Myners hou sewe gyselaars ondergronds

Honderde mynwerkers hou steeds sewe opsigters ondergronds as gyselaars aan by 'n platinum- en chroommyn buite Brits, het die polisie Vrydagoggend gesê.

Superintendent Lesego Metsi sê daar is aanvanklik geglo dat net vier mense as gyselaars aangehou word.

"Ons is vertel daar is vier, net om uit te vind daar is eintlik agt. Donderdagnag het een van hulle daarin geslaag om te ontsnap," het Metsi aan sie SAUK se radionuus gesê.

"Daar is sewe wat steeds as gyselaars aangehou word. Ons onderhandel op die oomblik."

Ongeveer 400 mynwerkers by die Krokodilriviermyn dreig om ondergronds te bly met hulle gyselaars tot daar aan hulle eise gehoor gegee word.

"Ons is bekommerd… hulle het gister [Donderdag] die hele dag sonder kos gebly," sê Metsi.

Die myners is tydelik in diens geneem en eis dat hulle permanent aangestel word.

inexpensive wedding hairпрокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae