Petrolprys styg more

Die prys van petrol, diesel, paraffien en vloeibare petroleumgas sal Woensdag verhoog word. Petrol sal met 96 sent ‘n liter styg, diesel met 74 sent, paraffien met 73 sent en LPG met R1.54 per kilogram. Die hoofrede vir die toename is die gemiddelde styging in die prys van ru-olie in die tydperk onder oorsig. Die

Lees verder: Petrolprys styg more

Aardbewing tref Welkom

Inwoners van Welkom het gisteraand groot geskrik toe ‘n aardbewing dele in die stad en omliggende gebiede tot sover as Bultfontein getref het. ‘n Inwoner van Reitzpark in die stad, Sonnika Raath, het aan OFM gesê haar honde was behoorlik op hol met die aardskudding, wat vir ‘n paar sekondes geduur het. Sy sê die

Lees verder: Aardbewing tref Welkom

Ontevredenheid heers in Delmas oor munisipale afbakening

Ontevrede inwoners in die Victor Khanye munisipale distrik van Delmas in Mpumalanga, het ‘n memorandum met griewe oorhandig oor samesmeltingsplanne vir die munisipaliteit, het RSG berig. Skole en sake-instellings in die gebied het Maandag tot ‘n stilstand gekom toe inwoners betoog het teen planne dat die munisipaliteit inskakel by die Emalahleni munisipaliteit wat onder administrasie

Lees verder: Ontevredenheid heers in Delmas oor munisipale afbakening

Nog ‘n verdoemende verslag oor Vrystaatse gesondheidskrisis

Die departement van arbeid in die Vrystaat gaan na verwagting nog ‘n verslag wat verband hou met die gesondheidskrisis in die provinsie vandeesweek bekend maak. Die verslag gaan na verwagting inligting oor primêre gesondheidsorg in die provinsie bevat. Dit volg nadat die departement ondersoeke by verskeie klinieke in die Motheo-streek gedoen het. Die tekort aan

Lees verder: Nog ‘n verdoemende verslag oor Vrystaatse gesondheidskrisis

MDC veroordeel Mugabe se rassisme teen wittes

Zimbabawe se amptelike opposisie, Movement for Democratic Change het president Robert Mugabe se uitlatings oor wit boere tydens sy 91ste verjaardagviering as kras en rassisties bestempel. Partyleier, Morgan Tsvangirai het Mugabe se dreigement om plase te vat wat nog aan wit boere behoort, streng veroordeel. Tsvangirai sê beleggers sal nooit in ‘n land belê wat

Lees verder: MDC veroordeel Mugabe se rassisme teen wittes

Bomdreigement ruk Gautengse winkelsentrum

Teen ongeveer 10:00 Maandagoggend het ‘n groot winkelsentrum in Gauteng, naby Johannesburg ‘n oproep ontvang van ‘n man te sê dat hy vier bomme op die eiendom geplant het. Die winkeleienaars en klante het dadelik op Twitter die dreigement rugbaar gemaak. Hulle het mekaar vertrap om uit die sentrum te vlug en die verkeer was

Lees verder: Bomdreigement ruk Gautengse winkelsentrum

Voertuie brand, buitelanders geteiken oor teerpaaie

Plundery en geweld teen buitelanders in die Ga-Phasha-lokasie naby Steelpoort in Limpopovier duur voort. Voertuie is aan die brand gesteek en winkels van buitelanders is geplunder nadat ‘n optog oor dienslewering buite beheer geraak het. Die oproemakers eis ‘n teerpad in die gebied. Hulle is glo vasberade om die gebied onregeerbaar te maak totdat hulle

Lees verder: Voertuie brand, buitelanders geteiken oor teerpaaie

SA ambassadeur na Japan lieg oor doktorsgraad

Suid-Afrika se ambassadeur in Japan, Mohau Pheko, het Vrydag aan die SABC gesê sy spyt dat sy voorggee het sy het ‘n doktorsgraad. Pheko het gelieg dat sy in 2000 haar PhD aan die Amerikaanse La Salle Universiteit verwerf het.   Maar die universiteit is gesluit in 1996, toe dit geblyk het dat hulle grade

Lees verder: SA ambassadeur na Japan lieg oor doktorsgraad

SA-spioene glo inderhaas uit buiteland onttrek na lek

Die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) het ontken dat ‘n privaatvliegtuig gestuur is om ten minste vier senior intelligensie-agente uit hul poste in Afrika te ontruim nadat City Press Sondag berig het hul dekking is in gedrang. “Die bewerings van ‘n onttrekking van buitelandse agente uit hul plasings is sonder basis en word ten sterkste ontken as nog

Lees verder: SA-spioene glo inderhaas uit buiteland onttrek na lek

Brande woed in Wes-Kaap

Brandbestryders in die Wes-Kaap is besig met ‘n verbete stryd teen ‘n brand wat in die vroeë oggendure opgevlam het, het RSG berig. ‘n Vlootbasis in die omgewing is ook na wat berig word in gevaar. ‘n Brandweer-woordvoerder, Theo Layne sê sterk wind is besig om pogings te bemoeilik om die brand onder beheer te

Lees verder: Brande woed in Wes-Kaap