Nog ‘n verdoemende verslag oor Vrystaatse gesondheidskrisis

Die departement van arbeid in die Vrystaat gaan na verwagting nog ‘n verslag wat verband hou met die gesondheidskrisis in die provinsie vandeesweek bekend maak.

Die verslag gaan na verwagting inligting oor primêre gesondheidsorg in die provinsie bevat. Dit volg nadat die departement ondersoeke by verskeie klinieke in die Motheo-streek gedoen het.

Die tekort aan medikasie, mediese personeel en medisyne by klinieke het die afgelope maande baie aandag in die media geniet.

Hierdie verslag volg kort op die hakke van ‘n verdoemende verslag deur die Openbare Dienskommissie in die Vrystaat.

Die Kommissie het na ‘n ondersoek by by Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein bevind dat die hospitaal ten minste R100 miljoen rand benodig om die agterstand in instandhouding, mediese toerusting, ‘n tekort in medisyne en tekort aan mediese personeel te befonds.

Josial Ramokoena, woordvoerder van die department van arbeid in die Vrystaat het die ondersoeke by klinieke bevestig en gesê die verslag gaan na verwagting nog vandag bekend gestel word.

Intussen het die departement van gesondheid in Gauteng erken dat hulle die afgelope twee jaar R276 miljoen moes uitbetaal aan eisers weens mediese nalatigheid. Dit verteenwoordig ‘n kommerwekkende styging.

In 2013/14 is R155 miljoen aan eise uitbetaal en R121 miljoen in die vorige jaar. Die departement het die afgelope vier jaar nog elke saak verloor teen eisers oor hul swak mediese praktyke.

Die departement van gesondheid was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.

3 thoughts on “Nog ‘n verdoemende verslag oor Vrystaatse gesondheidskrisis”

  1. Alle geld vir toerusting en onderhoud is in salarisse gesink in hierdie land. Dieselfde is wat ESKOM, Transnet en al die ander staatinstellings (dalk selfs nog die hele land) getref het of gaan tref.
    Selfversorging moet een van ons teikens wees. Dit sal beter wees as dit in ons eie grondgebied is.

  2. In alle sektore en instansies gaan dit een masiewe verskil in geld besparing veroorsaak as kundiges en die regte persone aangestel word.

    Wat natuurlik my gat krap is dat die bestuur van hierdie instellings al jare terug gesien het dat instandhouding nodig is, maar hulle sal die souustrein ry tot op die einde en nou wil hulle regmaak – daai geld sal liewers in die gatsakke in as in die instansies.

Maak 'n opvolg-bydrae