Motoriste in die Vrystaat word gewaarsku om veilig te bestuur en op die uitkyk te wees vir klippe wat deur booswigte in die pad gepak word in ‘n poging om voertuie te kaap. Polisiewoordvoerder, Mosili Ntsika, sê voorvalle waarin motoriste gekaap word nadat hulle stadiger ry of stop weens versperde paaie, veral op die R702
Polisie wat moordverdagtes doodmartel borg geweier
‘n Polisiebeampte en ‘n polisie-informant van Springs aan die Oos-Rand wat na bewering drie vermeende moordverdagtes gemartel en vermoor het, is in die Landdroshof in Carletonville borgtog geweier, het RSG berig. Die twee beskuldigdes is meer as ‘n maand gelede saam met nog twee polisiebeamptes in hegtenis geneem, nadat die liggame van die drie mans
Lees verder: Polisie wat moordverdagtes doodmartel borg geweier
Blonde slimkop se dood skok Pukke
Studente op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) was Maandag geskok na die skielike dood van ‘n blonde slimkop eerstejaarstudent aan breinvliesontsteking. Prof. Herman van Schalkwyk, kampusrektor, en prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU, het hul medelye teenoor die meisie se familie en vriende uitgespreek. Leana Labuschagne (19), wat ‘n geoktrooieerde rekenmeester wou word,
Poetin waarsku VSA teen uitbreiding in Europa
President Wladimir Poetin van Rusland het aangekondig dat 40 nuwe interkontinentale ballistiese missiele tot sy kernwapen-arsenaal gevoeg gaan word. Poetin het die aankondiging saam met die Finse president Sauli Niinisto by die opening van ‘n wapenskou naby Moskou gedoen tydens ‘n gesamentlike nuuskonferensie. Rusland sal ook ‘n nuwe mikrogolfwapen bekendstel wat onbemande tuie sal kan
Leefstylwaentjies: BMW 218i Active Tourer teen Fiat 500L 1.4 T-Jet Trekking
Met meer as ‘n duisend verskillende modelle om van te kies in die Suid-Afrikaanse motormark, kan dit nogal baie moeilik raak om die regte voertuig vir jou doeleindes aan te skaf. Meeste mense kies ‘n motor om een van drie redes: Prys Leefstyl DKW (Dans, Kerk en Werk) eintlik is dit om jou nuwe wiele
Lees verder: Leefstylwaentjies: BMW 218i Active Tourer teen Fiat 500L 1.4 T-Jet Trekking
Brittanje in krisis nadat Zuma IS aflag
Die Statuut van Rome, die grondslag vir die oprigting van die Internasionale Strafhof (IS), het aan die hof ‘n spesifieke mandaat gegee wat beteken die IS kan net reageer op misdade wat sedert 2002 plaasgevind het. Die jurisdiksie van die Hof is verder gebaseer op die beginsel van komplementariteit. Dit beteken dat die IS slegs
Zimbabwe kripeer sonder kos
Die feit dat Zimbabwe sowat $300 miljoen se voedselhulp nodig het hierdie jaar as gevolg van ‘n massiewe daling in produksie van mielies is te danke aan die verflenterde landboubeleid van die regerende party, het die opposisieparty Dinsdag gesê. President Robert Mugabe het vroeër wit boere van hul plase afgejaag en hul grond gekonfiskeer om
Jenner en Dolezal se knuppels in die linkse hoenderhok
Kyk, as daar één ding is wat jy nie vir ‘n feminis moet sê nie, sou dit wees dat die manlike en die vroulike brein wesentlik verskil. Volgens feministe is dit ‘n infame leuen, en is daar hoegenaamd geen onderskeid in terme van denke en emosies te tref tussen die manlike en vroulike psiges nie.
Lees verder: Jenner en Dolezal se knuppels in die linkse hoenderhok
AU militêre raadgewers na Burundi
Leiers op die beraad van die Afrika-unie in Sandton, Johannesburg, het ingestem om militêre kundiges na Burundi te stuur nadat die land die afgelope tyd deur geweld geskud is oor president Pierre Nkurunziza se omstrede besluit om vir ‘n derde termyn te staan. Die AU se vrede- en veiligheidskommissaris, Smail Chergui, het aan verslaggewers gesê
Weermag ontken berigte van gyselaarskap vir al-Bashir
Die weermag het Dinsdag berigte verwerp dat Soedan Suid-Afrikaanse soldate as gyselaars aangehou het om die inhegtenisneming van President Omar al-Bashir te verhoed. Daar is tans Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag troepe in Darfoer ontplooi. “Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het met uiterste ontsteltenis van die verslae in verskeie mediabronne kennis geneem wat beweer dat SANW-troepe gyselaar
Lees verder: Weermag ontken berigte van gyselaarskap vir al-Bashir
