VSA kritiseer Sjina se menseregterekord

Image

Hillary Clinton

Die Sjinese owerhede het Donderdag gereageer op die vrystelling van ‘n jaarlikse Amerikaanse departement van buitelandse sake-verslag oor globale menseregte, wat Sjina se respek vir menseregte nie net “swak” genoem het nie, “maar verswakkend in sy vervolging van etnieseminderheidsdissidente".

Die amptelike Xinhua-nuusagentskap het die verslag se afdeling oor Sjina ongegrond en onverantwoordelik genoem, en gesê dat dit “opsetlik basiese feite ignoreer” aangaande basiese menseregte en die land se etniese, wetlike en geloofsisteme.

Dit het die jaarlikse verslag ‘n Amerikaanse voorwendsel genoem om in te meng in die binnelandse sake van ander lande.

Die buitelandsedepartementdokument is uitgereik net dae nadat Hillary Clinton in haar eerste besoek aan Sjina as minister van buitelandse sake, in die openbaar gesê het dat Amerika se kommer oor Sjina se menseregtepraktyke nie die samewerking oor strategiese sake soos die ekonomiese krisis en globale verwarming sal beïnvloed nie.

Die departement se dokument het Sjina, Rusland, Zimbabwe, Egipte en ‘n hand vol ander lande uitgesonder waar menseregtetoestande agteruitgegaan het in 2008. Dit het Zimbabwe beskuldig van ‘n terreurveldtog teen die regering se politieke opponente wat gelei het tot die marteling, verdwyning of dood van honderde van hulle.

металлическая брекет системаОлександр Фільчаков прокурор