‘n Vlieguig onderweg na George moes gistermiddag ‘n noodlanding uitvoer op die Bloemfonteinse lughawe, wat deesdae na die kommunistiese leier Bram Fishcer, vernoem word, volgens die Lughawemaatskappy van Suid-Afrika. “‘n SA Express-vliegtuig was op pad George toe die OR Tambo- internasionale lughawe af toe dit ‘n probleem ervaar het en na die Bram Fischer- internasionale lughawe
Britse regering pas instromingsbeheer toe terwyl kritiek van ‘ rassisme’ woed
Die Britse regering is besig om naarstiglik instromingsbeheer teen nie-blanke immigrante toe te pas terwyl kritici hom van “rassisme” beskuldig. Die eerste minister, David Cameron, het reeds verskeie kere neerhalend na voornemende immigrante wat die Mou by Calais probeer oorsteek as “swerms” verwys. Die Verenigde Koninkryk se hoofdiplomaat, die minister van buitelandse sake Philip Hammond,
Lees verder: Britse regering pas instromingsbeheer toe terwyl kritiek van ‘ rassisme’ woed
Aanslag teen Al-Sjabaab verskerp
‘n Gesamentlike aanslag van die Somaliese weermag en magte van die Afrika-Unie is op die Al-Sjabaab-vesting, Kismayo, toegespits. Die terreurgroep verdien glo aansienlike bedrae uit heffings en belastings omdat hulle die hawe van Kismayo beheer. Regeringsamptenare het die week gesê die gesamentlike magte is besig om verdere druk op die Al-Sjabaab- vesting toe te pas.
Libië beloof ondersoek na tronkmarteling
Die minister van justisie in die Tripoli-regering, Mustafa al-Kulaib, het Maandag die gevangenis in Tripoli besoek waar die seun van oudleier Moeammar Ghaddafi aangehou word. Die besoek volg nadat ’n menseregte-organisasie ’n ondersoek oor die mishandeling van gevangenes in die Al-Hadba-gevangenis aangevra het, het AFP berig. Die versoek spruit uit ’n ongedateerde video wat vroeër
Jeb Bush kla dat Hillary nie oorlogsugtig genoeg is nie
Die voormalige goewerneur van Florida, Jeb Bush, sê “hernude Amerikaanse leierskap” is in die Midde-Ooste nodig om die militante Islamitiese Staat-groep (ISIS) en ’n ideologie wat die “fokus van boosheid in die moderne wêreld is”, te verslaan. “Die bedreiging van ’n globale jihad en ISIS in die besonder, vereis al die krag, eenheid en selfvertroue
Lees verder: Jeb Bush kla dat Hillary nie oorlogsugtig genoeg is nie
Honderde veevrektes na droogte Ethiopië tref
Seisoenale reën het vanjaar nie in sommige dele van Ethiopië geval nie en die dood van groot getalle vee en ander diere veroorsaak. Die regering sê nog nie dat dele van die noorde, noordooste en ooste van Ethiopië droogtegeteister is nie, maar die impak het reeds sy tol geëis. ‘n Ooggetuie het aan AP gesê
President dank twee ministers af wat kla oor nuwe termyn
Reuters berig dat president Dennis Sassou Nguesso van die Republiek van Kongo twee ministers afgedank het wat gekant is teen voorgestelde grondwetlike wysigings om vir hom ’n verdere termyn as president moontlik te maak. Die 71-jarige Sassou Nguesso regeer al vir 31 jaar die olie-ryke Kongo. Volgens die huidige grondwet is hy tot twee termyne
Lees verder: President dank twee ministers af wat kla oor nuwe termyn
Nuwe Rwandese grondwet sal president drie termyne gee
Rwandese wetgewers het ná landwye konsultasies bevind net tien mense is gekant teen moontlike grondwetlike wysigings om pres. Paul Kagame ’n derde termyn as president te gee. Luidens ’n verslag wat die week bekend gemaak is, het meer as 3,7 miljoen mense, meer as 60% van kiesers, ’n petisie onderteken om die grondwet te verander,
Lees verder: Nuwe Rwandese grondwet sal president drie termyne gee
Rand daal verder
Die Suid-Afrikaanse rand het vanoggend verder gedaal en verhandel tans teen R12,8259 teen die VS-dollar en teen R14,2814 teen die euro. Die rand se swakheid word onder andere vergerger deur die daling in die Chinese juan wat gister met 1,9% deur die Volksbank van Chine gedevalueer is. Vanoggend is die geldeenheid met ‘n verdere 1,6%
Vier swart spelers ingesluit by Springbokspan
Die Springbok-afrigter, Heyneke Meyer het vier swart spelers ingesluit in die begin vyftiental vir Saterdag se toets teen Argentinië, het RSG berig Meyer is die afgelope paar dae onder druk weens beskuldigings van gebrekkige transformasie in die nasionale span. Meyer het verskeie veranderinge aan die span aangebring wat verlede week teen die Puma’s verloor het.
