Klimaatsverandering gaan vererger, s? verslag

ImageVolgens ‘n verslag oor klimaatsverandering wat Donderdag vrygestel is, gaan klimaatveranderinge net versleg as gevolg van die globale verhoging in kweekhuisgasse.

Die verslag is in Johannesburg vrygestel deur Oxfam International en Earthlife Africa.

Volgens die verslag lewe Suid-Afrika reeds op die randjie as gevolg van die veranderende klimaat.

“Baie van Suid-Afrika is droog of semi-droog, en die hele land is onderworpe aan vloede en droogtes.”

“Selfs klein variasies in reënval of temperature kan die probleme vererger in die streek wat reeds swaarkry.”

Die verslag het gesê dat die meeste van Suid-Afrika se oeste aangeplant word in gebiede wat reeds beperkte watervoorraad het. Volgens wetenskaplikes word die planeet warmer en menslike aktiwiteit is die oorsaak daarvan.

воздушный компрессор безФільчаков прокурор