Obama spring op Madiba-wa na Zimmerman-uitspraak

Pres. Barack Obama en sy vrou, Michelle, het oudpres. Nelson Mandela gelukgewens met sy 95ste verjaardag.

Mandela word sedert 8 Junie vir ‘n wederkerende longinfeksie in die Harthospitaal in Pretoria behandel. Die voormalige staatshoof se dogter het gesê hy het “dramatiese vordering” gemaak.

Die Obamas het gesê die wêreld kan Mandela vereer deur sy voorbeeld te volg en ander te dien. Die Amerikaanse president het nie verwys na die geweldige toename in geweld en diskriminasie teen blankes sedert die bewindsverandering in Suid-Afrika nie.

Die paartjie het Mandela se familie verlede maand tydens hul besoek aan die land ontmoet. Hulle het ook Robbeneiland, waar Mandela as politieke gevangene aangehou is, besoek.

Obama is tans uiters ongewild in die VSA na die onthullings van Edward Snowden dat die regering op Amerikaanse burgers spioeneer. Obama het dit intussen ontken, wat verder bygedra het tot sy kwynende aansien.

Obama en sy vrou het gesê die besoek aan die tronk het hulle diep geraak. Hulle het gesê Mandela se toewyding tot gelykheid, waardigheid en versoening moet ‘n baken wees vir toekomstige generasies.

Die Amerikaanse presidentsegpaar se besoek aan Suid-Afrika en Robbeneiland in die besonder, word deur ontleders beskou as ‘n poging om verslegtende rasseverhoudinge in die VSA ook reg te dokter.

Die onlangse uitspraak ten gunste van ‘n bruin buurtwagwerker George Zimmerman, wat homself teen ‘n swart tiener verdedig het deur hom dood te skiet, het rassespanning in Amerika kwaai laat toeneem, met swart leiersfigure wat haat en vergelding teen wittes uitroep.

Maak 'n opvolg-bydrae