in Irak uitgevoer, na dreigemente van die militante om ‘n tweede Amerikaanse joernalis te onthoof. Pres. Barack Obama het bevestig dat die joernalis James Foley wel onthoof is en dat die video van Foley se dood eg is. Die video wat vermoedelik in die Irakse

Lees verder: Die vreemde ontmoeting van Senator McCain met ISIS

Geen sprake van ANC-leierskapstryd nie

Die ANC in Gauteng se pogings om Cyril Ramaphosa vir leierskap van die ANC aan te wys, is voortydig, het die ANC Jeugliga op ‘n nuuskonferensie gesê. Die ANC-voorsitter in Gauteng, Paul Mashatile, het vroeër openlik sy steun aan Ramaphosa toegesê om die ANC-leier en president van die land te word. Dié haastige stap kom

Lees verder: Geen sprake van ANC-leierskapstryd nie

Indiër wat vrou doodsteek probeer selfmoord pleeg

‘n Indiër wat na bewering ‘n vrou in Bryanston noord van Johannesburg met ‘n skerp voorwerp doodgesteek het, is onder polisie-bewaking in die hospitaal. Die Randburg Landdroshof het gehoor dat Yengesen Pillay probeer het om sy eie lewe te neem. Hy is Dinsdag in Pietermaritzburg in hegtenis geneem, nadat hy vir drie dae van die

Lees verder: Indiër wat vrou doodsteek probeer selfmoord pleeg

Vliegongeluk skep ‘n probleem vir pro-BRICS Brasilië

Brasilië se presidensiële verkiesing wat in Oktober plaasvind, sou vir die huidige president Dilma Rousseff ‘n maklike oefening gewees het, totdat ‘n vliegongeluk Rousseff se lustelose teenstander, ekonoom en voormalige goewerneur van Pernambuco, Eduardo Campos se dood veroorsaak het. Op 13 Augustus is berig dat die vliegtuig met Campos, ‘n Brasiliaanse presidensiële kandidaat in die

Lees verder: Vliegongeluk skep ‘n probleem vir pro-BRICS Brasilië

Gevaarligte flikker vir Suid-Afrikaanse banke weens politiek

Soos ons almal weet, is Suid-Afrika se groot vier banke, Standard, ENB, Absa en Nedbank, twee weke gelede deur Moody, die groot Amerikaanse kriedetgradeerder, afgegradeer. In vandag se Business Day verskyn ‘n artikel deur die redaktrise van dié koerant, Hillary Joffe, waarin sy die “teorie van hulp aan banke” uiteensit. (Terloops, ek en Joffe was

Lees verder: Gevaarligte flikker vir Suid-Afrikaanse banke weens politiek

Toro Rosso stel jongste F1-bestuurder ooit aan!

Die F1-span Toro Rosso wat voorheen die Minardi-span was het so pas aangekondig dat Max Verstappen, die seun van Jos Verstappen wat in 2003 vir Minardi gejaag het, hul nuwe bestuurder vir 2015 sal wees. Verstappen junior is slegs 16 jaar oud en vervang vir Jean-Eric Vergne, die veteraan in 2015. Vergne wat nou eers

Lees verder: Toro Rosso stel jongste F1-bestuurder ooit aan!

Mynbou veroorsaak grootste skudding

Suid-Afrikaners moet hulself voorberei op nog meer aardbewings. Die Raad vir Geowetenskap van Suid-Afrika het bevestig dat die Orkney-aardbewing op 5 Augustus nou die grootste myn-verwante seismiese gebeurtenis is wat ooit aangeteken is in Suid-Afrika. Dit het aan die lig gekom tydens ‘n seminaar van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) oor aardbewings aangebied in Pretoria.

Lees verder: Mynbou veroorsaak grootste skudding

Pakistan op ‘n mespunt

Die gewilde voormalige krieketspeler en nou politikus Imran Khan het vir wydverspreide burgerlike ongehoorsaamheid in Pakistan gevra. Hy het ondersteuners aangemoedig om op te hou om belasting en dienste te betaal in ‘n poging om die regering van die Eerste Minister Nawaz Sharif omver te werp.   Die populistiese politikus is vasberade om sy uitdaging

Lees verder: Pakistan op ‘n mespunt