China steek VSA verby in Latyns-Amerika

Onsigbaar in Latyns-Amerika 'n dekade gelede, het China nou die VSA as grootste belegger in Brasilië, die grootste ekonomie, verbygesteek. Daarbenewens bou hulle karre in Urugay. 'n sokkerstadion vir Costa Rica en het pas 'n lening van $10 miljard aan Brasilië toegestaan.

Terwyl Amerika op Irak en Afghanistan konsentreer, het China in Suid-Amerika inbeweeg, ook met lenings waar Westerse banke sukkel in die huidige ekonomiese klimaat.

Nie alleen open die Chinese oral op die vasteland ambassades nie, maar hulle rig ook Confusiaanse leerskole op en bou sodoende Chinese kultuur uit.

Werknemers van Petrobras, Braslilië se grootste oliemaatskappy, en Vale do Rio Doce, die grootste mineraleprodusent, leer deesdae fluks Mandaryns.

China het 'n strategiese alliansie met Indië en Rusland gesluit en daarmee heelwat invloed in globale ekonomiese en politieke aangeleenthede gewen, veral in ontwikkelende lande.

China stel in Suid-Amerika se grondstowwe belang, hoofsaaklik olie, ystererts, sojabone en koper. Die negatiewe aspek van samewerking vir die meeste lande is dat goedkoop Chinese tekstielinvoere die plaaslike bedryf skaad.

Alhoewel China versigtig is om nie 'n militêre teenwoordigheid uit te bou nie, is beleidmakers in Washington bekommerd oor die verwikkelinge. Sedert die Monroe Doktrine van 1823 voel die VSA dat die Chinese 'n bedreiging vir hulle inhou.

China behandel Hugo Chavez presies soos Alvaro Uribe and Lula, presidente van Venezuela, Colombia en Brasilië onderskeidelik, sê ontleders.

Handel tussen China en Latyns-Amerika het opgeskiet van $10 miljard in 2000 tot $140 miljard in 2008. Peruviaanse President Alan Garcia wil graag van sy land 'n sentrale sakenodus vir die Chinese maak. Peru het 'n geskiedenis van Chinese wat reeds in die 19de eeu ingevoer is vir handearbeid.

Peruviane het ook 'n smaak vir Chinese kos want oral in die land is steeds chifa-restaurante, 'n naletenskap van die Chinese immigrante. China se aptyt is egter meer vir Peru se oorvloedige grondstowwe.

Omdat China hulle buitelandse beleid op 'n minder ideologiese wyse benader, nie soos die VSA met hulle aandrang op anti-korrupsiemaatreëls, menseregte en deursigtigheid nie, pluk hulle die vrugte van die eenvoudige resep: hulp vir grondstowwe.

online gambling gamesалександр лобановский харьков

Maak 'n opvolg-bydrae