Malema gaan in Nongoma stemme werf

ANK-jeugliga president Julius Malema en ander KwaZulu-Natal se ANK-leiers gaan Vrydag in Nongoma stemme werf.

Die leiers gaan ook ANK-lede wat geskiet is gedurende ‘n saamtrek van die party verlede maand besoek, het die party Donderdag gesê.

KwaZulu-Natal ANK-jeugliga woordvoerder Bheki Mtolo het gesê Malema sal in Nongoma die veldtog voer.

“Hy sal daarheen gaan saam met ander provinsiale leiers,” het Mtolo gesê.

Die IVP se jeugleier, Thulasizwe Buthelezi, het Malema verlede maand gewaarsku om nie die IVP-ondersteuners in Zoeloeland uit te lok nie.

Dit was na Malema gesê het dat hy in Nongoma die veldtog sal lei, ten spyte van aanvalle op ANK-ondersteuners daar gedurende ‘n saamtrek.

Malema het gesê sy party is nie bang vir IVP-ondersteuners wat na bewering ANK-ondersteuners aangeval het nie, en het bygevoeg dat die ANK sal teruggaan na Nongoma toe en selfs in die agterplaas van die IVP-leier Mangosuthu Buthelezi die veldtog sal voer.

укладка паркета своими руками видеоурокалександр лобановский харьков класс