Marikana-myners verloor regskoste-saak

Die hooggeregshof in Pretoria het ‘n aansoek om staatsregshulp vir die slagoffers van die Marikana-skietery van die hand gewys. “Ek stem saam met die staat dat die aansoek nie kan slaag nie,” het Regter Joseph Raulinga gister gesê. “Ek kan ook benadruk dat niks verhoed dat die partye die saak buite die hof skik nie.”

Lees verder: Marikana-myners verloor regskoste-saak

Vier wildstropers in Pongola vas

Die Valke het vier vermeende wildstropers op Pongola in KwaZulu-Natal vasgetrek. ‘n Woordvoerder, Paul Ramoloko, sê die verdagtes is onkant gevang deur die weer en kon nie hulle planne uitvoer nie. Hy sê twee is Mosambiekse burgers en die ander twee Suid-Afrikaners. Hulle is by die Pongola-wildreservaat aangekeer. Ramoloko sê die mans was in besit

Lees verder: Vier wildstropers in Pongola vas

Shuttleworth se aansoek misluk

Die miljardêrsakeman, Mark Shuttleworth, se poging om die land se hele valutabeheerstelsel as ongrondwetlik verklaar te kry, het misluk. Die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg het Shuttleworth se aansoek om die hele deel 9 van die wet op Wisselkoerse en Valutabeheer en al die beheerregulasies te skrap, as ongrondwetlik verwerp. Regter Francis Legodi het Shuttleworth se

Lees verder: Shuttleworth se aansoek misluk

Manuel: ANC moet terugkeer na mense

Trevor Manuel, minister in die presidensie, het gesê ANC-lede moet introspeksie hou oor hoekom daar ‘n gaping tussen hulle en die land se inwoners is, het die Cape Times Donderdag berig. “Dit is fundamenteel belangrik dat ons dit verstaan. Blameer ons die mense of blameer ons onsself? Vra ons hoe ons so verwyderd geraak het

Lees verder: Manuel: ANC moet terugkeer na mense

Wat het geword van meriete op Stellenbosch?

Wat het geword van meriete op Stellenbosch? Op 15-07-13 ontvang ek as oud-Wilgenhoffer ‘n e-pos van die Universiteit van Stellenbosch. Indien ek R120 000 skenk vir ‘n minderbevooregte student, kan ek daardeur ‘n plek vir my eie seun in die koshuis verseker. Daar sal agt sulke plekke wees. Omdat die universiteit egter alle koshuistradisies wil

Lees verder: Wat het geword van meriete op Stellenbosch?

Minister prys Mandela se medici

Oudpres. Nelson Mandela lyk goed en hy reageer het Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, Donderdag gesê. “Hy maak sy oë oop en hy knik amper asof om te sê: ‘ek is hier met julle en waardeer wat julle doen,” het die minister buite die Harthospitaal in Pretoria gesê. Mandela het Donderdag sy 95ste verjaardag gevier.

Lees verder: Minister prys Mandela se medici

ANC roekeloos met EU-handelsvennote

“Die negatiewe effek van die ANC se besluit om nie beleggingsbeskermingskontrakte as deel van Suid-Afrika se bilaterale beleggingsooreenkomste met lidlande van die Europese Unie (EU) te hernieu nie, het die week duidelik geblyk in skerp kritiek van die EU op Suid-Afrika se optrede,” sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor handel

Lees verder: ANC roekeloos met EU-handelsvennote

Obama spring op Madiba-wa na Zimmerman-uitspraak

Pres. Barack Obama en sy vrou, Michelle, het oudpres. Nelson Mandela gelukgewens met sy 95ste verjaardag. Mandela word sedert 8 Junie vir ‘n wederkerende longinfeksie in die Harthospitaal in Pretoria behandel. Die voormalige staatshoof se dogter het gesê hy het “dramatiese vordering” gemaak. Die Obamas het gesê die wêreld kan Mandela vereer deur sy voorbeeld

Lees verder: Obama spring op Madiba-wa na Zimmerman-uitspraak

Zuma oorhandig huise aan arm wittes

President Jacob Zuma het inwoners van Danville, Pretoria-Wes, hul nuwe huise gewys as deel van die uitbreiding van nuwe, lae-koste behuising. Die presidensie het gesê nuwe huise sal aan lae-inkomste swart en wit families oorhandig word om Mandela-dag te vier. Kinders van die Siyabonga Early Learning-sentrum het onder leiding van hul onderwysers oudpres. Nelson Mandela

Lees verder: Zuma oorhandig huise aan arm wittes

‘Volksmoord-grappe is snaaks, verkragting-grappe nie’

Twee werknemers van die manstydskrif FHM is geskors nadat hul grappe oor korrektiewe verkragting gemaak het. “FHM is geskok oor die uiters beledigende opmerkings deur twee werknemers op hul privaat Facebook-profiele,” het Brendan Cooper, redakteur van FHM, gesê. “Die inskrywings weerspieël op geen manier FHM se waardes nie. Die opinies is kwetsend, uiters beledigend en

Lees verder: ‘Volksmoord-grappe is snaaks, verkragting-grappe nie’