PRAAG, die Pro-Afrikaanse Aksiegroep, waaraan www.praag.co.za verwant is, loods vandag op sy tuisblad www.praag.org 'n elektroniese petisie waarin mnr. Jacob Zuma en die ANC gevra word om die oorblywende Afrikaanse skole, asook ten minste twee universiteite, aan 'n Afrikaneronderwysowerheid oor te dra.
Lees verder: PRAAG loods petisie vir Afrikaneronderwysowerheid

Nou onlangs lees ek dat die universiteit van Cambridge 'n Imperiale Bal wil hou, maar dat daar allerweë sterk teenkanting by die instelling self teen so 'n geleentheid is, ook vanweë die feit dat die Britte, in hul vervloeë uitbreidingsdrang, weinig het om op trots te wees sedert hulle die eerste konsentrasiekampe ontwerp het wat tot die dood van duisende Boerevroue en kinders gelei het.