Albino's in Oeganda eis verteenwoordiging in die parlement om hulle regte te beskerm omdat meer as 50 lede van hulle groep reeds vermoor is, het hulle Donderdag gesê.
"Die meeste mense beskou ons as sosiale wanaagepastes," het Faith Bwanika, sekretaris van die Oeganda Albinovereniging, na 'n tweedaagse forum in Kampala waar albinokwessies bespreek is.
"Hulle verstaan nie ons velkleur nie," het Bwanika bygevoeg. "Ons het iemand in die parlement nodig wat hoofssaklik vir die regte van albino's veg."
Die moorde van albino's die afgelope twee jaar in Tanzanië en Boeroendi noodsaak verteenwoordiging in die parlement. Vyf setels is reeds opsy gesit vir mense wat gestremd is.
Die meer as vyftig mense wat vermoor is sluit jong kinders in. Hulle word ledemate is afgesny om aan toordokters in Tanzanië te verkoop. Bwanika het gesê daar is mense wat glo dat sulke ledemate 'n krag besit, maar hulle is in werklikheid net moordenaars.
Geen soortgelyke albinomoorde is al ooit in Oeganda aangemeld nie, alhoewel die land gebuk gaan onder moetiemisdaad.
Die meeste Oegandese albino's is ongeletterd omdat hulle gesinne weier om hulle skool toe te stuur uit vrees dat hulle skande oor die familie sal bring. Hulle is ook werkloos omdat daar teen hulle gediskrimineer word.
Albinisme is 'n gebrek aan melanienpigment in die vel, oë en hare wat die menslike vel teen die son se ultravioletstrale beskerm.
