Suid-Afrika se mengsel van Engelse en Nederlandse reg moet "verafrikaniseer" word om dit meer relevant te maak, volgens die Kaapse regterpresident John Hlope.
Hy het gisteraand in Durban gepraat en gesê: Ek glo dat mense wette nodig het wat hul eie kultuur en waardes beliggaam. Ons moet ons reg verafrikaniseer en dit vir die massas relevant maak. Daar heers 'n groot leemte in ons stelsel," het hy aan 'n simposium wat deur die Progressiewe Professionele Netwerk gereël is, verklaar.
Lees verder: Suid-Afrikaanse regstelsel moet ‘verafrikaniseer’ word
