Israeliese komplot om Britse minister uit te haal

The Mail on Sunday het beeldmateriaal gepubliseer van ‘n senior Israeliese ambassadewerknemer wat planne smee om die adjunkminister van buitelandse sake in Brittanje uit te haal. Die Israeliese man het aan ‘n verslaggewer van Al-Jazeera gesê: “Ek wil hom uithaal … die adjunkminister van buitelandse sake”, verwysende na Alan Duncan, ‘n kritikus van Israel. Duncan

Lees verder: Israeliese komplot om Britse minister uit te haal

Polisie soek na Overberg se brandstigters

Die Kaapse Metroraad sê die polisie se hulp is ingeroep om die onlangse brande naby Somerset-Wes en Grabouw in die Overberg te ondersoek. Owerhede glo dat van die brande met opset gestig is, het RSG berig. Die skade word op sowat 54-miljoen geraam. Brandbestryders was gisteraand nog besig om te verhoed dat die brand in

Lees verder: Polisie soek na Overberg se brandstigters

Eskom gaan wanbetalers se krag afsny

Die Pretoriase Hooggeregshof het AfriForum se aansoek om te verhoed dat Eskom kragvoorsiening aan munisipaliteite weens wanbetaling afsny, met kostes van die hand gewys. Regter Hans Fabricius het beslis dat munisipaliteite verantwoordbaar gehou moet word. Dit is meestal munisipaliteite in die Vrystaat wat geraak word. Afriforum het aangevoer dat dit onregverdig teenoor belastingbetalers sal wees

Lees verder: Eskom gaan wanbetalers se krag afsny

Ekwatoriaal-Guinee uitgesonder vir tipiese Afrika-kwale

Ekwatoriaal-Guinee se visepresident, Teodoro Nguema Obiang Mangue, is nou voor stok gekry oor die plundering van die olie- en houtryke land se bates om ‘n luukse woning in een van Parys se mees eksklusiewe rylane asook ‘n versameling supermotors aan te skaf. Hy is die oudste seun van pres. Teodoro Nguema Obiang Mangue. Maar die

Lees verder: Ekwatoriaal-Guinee uitgesonder vir tipiese Afrika-kwale

Duisende Amerikaanse troepe na NAVO se oosgrens

Die grootste verskeping van Amerikaanse brigades sedert die ineenstorting van die Sowjet-Unie het in die noorde van Duitsland aangeland. Die eerste van 87 tenks en 144 militêre voertuie is in die hawe van Bremerhaven opgemerk. Die toerusting en 3 500 Amerikaanse troepe word ontplooi langs die oosgrens van NAVO. Die ontplooiing is daarop gemik om

Lees verder: Duisende Amerikaanse troepe na NAVO se oosgrens

Anti-Russiese histerie het dieselfde bron as Irak se WMV

Dieselfde amptenare in Washington wat die oorlog in Irak aangeblaas het, is nou verantwoordelik vir anti-Russiese histerie. Die vernaamste skuldiges herhaal eise dat Rusland die Demokratiese Party se kommunikasie onderskep het: James Clapper, die direkteur van nasionale intelligensie, sowel as senatore Lindsey Graham en John McCain. Clapper was instrumenteel in die fasilitering van die bedrieglike

Lees verder: Anti-Russiese histerie het dieselfde bron as Irak se WMV

Franse maatskappye verkies wit Franse werknemers

Maatskappye in Frankryk word toenemend huiwerig om Arabiere aan te stel. ‘n Franse opname wat verlede Maandag vrygestel is, het aan die lig gebring dat 30 persent van groot besighede wit Franse kandidate verkies. Tussen April en Julie verlede jaar, het ‘n raadgewende firma in opdrag van die Ministerie 40 ondernemings in ses stede met

Lees verder: Franse maatskappye verkies wit Franse werknemers

Leon Lemmer: Birobidzhan, die Joodse tuisland in Rusland

Dit is nie algemeen bekend nie dat daar sedert 1934 ‘n selfregerende Joodse gebied (“oblast”) in die verre ooste van Rusland aan die grens met China is. Hier moet Kosakke* die Chinese buite probeer hou. Die eerste Joodse setlaars het in 1928 daar aangekom, deur bv armoede uit die Oekraïne en Belarus gedryf. Die naam

Lees verder: Leon Lemmer: Birobidzhan, die Joodse tuisland in Rusland

Duitse Afd LP daag pro-migrasie ‘piepie-aanvaller’ uit

Die AfD-LP Stephan Brandner dreig om die “heeltemal beskonke Antifa-man met sy mini-orgaan” wat op ‘n AfD kantoor in Thuringia geurineer het te ontbloot as die aktivis ooit probeer om weer moeilikheid te maak by hul kantoor. Die kiesafdelingkantoor van Thuringia se AfD het ‘n “besoek” van ‘n pro-migrasie “betoger” ontvang wat sy broek laat

Lees verder: Duitse Afd LP daag pro-migrasie ‘piepie-aanvaller’ uit

SA wil bande met Wes-Sahara versterk

Suid-Afrika wil ekonomiese en politieke bande met Wes-Sahara versterk. President Brahim Gahli van die Saharawi Arabiese Demokratiese Republiek is op ‘n werksbesoek in Suid-Afrika. Hy vergader vanoggend met president Jacob Zuma. Bande tussen die twee lande dateer terug uit die stryd teen “apartheid en kolonialisme”. Wes-Sahara is die enigste land in Afrika wat nog gekolonaliseer

Lees verder: SA wil bande met Wes-Sahara versterk