Vermoorde boer se familie bly oor skuldigbevinding

Die familie van die boer van Noordwes wat deur twee Zimbabwiërs vermoor is, is tevrede dat die beskuldigdes deur die Hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind is, het RSG berig. Bismack Dik en Samuel Mabena het die 65-jarige Mauritz Oberholzer in September 2012 op sy plaas buite Brits aangerand en doodgeskiet. Hulle sal in aanhouding bly

Lees verder: Vermoorde boer se familie bly oor skuldigbevinding

Motorfietsdiefstalsindikaat in Noord-Kaap bedrywig

Die polisie in die Noord-Kaap ondersoek die moontlikheid dat twee verdagtes wat Woensdagaand in Cassandra in Kimberley in hegtenis geneem is, deel is van ‘n sindikaat wat motorfietse steel. Polisiewoordvoerder, Sergio Kock, sê die gemeenskapspolisiërings (GPF)-eenheid in dié buurt het gister omstreeks 22:00 ‘n verdagte Toyota-bussie in die gebied gewaar en tot in die stad

Lees verder: Motorfietsdiefstalsindikaat in Noord-Kaap bedrywig

Suid-Afrika blink uit in natuurbewaring danksy boere

Die wêreld verloor sy biodiversiteit teen ’n onrusbarende tempo, maar Suid-Afrika neem die leiding om teen die verwoestende gety wal te gooi. Dit is volgens Peet van der Merwe van die NWU se Potchefstroomkampus. Volgens die Wêreldnatuurfonds is die huidige spesie-uitwissingkoers tussen 1 000 en 10 000 hoër as die natuurlike uitwissingskoers – dit is

Lees verder: Suid-Afrika blink uit in natuurbewaring danksy boere

MRK oorval met rassisme-klagtes

Die meeste klagte wat by die menseregtekommissie gelê word, is in verband met rassisme, veral in die Vrystaat. Kommissaris Mohamed Ameermia, verantwoordelik vir dié provinsie asook Noordwes, sê dit is kommerwekkend dat daar na 21 jaar van demokrasie nog steeds soveel klagte oor rassisme instroom. Hy sê die MRK kan egter nie die stryd alleen

Lees verder: MRK oorval met rassisme-klagtes

Indiërs in SA oorverteenwoordig in senior bestuursposte

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge sê die armes en gemarginaliseerdes kry nie die hulp van die regering wat bedoel is vir hulle met die implementering van SEB ( Swart Ekonomiese Bemagtiging) nie. Die Instituut se hoof van beleidsnavorsing, Anthea Jeffery, sê die regering het lank gesukkel om die Wet op Diensbillikheid van 1998 te verander

Lees verder: Indiërs in SA oorverteenwoordig in senior bestuursposte

Vrae oor Danny Jordaan se betrokkenheid by FIFA

Die nuwe burgemeester van die Nelson Mandelabaai Metro, Danny Jordaan, het ‘n ope brief ontvang met vrae oor sy betrokkenheid by ‘n FIFA-skandaal. Die Amerikaanse speurdiens, die FBI bekyk onder meer bewerings dat Suid-Afrika tien miljoen dollar se omkoopgeld betaal het om die sokkerwêreldbekertoernooi aan te bied. Die sekretaris-generaal van FIFA, Jerome Valcke het Suid-Afrika

Lees verder: Vrae oor Danny Jordaan se betrokkenheid by FIFA

Bloeddiens sê MIV nie oorgedra met skenkers nie

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANB) vier die toewyding van sy bloeddonateurs in Junie en wil die publiek daaraan herinner dat, “soos die bevolking groei en gesondheidsorg verbeter”, die aanvraag na bloed-voorrade om mense in mediese noodgevalle se lewe te red, steeds toeneem. Bloedskenkers moet vry wees van bloeddraende patogene, soos MIV en Hepatitis B om

Lees verder: Bloeddiens sê MIV nie oorgedra met skenkers nie

Nepotisme kos Limpopo R600 miljoen

Munisipaliteite in Limpopo het die afgelope vier jaar R600 miljoen betaal aan staatsamptenare en hul families wat onwettig sake met hulle gedoen het. Opposisiepartye in Limpopo sê die onthulling is skreiend en bygevoeg dat die geld gebruik kon word om ’n beter lewe vir mense te skep. Pres. Jacob Zuma het verlede jaar ’n wet

Lees verder: Nepotisme kos Limpopo R600 miljoen

Prins wil glo renosters in Namibië kom oppas

Kensington-paleis in Londen wou nie berigte in Brittanje en Namibië, dat prins Harry binnekort Namibië gaan besoek, bevestig of ontken nie. Volgens verskeie berigte sal prins Harry ’n deel van sy besoek van drie maande in Afrika toewy aan pogings om die bedreigde swartrenoster te help red. Die adjunk-kommunikasiebestuurder van Kensington-paleis, Nick Loughran. Die 30-jarige

Lees verder: Prins wil glo renosters in Namibië kom oppas

Sewende Vigs-konferensie in Durban gehou

Die sewende Suid-Afrikaanse Vigs-konferensie het in Durban geopen met hernude beroepe vir vennootskappe in die stryd teen MIV/Vigs, het RSG berig. Wetenskaplikes, aktiviste en regeringsverteenwoordigers vergader die week om Vigs in Suid-Afrika te bespreek, en om strategië vir die toekoms te bepaal. Suid-Afrika huisves sowat 18 persent van die wêreld se MIV-positiewe bevolking. Die voorsitter

Lees verder: Sewende Vigs-konferensie in Durban gehou