Wat het geword van meriete op Stellenbosch? Op 15-07-13 ontvang ek as oud-Wilgenhoffer ‘n e-pos van die Universiteit van Stellenbosch. Indien ek R120 000 skenk vir ‘n minderbevooregte student, kan ek daardeur ‘n plek vir my eie seun in die koshuis verseker. Daar sal agt sulke plekke wees. Omdat die universiteit egter alle koshuistradisies wil vernietig, is dit feitlik onmoontlik om ‘n plek normaalweg vir jou kind in die koshuis te kry. Wat ‘n skande! Kan jy dit oorvertel?
Dis soos om vir opkomende rugbyspelers te vertel dat daar tans ‘n ooraanbod goeie hakers, senters, losskakels of wat ookal is, maar as jy genoeg geld skenk, sal ons jou vir die Springbokspan kies.
Kan ‘n mens op dieselfde wyse plekke so “koop” by hulle mediese skool of dalk ‘n professoraat iewers? Hoe laag kan ‘n mens nog daal? So word die gewone mense besteel en Suid-Afrika ‘n ANC-paradys vir miljoenêrs en agtergeblewenes gemaak. Ek het gedog daar is departemente wat etiek en sake-etiek aan die US doseer. Dalk is hulle met verlof. Die mense wat egter sulke blatante skelmstreke uitdink, moet na my mening ook met permanente verlof gaan.

Die ANC is ‘n kommunisties geinspireede party. Die Kommunistiese Manifes se “We abolish all morality” Jy het nou ervaar dat hulle by hulle manifes hou.