President Jacob Zuma het inwoners van Danville, Pretoria-Wes, hul nuwe huise gewys as deel van die uitbreiding van nuwe, lae-koste behuising.
Die presidensie het gesê nuwe huise sal aan lae-inkomste swart en wit families oorhandig word om Mandela-dag te vier.
Kinders van die Siyabonga Early Learning-sentrum het onder leiding van hul onderwysers oudpres. Nelson Mandela met sang ‘n gelukkige verjaardag toegewens.
Zuma het vir die kinders hande geklap en vir hulle gewaai.
Daarna het hy sommige van die nuwe huiseienaars deur hul nuwe wonings geneem.
ANC-ondersteuners het hom na elke huis vergesel terwyl hulle “Awalethu Mshini Wam” gesing.
Gauteng se premier, Nomvula Mokonyane, het hom ook vergesel.
‘n Groot vragmotor met foto’s van die president daarop, het buite die nuwe huise stilgehou.
‘n Plakkaat op die voertuig lui: “Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin leef; swart of wit.”
Ander het gelees: “Meer as 110 families in Danville het nou ‘n plek om hul tuiste te noem,” en “kom ons verenig vir Madiba.”
