Die Indiese premier, Manmohan Singh, wat die leier van Pakistan vir die eerste keer sedert verlede jaar se Moembai-aanvalle ontmoet het, het hom gevra om te verseker dat militante nie vanuit Pakistanse grondgebied opereer nie.
“Ek is bly om u te kan ontmoet, maar my mandaat is om vir u te sê dat die grondgebied van Pakistan nie vir terreur gebruik moet word nie,” het Singh aan president Asif Ali Zardari gesê in ’n ontmoeting by ’n Sjanghai-samewerkingsberaad in Rusland.
Sy streng woorde dui daarop dat daar geen dramatiese deurbraak in betrekkinge tussen Indië en Pakistan sal wees nie.
Die VSA is gretig om te sien dat bande tussen dié lande verbeter sodat die spanning in die streek, wat Afganistan insluit, kan afneem.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.