Israel stel voorwaardes vir Palestynse staat

Image

Benjamin Netanyahu, eerste minister van Israel

Die Israelse premier Benjamin Netanyahu het aangekondig dat hy 'n Palestynse staat sal steun – maar net as dit geheel en gedemilitariseer is.

Hy het gesê dat 'n Palestynse staat geen weermag of beheer oor sy lugruim moet hê nie, asoog geen manier om wapens te smokkel nie.

In 'n baanbrekertoespraak slegs enkele weke nadat die Ameriaanse president hom gevra het om 'n tweestaatplan te aanvaar, het hy gesê dat die Palestyne Israel as Joodse staat moet aanvaar.

Palestynse leiers het negatief gereageer en hom daarvan beskuldig dat hy die vredesplanne saboteer.

Setlaars 'geen vyande'

Die Withuis het gesê dat president Barack Obama mnr Netanyahu se "instemming" tot 'n tweestaatoplossing as 'n "belangrike stap vooruit" verwelkom.

Mnr Netanyahu het 'n nuwe terrein geopen deur die beginsel van 'n gedemilitariseerde Palestynse staat, al is dit voorwaardelik, te aanvaar.

Maar die vraag is of die Withuis dit as afdoende sal aanvaar om vir die gebrek aan enige toegewings oor die kwessie van Joodse vestigings op die besette Wesoewer te vergoed.

In sy belangrike Midde-Oosterse toespraak in Kaïro op 4 Unie het mnr. Obama beklemtoon dat hy wil hê dat alle vestigingsaktiwiteit moet ophou.

Maar in sy toespraak by Bar-Ilan-universiteit het mnr. Netanyahu gesê setlaars is nie "die vyande van vrede" nie en het nie afgewyk van sy standpunt dat "natuurlike groei" in bestaande vestigings toegelaat behoort te word nie.

Netanyahu het aan die Palestyne gesê dat Israeli's met hulle in vrede as goeie bure wil saamleef. Hy is bereid om na Damaskus, Rijaad en Beiroet te reis ten einde 'n midde-oosterse vredesooreenkoms te verkry.

Hy het verwys na die groot struikelblokke in onderhandelings met Palestyne oor die jare, waaronder die kwessie van Palesgtynse vlugtelinge wat in 1948 en 1949 vanuit die huidige Israel gevlug of uitgesit is.

Die Palestyne beweer dat hulle en hul miljoene nakomelinge oor 'n terugkeerreg na Israel beskik – wat 'n einde aan die Joodse meerderheid sou beteken – maar Israel het daardie versoek nog altyd konsekwent verwerp.

Netanyahu het 'n soortgelyke standpunt ingeneem deur te sê: "Die Palestynse vlugtelingprobleem moet buite die grense van die staat Israel opgelos word.

"Enige eis om vlugtelinge binne Israel te hervestig ondergrawe Israel as 'n staat vir die Joodse volk."

Nog 'n sleutelkwessie waaroor die twee kante nie ooreen kan stem nie, is die status van Jerusalem.

Mnr. Netanyahu het daarop aangedring dat die stad die "verenigde hoofstad van Israel" moet wees, hoewel Palestyne dit verdeel wil sien sodat hulle die hoofstad van 'n toekomstige staat daar kan maak.

'Rassisties en ekstremisties'

Nabil Abu Rdaina, 'n woordvoerder vir die Palestynse Owerheidspresident Magmoed Abbas, het gesê die toespraak van die Israelse leier "torpedeer alle vredespogings in die streek".

Nog 'n Abbas-sekretaris, Jasser Abed Rabbo, het aan Agence France Presse gesê dat die erkenning van Israel se Joodse aard 'n eis aan die Palestyne is om "deel van die globale Sionistiese beweging te raak".

Die militante Hamasbeweging, wat die Gasastrook beheer, het gesê die toespraak weerspieël mnr. Netanyahu se "rassistiese en ekstremistiese ideologie".

fruit warpАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae