Teen ongeveer 10:00 Maandagoggend het ‘n groot winkelsentrum in Gauteng, naby Johannesburg ‘n oproep ontvang van ‘n man te sê dat hy vier bomme op die eiendom geplant het.
Die winkeleienaars en klante het dadelik op Twitter die dreigement rugbaar gemaak. Hulle het mekaar vertrap om uit die sentrum te vlug en die verkeer was druk soos motors die parkeerarea verlaat het.
Clearwater Mall se bemarkingsbestuurder Cecile Braun het die bomdreigement bevestig.
“Ons het dadelik die Honeydew-polisie gekontak,” het sy gesê.
“Dit is ‘n standaardprosedure om die gebou tydens so ‘n bedreiging te ontruim en ons het so gemaak.”
Braun sê dat die SAPD se plofstofdeskundiges Maandag op die toneel was.
Die man wat geskakel het, het R100 000 geëis en die sentrum tien minute gegee om die losprys te betaal.
Die polisie se K-9-eenheid kon egter geen ploftoestelle opspoor nie.

Isis, nee wag, effers, nee wag, die CIA, nee wag, buitelanders, nee wag, NSA se spioenasie netwerk, nee wag, … Bokke se Haarem het, ….. nee wag, ….. Jan van Riebeeck het skuld erken.
Maar in die tyd van Jan van Riebeeck was daar GEEN sulke dreigemente nie.
Vandag se terroriste is so lui, hulle praat maar net en hoop almal glo hulle.