praag.co.za

Duisende Amerikaanse troepe na NAVO se oosgrens

Written by

in

,

Die grootste verskeping van Amerikaanse brigades sedert die ineenstorting van die Sowjet-Unie het in die noorde van Duitsland aangeland. Die eerste van 87 tenks en 144 militêre voertuie is in die hawe van Bremerhaven opgemerk.

Die toerusting en 3 500 Amerikaanse troepe word ontplooi langs die oosgrens van NAVO. Die ontplooiing is daarop gemik om bekommernisse van “potensiële Russiese aggressie” te besweer in Oos-Europa.

Die koms van die toerusting en troepe is die begin van ‘n nuwe fase van die VSA se “Operation Atlantic Resolve”.

Die nuwe NAVO-troepe sal eers in Pole versamel, dan oor sewe lande van Estland tot Bulgarye uitsprei, terwyl ‘n hoofkwartiereenheid in Duitsland sal aanbly.

Dietmar Woidke, die sosiaal-demokratiese premier van die linkse plaaslike regering van Brandenburg – een van die Duitse state waardeur die Amerikaanse brigades oor die volgende twee weke sal beweeg – het die militêre opmars gekritiseer.

Woidke het sy kommer uitgespreek dat die verhouding met Rusland kan vererger as gevolg van die NAVO-troepe se ontplooiing.

“Ek hoop dat ons almal kalm sal bly,” het Woidke aan die Duitse RBB-staatskanaal gesê. Maar Woidke se SPD-party het nie kommentaar gelewer oor die ontplooiing van NAVO-troepe nie.

In Berlyn regeer die SPD in ‘n koalisie met die CDU/CSU Party van kanselier Angela Merkel. Beide partye ondersteun NAVO en die nuutste anti-Russiese histerie ten sterkste.

Comments

7 responses to “Duisende Amerikaanse troepe na NAVO se oosgrens”

  1. Chroom Avatar
    Chroom

    Daardie Amerikaanse neger wat net nie wil toegee hy het verloor nie, nou probeer hy op so ‘n manier vir hom ‘n “legacy” skep, deur ‘n oorlog te wil begin. Gelukkig is Mnr Putin nie onder ‘n kalkoen uitgehaal nie. Die NWO is vasberade om hul nie van stryk te bring nie. Gelukkig nog net ‘n paar dae dan is Mnr Trump ingehuldig en kan daar so ‘n bietjie stabiliteit kom.

    1. skobbejak Avatar
      skobbejak

      Hmm..Hy is eerder ‘n nigra pice excors as jy my vra – Hail King Trump !

    2. Jacques Avatar
      Jacques

      Hierdie gebeure lyk nogal soortgelyk aan WO2. Die NWO wil die WO3 ook ten alle koste maak gebeur. Ek dink nie die feit dat Trump as president verkies is kan dit noodwendig keer nie. Hierdie NWO is bekend daarvoor dat hulle iets groot laat gebeur wat as sneller dien om so oorlog te begin. Onthou die gebeure van 9/11 het die deur oopgemaak vir die oorlog teen Irak? My broek bewe steeds. Hopelik kan Trump & Putin baie vinnig sterk bande smee.

  2. Vrystaat Avatar
    Vrystaat

    Ek voel jammer vir Trump. Hy sal nou ou Brak se k** moet loop uitsorteer met die Russe.

  3. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Duitsland, Amerika se getrouste brakhond, behoort te weet dat as die grotes mekaar werklik pak, Duitsland die eerste sal wees om snuifgetrap te word. Hulle behoort die les te geleer het uit hulle ondervindings in 1943 toe die Russiese tenks die Duitse pantsers opgerol het van Stalingrad tot in Berlyn.

    1. Ou Transvaal Avatar
      Ou Transvaal

      KOLSKOOT!!

  4. Johan Smit Avatar
    Johan Smit

    Hulle moet iets groots probeer en vinnig anders gaan hul nie gou weer `n kans kry nie.

Leave a Reply