VSA troef Iran met Twitter

Image

Die Amerikaanse regering het ontken dat hulle in Iran se verkiesing ingemeng het met behulp van die netwerk Twitter.

Maandagmiddag het 'n amptenaar van die State Department, die departement van buitelandse sake, Jared Cohen, 'n e-pos aan Twitter gerig om te vra dat die netwerk nie onderhoud aan hulle wêreldwye net doen nie, omdat Iranese inligting oor die verkiesing en die teenkanting teen die uitslag daarop uitruil.

Die VSA, sê adjunk-buitelandse sekretaris vir openbare aangeleenthede P.J. Crowley, "het 'n belangrike rol om te speel op hierdie kritieke tydstip in Iran".

Iran is die wêreld se vyfde grootste olieprodusent en is betrokke by ’n langdurige kernwapengeskil met Amerika en Israel. Gevolglik geniet die protesaksie aandag in die VSA.

 
Rusland het egter die herverkose Iranse president Dinsdag in Ekaterinaburg verwelkom en hulle van die opposisie in Teheran, wat skielik Engels as voertaal verkies, ook op plakkate in die stad, gedistansieer. 
 
Twitter het gehoor gegee aan die versoek en hulle opgradering van die netwerk laat oorstaan tot laat Dinsdagmiddag, Woensdag in Teheran, omdat die eienaars die "belangrike rol wat Twitter as kommunikasiemiddel in Iran speel", erken.

Die departement het gesê dit verteenwoordig nie inmenging in 'n buitelandse moondheid se interne sake nie, omdat die versoek drie dae ná afloop van die verkiesing gerig is aan Twitter.

Crowley het gesê dit is in lyn met dei VSA nasionale beleid om vryheid van spraak aan te moedig. Inligting moet aangewend word om vryheid van spraak te bevorder, het hy gesê.

Hillary Rodham Clinton gebruik toenemend die uitdrukking "e-diplomasie" en verwys na die krag daarvan. Die Obama-administrasie beskou kennelik die internet se sosiale netwerke as 'n nuwe pyl in hulle diplomatieke koker.

Cohen, wat aan Stanford Universiteit studeer het, was verlede maand met 'n Amerikaanse afvaardiging in Bagdad om Twitter aan Irak te verkoop "om die land se inligtingsnetwerk te herbou". Hy is 'n spesialis van Twitter en Facebook.

Mir Hussein Moussavi, Iran se grootste opposisiekandidaat, het blykbaar Facebook gebruik om sy ondersteuners op hoogte van sy bedrywighede te hou.

Twitter word glo gebruik om insidente van polisieoptrede teen betogers en die Withuis se ontleding van die situasie rond te stuur omdat die owerhede in Iran selfoonteksboodskappe geblokkeer het

Alhoewel die regering ook probeer het om die Twitter te sluit, het internetgebruikers blykbaar maniere gevind om die versperring te omseil.

Die buitelandse media in Iran is Dinsdag amptelik verbied om hul kantore te verlaat – wat hulle verhoed om verslag te doen oor betogings teen die onlangse verkiesingsuitslae.

Die ministerie van kultuur het gesê joernaliste werk steeds uit hul kantore, maar alle akkreditasie vir die buitelandse media is gekanselleer.

“Geen joernalis mag verslag doen, filmopnames maak of foto’s in die stad neem nie,” het ’n amptenaar gesê. Die aankondiging kom nadat minstens sewe mense reeds oor drie dae in straatbetogings dood is.

Die verslane presidentskandidaat Mirhossein Mousavi sou gister ’n byeenkoms hou om, volgens hom, sy ondersteuners se lewens te beskerm. Ondersteuners van pres. Mahmoud Ahmadinejad het intussen ’n byeenkoms by dieselfde terrein beplan om Mousavi te troef.

бензиновый генератор какой выбратьФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae