[soundcloud id=’165571301′] Tydens hierdie praag-potgooi gesels Dan en Karin Roodt oor die konflik in die Oekraïne, hoe dit ontstaan het, waarheen dit mag lei, asook die implikasies daarvan vir Suid-Afrika.
Ondertekende bladmusiek van Die Stem haal R17 000
deur Marthinus van Bart Bladmusiek van Die Stem van Suid-Afrika wat Die Burger Boekhandel uitgegee het en wat op 13 Desember 1935 deur ds. M.L. de Villiers, die komponis, onderteken is, is Donderdag 28 Augustus in Sandton vir R17 000 opgeveil. Dit is die beleid van die afslaer, Stephan Welz & Co, om nie kopers
Lees verder: Ondertekende bladmusiek van Die Stem haal R17 000
Die Taalmonument: liefde vir Afrikaans dring my
Op 14 Augustus, Afrikaansdag, is daar ‘n artikel deur Dan Roodt ter huldiging van ons moedertaal op Praag gepubliseer. Op dieselfde dag het ek Jan van Wijk se boek, Taalmonument: simbool van Afrikaans (Tokai: Historical Media, 2014, 96p, R199 in die boekwinkel, maar R120 by die monument) gekoop. Ek het hierdie boek sonder meer aangeskaf,
Lees verder: Die Taalmonument: liefde vir Afrikaans dring my
Skoor verwerp Gautengse verslae oor konsultante
Senior amptenare van die Gautengse Tesourie en Departement van Finansies is deur die provinsiale Staande Komitee oor Openbare Rekeninge die trekpas gegee en aangesê om meer aanvaarbare werk in te dien, het RSG berig. Die amptenare is in die sop omdat hulle nie behoorlike skriftelike antwoorde op die komitee se vrae verskaf het nie. Hulle
Lees verder: Skoor verwerp Gautengse verslae oor konsultante
Waar’s jy Bokkie?
Bokkie het reeds bykans drieduisend kilometer geswem! Die sub-antarktiese rob wat Bokkie gedoop is, is ‘n maand gelede naby Port Elizabeth in die see vrygelaat. Bokkie is een van twee sub-antarktiese pelsrobbe wat by Bayworld gerehabiliteer is nadat hulle op Oos-Kaapse strande uitgespoel het. Sy is toegerus met ‘n satellietskyfie om haar roete te monitor.
Tukkie-verkragter kry 65 jaar gevangenisstraf
‘Die barbaarsheid waartoe hy oorgegaan het, hoort nie eers tot die spesie “mens” nie.’ – Advokaat Sanet Jacobson
‘Die barbaarsheid waartoe hy oorgegaan het, hoort nie eers tot die spesie “mens” nie.’ – Advokaat Sanet Jacobson
Kabeldiefstal kos SA R5 miljard jaarliks
Kabeldiefstal kos Suid-Afrika jaarliks meer as vyf-miljard rand. Dit is by `n seminaar in Johannesburg oor kabeldiefstal bekend gemaak, het RSG berig. ‘n Senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudies, Dr. Johan Burger, sê die diefstal plaas `n groot las op sake ondernemings. Baie gemeenskappe het ook kragonderbrekings weens die vandalisme beleef. Dr. Burger sê
Ramaphosa ontmoet Boere-Afrikaner Volksraad by Uniegebou
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het met verteenwoordigers van die Boere-Afrikaner Volksraad by die Uniegebou in Pretoria samesprekings gevoer. ‘n ANC-woordvoerder, Ronnie Mamoepa, sê die vergadering het aan die Volksraad ‘n geleentheid gebied om Ramaphosa oor hulle kommer oor selfbeskikking in te lig. Mamoepa sê die adjunkpresident het opnuut die belangrikheid van die Handves van Menseregte in
Lees verder: Ramaphosa ontmoet Boere-Afrikaner Volksraad by Uniegebou
Absa sal glo aardbewingseise uitbetaal
Absa sê hy sal wel eise dek vir skade wat deur die onlangse aardbewing in Noordwes aangerig is, het RSG berig ‘n Woordvoerder, Dante Mashile, sê Absa se Huiseienaarspolis dek skade wat deur mynverwante aardbewings veroorsaak word. Die bank sê hy het talle eise ontvang wat verband hou met die voorval op 5 Augustus vanjaar
Moody’s en Fitch verskil oor Naspers-gradering
Moody’s het Naspers se kredietgradering op Baa3 gehou en sy vooruitsigte as “stabiel” beskryf. Naspers besit Media24, wat 50% van die aandele in Namibia Media Holdings (NMH) besit. NMH is die moedermaatskappy van Republikein, Namibian Sun, Allgemeine Zeitung en Newsprint Namibia. Die oorblywende aandele in NMH word deur die Namibiese maatskappy Stimulus Investments Ltd besit.
