VSA troef Iran met Twitter

Image

Die Amerikaanse regering het ontken dat hulle in Iran se verkiesing ingemeng het met behulp van die netwerk Twitter.

Maandagmiddag het 'n amptenaar van die State Department, die departement van buitelandse sake, Jared Cohen, 'n e-pos aan Twitter gerig om te vra dat die netwerk nie onderhoud aan hulle wêreldwye net doen nie, omdat Iranese inligting oor die verkiesing en die teenkanting teen die uitslag daarop uitruil.

Die VSA, sê adjunk-buitelandse sekretaris vir openbare aangeleenthede P.J. Crowley, "het 'n belangrike rol om te speel op hierdie kritieke tydstip in Iran".

Iran is die wêreld se vyfde grootste olieprodusent en is betrokke by ’n langdurige kernwapengeskil met Amerika en Israel. Gevolglik geniet die protesaksie aandag in die VSA.

 
Rusland het egter die herverkose Iranse president Dinsdag in Ekaterinaburg verwelkom en hulle van die opposisie in Teheran, wat skielik Engels as voertaal verkies, ook op plakkate in die stad, gedistansieer. 
 
Twitter het gehoor gegee aan die versoek en hulle opgradering van die netwerk laat oorstaan tot laat Dinsdagmiddag, Woensdag in Teheran, omdat die eienaars die "belangrike rol wat Twitter as kommunikasiemiddel in Iran speel", erken.

Die departement het gesê dit verteenwoordig nie inmenging in 'n buitelandse moondheid se interne sake nie, omdat die versoek drie dae ná afloop van die verkiesing gerig is aan Twitter.

Crowley het gesê dit is in lyn met dei VSA nasionale beleid om vryheid van spraak aan te moedig. Inligting moet aangewend word om vryheid van spraak te bevorder, het hy gesê.

Hillary Rodham Clinton gebruik toenemend die uitdrukking "e-diplomasie" en verwys na die krag daarvan. Die Obama-administrasie beskou kennelik die internet se sosiale netwerke as 'n nuwe pyl in hulle diplomatieke koker.

Cohen, wat aan Stanford Universiteit studeer het, was verlede maand met 'n Amerikaanse afvaardiging in Bagdad om Twitter aan Irak te verkoop "om die land se inligtingsnetwerk te herbou". Hy is 'n spesialis van Twitter en Facebook.

Mir Hussein Moussavi, Iran se grootste opposisiekandidaat, het blykbaar Facebook gebruik om sy ondersteuners op hoogte van sy bedrywighede te hou.

Twitter word glo gebruik om insidente van polisieoptrede teen betogers en die Withuis se ontleding van die situasie rond te stuur omdat die owerhede in Iran selfoonteksboodskappe geblokkeer het

Alhoewel die regering ook probeer het om die Twitter te sluit, het internetgebruikers blykbaar maniere gevind om die versperring te omseil.

Die buitelandse media in Iran is Dinsdag amptelik verbied om hul kantore te verlaat – wat hulle verhoed om verslag te doen oor betogings teen die onlangse verkiesingsuitslae.

Die ministerie van kultuur het gesê joernaliste werk steeds uit hul kantore, maar alle akkreditasie vir die buitelandse media is gekanselleer.

“Geen joernalis mag verslag doen, filmopnames maak of foto’s in die stad neem nie,” het ’n amptenaar gesê. Die aankondiging kom nadat minstens sewe mense reeds oor drie dae in straatbetogings dood is.

Die verslane presidentskandidaat Mirhossein Mousavi sou gister ’n byeenkoms hou om, volgens hom, sy ondersteuners se lewens te beskerm. Ondersteuners van pres. Mahmoud Ahmadinejad het intussen ’n byeenkoms by dieselfde terrein beplan om Mousavi te troef.

бензиновый генератор какой выбратьФильчаков прокурор харьков

Indi? berispe Pakistan weer

Die Indiese premier, Manmohan Singh, wat die leier van Pakistan vir die eerste keer sedert verlede jaar se Moembai-aanvalle ontmoet het, het hom gevra om te verseker dat militante nie vanuit Pakistanse grondgebied opereer nie.

“Ek is bly om u te kan ontmoet, maar my mandaat is om vir u te sê dat die grondgebied van Pakistan nie vir terreur gebruik moet word nie,” het Singh aan president Asif Ali Zardari gesê in ’n ontmoeting by ’n Sjanghai-samewerkingsberaad in Rusland.

Sy streng woorde dui daarop dat daar geen dramatiese deurbraak in betrekkinge tussen Indië en Pakistan sal wees nie.

Die VSA is gretig om te sien dat bande tussen dié lande verbeter sodat die spanning in die streek, wat Afganistan insluit, kan afneem.

игры для дивчатоклобановский александр жена

Obama druk vir openbare mediese versekering

Barack Obama het dokters vandeesweek gewaarsku die Amerikaanse gesondheidstelsel is ’n tydbom wat reeds tik en hulle gevra om sy hersieningsplan daarvoor te ondersteun.

Sy plan sluit ’n openbare versekeringskema, waaroor baie dokters skepties is, in.

Obama het sy gesondheidsveldtog na die jaarvergadering van die invloedryke Amerikaanse mediese vereniging (AMA) geneem, wat meer as 250 000 dokters verteenwoordig en histories teen ’n groter regeringsrol in gesondheidsorg gekant is.

“As ons nie ons gesondheidstelsel regmaak nie, kan Amerika dieselfde pad loop as GM; meer betaal, minder kry en bankrot speel,” het hy gesê met verwysing na die sukkelende motorvervaardiger General Motors, wat aansoek gedoen het om likwidasie.

“Dit is ’n tikkende tydbom vir die federale begroting. En dit is onvolhoubaar vir die Verenigde State van Amerika.” Obama wil teen Oktober ’n hervormingswetsontwerp op sy lessenaar hê.

Nagenoeg 46 miljoen Amerikaners het nie mediese versekering nie en min toegang tot mediese sorg.

Die debat oor sekere kwessies van die hersiening wat deur die kongres opgestel word, het in felheid toegeneem.

Onder dié kwessies is die finansiering van die plan en of dit ’n openbare program moet insluit om met private versekeraars mee te ding.

In Washington het die voorsitter van die senaatskomitee oor finansies, mnr. Max Baucus, gesê sy paneel sal vandeesweek wetgewing oor hervorming van die gesondheidsorgstelsel voorlê.

Die kanse lyk goed dat die maatreël met steun van albei partye in die voltallige senaat deurgevoer sal word.

Talle Republikeine verwerp egter die plan omdat hulle meen dit sal uiteindelik private versekeraars kelder.

Die AMA het ook twyfel uitgespreek oor enige openbare skema wat soortgelyk is aan die regering se Medicare-program vir senior burgers.

обуви кривойлобановский александр дочь

Israel ‘wil vredespogings saboteer’

’n Woordvoerder van die Palestynse leier, Mahmoud Abbas, het gesê Israel is besig om die vredespogings te saboteer.

Die Israelse premier, mnr. Benjamin Netanyahu, het gister geëis dat Jerusalem die uitsluitlike hoofstad van Israel moet wees en dat Palestynse vlugtelinge nie in die land toegelaat behoort te word nie.

’n Woordvoerder van Abbas het verklaar dat Netanyahu se standpunt “alle inisiatiewe gesaboteer het, alle pogings vir vrede verlam het”.

“Die vredesproses beweeg teen ’n slakkepas. “Netanyahu het vanaand in sy dop teruggetrek,” het mnr. Saeb Erekat, ’n onderhandelaar, gesê.

Die Europese Unie (EU) se kommissaris vir buitelandse beleid, Javier Solana, het ’n beroep op Israel gedoen om veiligheid deur vrede te soek.

Hy het ook gewaarsku dat toekomstige gesprekke met die EU afhang van “Israel se gedrag”.

“Dit is belangrik om Israel te oortuig dat vrede ’n beter waarborg vir sy veiligheid sal wees.

“Ek dink president Barack Obama het dit duidelik gestel in sy ontmoeting met die Israelse premier, mnr. Benjamin Netanyahu, in Washington,” het Solana hier aan verslaggewers gesê.

Obama is sedert sy beëdiging in Januarie op soek na maniere om die vredesamesprekinge weer aan die gang te kry. Sy gesant, George Mitchell, het pas deur die Midde-Ooste getoer en Amerika se steun vir ’n tweestaat-oplossing herbevestig.

“Die EU volg tans ’n soortgelyke proses[as die VSA],” het Solana ná sy gesprek met Egipte se president en sy minister van buitelandse sake gesê.

Na verwagting sal Israel nie hierdie oplossing sal steun nie.
fruit casinoпрокурор харьковской области

Israel stel voorwaardes vir Palestynse staat

Image

Benjamin Netanyahu, eerste minister van Israel

Die Israelse premier Benjamin Netanyahu het aangekondig dat hy 'n Palestynse staat sal steun – maar net as dit geheel en gedemilitariseer is.

Hy het gesê dat 'n Palestynse staat geen weermag of beheer oor sy lugruim moet hê nie, asoog geen manier om wapens te smokkel nie.

In 'n baanbrekertoespraak slegs enkele weke nadat die Ameriaanse president hom gevra het om 'n tweestaatplan te aanvaar, het hy gesê dat die Palestyne Israel as Joodse staat moet aanvaar.

Palestynse leiers het negatief gereageer en hom daarvan beskuldig dat hy die vredesplanne saboteer.

Setlaars 'geen vyande'

Die Withuis het gesê dat president Barack Obama mnr Netanyahu se "instemming" tot 'n tweestaatoplossing as 'n "belangrike stap vooruit" verwelkom.

Mnr Netanyahu het 'n nuwe terrein geopen deur die beginsel van 'n gedemilitariseerde Palestynse staat, al is dit voorwaardelik, te aanvaar.

Maar die vraag is of die Withuis dit as afdoende sal aanvaar om vir die gebrek aan enige toegewings oor die kwessie van Joodse vestigings op die besette Wesoewer te vergoed.

In sy belangrike Midde-Oosterse toespraak in Kaïro op 4 Unie het mnr. Obama beklemtoon dat hy wil hê dat alle vestigingsaktiwiteit moet ophou.

Maar in sy toespraak by Bar-Ilan-universiteit het mnr. Netanyahu gesê setlaars is nie "die vyande van vrede" nie en het nie afgewyk van sy standpunt dat "natuurlike groei" in bestaande vestigings toegelaat behoort te word nie.

Netanyahu het aan die Palestyne gesê dat Israeli's met hulle in vrede as goeie bure wil saamleef. Hy is bereid om na Damaskus, Rijaad en Beiroet te reis ten einde 'n midde-oosterse vredesooreenkoms te verkry.

Hy het verwys na die groot struikelblokke in onderhandelings met Palestyne oor die jare, waaronder die kwessie van Palesgtynse vlugtelinge wat in 1948 en 1949 vanuit die huidige Israel gevlug of uitgesit is.

Die Palestyne beweer dat hulle en hul miljoene nakomelinge oor 'n terugkeerreg na Israel beskik – wat 'n einde aan die Joodse meerderheid sou beteken – maar Israel het daardie versoek nog altyd konsekwent verwerp.

Netanyahu het 'n soortgelyke standpunt ingeneem deur te sê: "Die Palestynse vlugtelingprobleem moet buite die grense van die staat Israel opgelos word.

"Enige eis om vlugtelinge binne Israel te hervestig ondergrawe Israel as 'n staat vir die Joodse volk."

Nog 'n sleutelkwessie waaroor die twee kante nie ooreen kan stem nie, is die status van Jerusalem.

Mnr. Netanyahu het daarop aangedring dat die stad die "verenigde hoofstad van Israel" moet wees, hoewel Palestyne dit verdeel wil sien sodat hulle die hoofstad van 'n toekomstige staat daar kan maak.

'Rassisties en ekstremisties'

Nabil Abu Rdaina, 'n woordvoerder vir die Palestynse Owerheidspresident Magmoed Abbas, het gesê die toespraak van die Israelse leier "torpedeer alle vredespogings in die streek".

Nog 'n Abbas-sekretaris, Jasser Abed Rabbo, het aan Agence France Presse gesê dat die erkenning van Israel se Joodse aard 'n eis aan die Palestyne is om "deel van die globale Sionistiese beweging te raak".

Die militante Hamasbeweging, wat die Gasastrook beheer, het gesê die toespraak weerspieël mnr. Netanyahu se "rassistiese en ekstremistiese ideologie".

fruit warpАлександр Фильчаков прокурор

Bin Laden skuil in Pakistan s? CIA

Die CIA glo Osama bin Laden is steeds in Pakistan en die Amerikaanse intelligensie-agentskap wil die net om hom nouer span, terwyl die Pakistanse weermag ingryp in die noordwestelike stamgebied waar hy vermoedelik skuil.

Die CIA-direkteur, Leon Panetta, het ná ’n toespraak vandeesweek in die kongres aan verslaggewers gesê om Bin Laden op te spoor is steeds een van die CIA se hoogste prioriteite.

“Een ding wat ons hoop, is dat ons ’n beter kans sal hê om by hom uit te kom terwyl die Pakistanse weermag saam met ons operasies inbeweeg,” het Panetta gesê.

Volgens die CIA het die getal amptenare en gewerfde agente, plaaslike inwoners wat inligting verskaf, in Pakistan toegeneem.

“Ons het ’n aantal mense op grondvlak in Pakistan wat help om teikens te verskaf en wat ons help om die inligting te kry wat ons regtig nodig het om Al-Kaïda te pak.”

In Islamabad het ’n woordvoerder vir president Asif Ali Zardari Panetta se bewerings verwerp en die CIA uitgedaag om enige bewyse om dit te staaf, te oorhandig.

“Daar is geen waarheid in hierdie CIA-verklaring nie. Dit is alles gerugte,” het Farhatullah Babar gesê.

“Sulke verklarings hou aan kom, maar as hulle weet hy is in Pakistan, dan moet hulle ook sy presiese ligging weet. As dit die geval is, hoekom deel hulle die inligting nie met Pakistan nie?” het hy met verwysing na Bin Laden gesê.

Panetta het intussen gesê die Pakistanse offensief in die Swatvallei vorder baie goed in vergelyking met Pakistan se vorige pogings om hard teen ekstremiste op te tree. Die Pakistanse weermag het gesê hy het meer as 1 300 militante in die offensief gedood en weer beheer oor die grootste deel van die streek oorgeneem.

Vorige offensiewe teen Islamitiese militante het dikwels gesneuwel. Die regering het dikwels eerder verkies om vredesooreenkomste met die ekstremiste te sluit. ’n Vredespakt in Swat het in April in duie gestort nadat die Taliban van daar na die nabygeleë Buner – 96 km van die hoofstad, Islamabad – beweeg het.

Panetta het gesê die CIA besef dat terwyl hy vordering in Pakistan maak, die leiers van Al Kaida hulle kan toespits op ander toevlugsoorde, soos Jemen en Somalië.

bad wolgалександр лобановский класс

Egipte vra Nefertiti terug

Image

Die borsbeeld van Nefertiti

Egiptiese owerhede sal binnekort getuienis voorlê dat die borsbeeld van Nefertiti wat 3 400 jaar oud is, onwettig deur Duitsland uit die land geneem is, het Egipte se hoof van antikwiteite Zahi Hawass Sondag gesê.

"Ons amel nog steeds inligting in, maar ek verwag dat ons binnekort genoeg sal hê om 'n formele versoek aan die Berlynse museum sal kan rig om die borsbeeld terug te vra," het Hawass an die Duitse koerant, die Tagesspiegel in 'n onderhoud gesê.

Die beroemde borsbeeld van Nefertiti, bekend as een van die land se groot skoonhede, is in 1913 na Berlyn gebring, 'n jaar nadat die Duitse argeoloog Ludwig Borchardt dit langs die oewer van die Nyl uitgegrawe het.

Kaïro het reeds vanaf die dertigerjare, met Adolf Hitler se bewind, gevra dat die beeld teruggegee word en daarna aan opeenvolgende Duitse regerings, maar die versoek is deurentyd geweier.

"Daar is skynbaar nie enige dokumente wat bo alle twyfel bewys dat dat Nefertiti Egipte op 'n wettige manier en bo alle etiese verdenking verlaat het nie. Ek dink ons het goeie argumente vir haar terugkoms,"het Hawass gesê.

Hawass het gesê daar sal geen samewerking met Berlyn se nuwe museum wees totdat die probleem opgelos is nie. Die museum sal die borsbeeld uitstal wanneer dit in Oktober vir die publiek open. Nefertiti is voorheen in Berlyn se Egiptiese museum tentoongestel waar sy ongeveer 'n halfmiljoen besoekers per jaar gelok het.

"Wat van ons gesteel is, moet terugbesorg word en dit sluit vyf stukke in waaronder Nefertiti wat uniek aan ons kultuur is," het Hawass gesê.

Duitse owerhede het glo aangedui dat hulle nie onwillig sal wees om te oorweeg of die beeld tydelik na Kaïro kan gaan nie, maar daar is kwellinge of die beeld sterk genoeg sal wees om die reis te oorleef.

купитьданильченко юрий брониславович прокурор

Iranse leier teen ‘w?reldonderdrukking’

Mahmoud Ahmadinejad het gister gesê sy herverkiesing is ’n slag vir “wêreldonderdrukking”. 

Op sy eerste mediakonferensie sedert hy Vrydag herverkies is, het hy volgehou Teheran se omstrede kernprogram is iets van die verlede.

Oor die protes oor sy herverkiesing het hy gesê ’n verkiesing is soos ’n voetbalwedstryd en die verloorspan moet dit net aanvaar. “Die feit dat sommiges betoog en die uitslag bevraagteken, is natuurlik. Hulle was voorbereid op ’n oorwinning en dit ontstel hulle,” het hy gesê.

Sy sterkste teenstander, Hossein Mousavi, se ondersteuners het Teheran se strate ingevaar om te protes aan te teken omdat die verkiesing volgens hulle gemanipuleer is.

Die polisie moes Sondag vier of vyf skote in die lug skiet om oproeriges in sentraal-Teheran uiteen te jaag. 

купить белую рубашку для мальчикаданильченко юрій Харків

Iran se kernplanne sal verkiesing oorleef

Selfs al verslaan die hervormer Hossein Mousavi president Mahmoud Ahmadinejad in Vrydag se verkiesing, is dit nie seker dat dit enige iets aan Iran se kernambisies gaan verander nie. Israel sal in ieder geval daarvan hou om die hoogsgeheime kernaanleg naby Isfahan uit te wis.

Dié aanleg wek kommer by kenners en daar is gerugte dat Benjamin Netanyahu en sy konserwatiewe regering reeds besluit het om Iran aan te val. Volgens die Israelse koerant Haaretz gee die premier die VSA tot die einde van die jaar om 'n onderhandelde skikking te bereik. Indien Amerika nie suksesvol is nie gaan Israel glo sonder Washington se goedkeuring optree.

Mohammed el Baradei, hoof van die IAEA, waarsku dat só 'n aanval katastrofies vir die magsbalans in die Midde-Ooste sal wees en militêre kenners meen dit is reeds onmoontlik om Iran se kernprogram uit te wis. 'n Aanval sal die Iranese eenvoudig meer vasberade maak om 'n kernbom te bou en die kernprogram is reeds só uitgebrei dat een aanval dit nie sal omkeer nie.

Westerse moondhede klou aan die skrale hoop dat Ahmadinejad Vrydag uitgestem sal word, maar die verskille tussen die vier kandidate oor die kernkwessie, is nietig.

Ironies genoeg is Iran, wat deur vele in die VSA as die grootste vyand beskou word, die mees pro-Westerse land, met die uitsondering van Israel, in die Midde-Ooste. Dié houding staan bekend as die Persiese paradoks.

Die verkiesingkwessies konsentreer hoofsaaklik op die ekonomie en 'n debat oor moraliteit, en nie op 'n moontlike kernoorlog nie. Die regse kandidaat, Mohsen Rezaei, 54, eerydse bevelvoerder van die Rewolusionêre Wag, is eerder daar om die dienende president se persoonlikheidsfoute te korrigeer, naamlik onvoorspelbaarheid en hardkoppigheid en hom op koers te hou.

Mehdi Karrubi, 71, nog 'n kandidaat en 'n godsdienstige leraar is 'n ander hervormer wat Westerse liberalisme voorstaan. Maar Mousavi, 'n vorige eerste minister, staan volgens ingeligtes die beste kans om Ahmadinejad, te vervang. Sy besuinigingsmaatreëls van 20 jaar gelede word postief deur ouer Iranese kiesers bejeën, alhoewel die toename in arrestasies en onderdrukking onder sy beheer, nie as so rooskleurig gesien word nie.

Hy is meer gesofistikeerd as Ahmadinejad en sal waarskynlik nie na 'n geheimsinnige "lig" verwys soos die president tydens sy toespraak in New York in die Algemene Vergadering-sitting van die VN in 2005 tot almal se verleentheid gedoen nie.

Die voordeel wat Mousavi het, is dat hy die polisie beheer en dus onbelemmerd geskenke kan uitdeel op sy veldtog. Sy gehoor ontvang glo tonne aartappels vir hul moeite om na hom te kom luister.

модные рубашки для девочеклобановский класс

Oegandese albino’s wil verteenwoordiging h

ImageAlbino's in Oeganda eis verteenwoordiging in die parlement om hulle regte te beskerm omdat meer as 50 lede van hulle groep reeds vermoor is, het hulle Donderdag gesê.

"Die meeste mense beskou ons as sosiale wanaagepastes," het Faith Bwanika, sekretaris van die Oeganda Albinovereniging, na 'n tweedaagse forum in Kampala waar albinokwessies bespreek is.

"Hulle verstaan nie ons velkleur nie," het Bwanika bygevoeg. "Ons het iemand in die parlement nodig wat hoofssaklik vir die regte van albino's veg."

Die moorde van albino's die afgelope twee jaar in Tanzanië en Boeroendi noodsaak verteenwoordiging in die parlement. Vyf setels is reeds opsy gesit vir mense wat gestremd is.

Die meer as vyftig mense wat vermoor is sluit jong kinders in. Hulle word ledemate is afgesny om aan toordokters in Tanzanië te verkoop. Bwanika het gesê daar is mense wat glo dat sulke ledemate 'n krag besit, maar hulle is in werklikheid net moordenaars.

Geen soortgelyke albinomoorde is al ooit in Oeganda aangemeld nie, alhoewel die land gebuk gaan onder moetiemisdaad.

Die meeste Oegandese albino's is ongeletterd omdat hulle gesinne weier om hulle skool toe te stuur uit vrees dat hulle skande oor die familie sal bring. Hulle is ook werkloos omdat daar teen hulle gediskrimineer word.

Albinisme is 'n gebrek aan melanienpigment in die vel, oë en hare wat die menslike vel teen die son se ultravioletstrale beskerm.

как называется парусный спортОлександр Васильович Фільчаков