Die minister van justisie in die Tripoli-regering, Mustafa al-Kulaib, het Maandag die gevangenis in Tripoli besoek waar die seun van oudleier Moeammar Ghaddafi aangehou word.
Die besoek volg nadat ’n menseregte-organisasie ’n ondersoek oor die mishandeling van gevangenes in die Al-Hadba-gevangenis aangevra het, het AFP berig.
Die versoek spruit uit ’n ongedateerde video wat vroeër die maand op ’n Arabiese webtuiste gepubliseer is, waarin gesien kan word hoe tronkbewaarders gevangenes, insluitende Saadi Ghaddafi, aanrand.
Al-Hadba is onder die beheer van die Fajr Libya-milisiekoalisie wat verlede jaar Tripoli ingeneem het en die internasionaal erkende regering, waarvan die hoofkwartier in die ooste van die land is, teenstaan.
Kulaib het gesê hy veroordeel die swak behandeling van gevangenes, maar het bygevoeg dat slegs “geïsoleerde voorvalle” plaasgevind het waarna ondersoek ingestel sal word.
Kulaib het Saadi, Ghaddafi se derde oudste seun, en Ghaddafi se laaste eerste minister, Al-Baghdadi al-Mahmoedi, tydens die besoek ontmoet.
In Julie het ’n hof nog ’n seun van Ghaddafi, sy sogenaamde troonopvolger, Seif al-Islam, en agt ander van sy volgelinge, insluitende Mahmoedi, ter dood veroordeel vir misdade wat tydens die 2011-opstand begaan is.
Seif al-Islam, wat ook deur die internasionale strafhof gesoek word, is in absentia verhoor omdat hy aangehou word deur ’n milisiegroep wat die owerhede in Tripoli teenstaan.
Sy broer Saadi is in Maart 2014 deur Niger uitgelewer, waar hy toevlug ná die 2011-opstand gesoek het.
Drie van Ghaddafi se sewe seuns is in die opstand dood. Ghaddafi self is in Oktober 2011 deur pro-Amerikaanse rebelle gevang en doodgemaak.
Sedert die opstand is Libië in chaos gedompel. Die land het nou twee parlemente en twee regerings wat om mag meeding en ’n horde gewapende groepe wat veg om beheer oor die land se ryk oliebronne te kry.

Libie was vooruitstrewend, voordat die gemors op die troon en haar skoothond, VSA, die land in n demokrasie in gebom het. Nou is dit so “demokraties” dat die ou met die grootste geweer die dorp of area beheer. Kyk, dit is n voldonge feit dat Gaddafi met Hillary in kompetisie was oor wie die lelikste persoon op aarde was………. Gaddafi was goed vir sy mense en het die hulpbronne gebruik om sy land te laat groei, nie soos Wydkyk en sy mafia wat net hulle eie gatsakke vol stop nie. Smaak my daar is n Pollyfilla te kort in Libie.
Wonder of die wereldhof en menseloosregte ook “Wydkyk” gaan ondersoek vir sy wandade in die Quatro kamp……?
Al die ‘Westerse’ instellings is verlengstukke van Shell, BP en Exxon. Al die oorlog in Afrika waarvoor ons moet betaal met AU troepe is vir hulle binnevet.
G …spot on!!!!
Oligarchs wat Oligarchs beskerm, MAFIA, sien om na die MAFIA
This is how you stop wars in Africa: https://www.youtube.com/watch?v=uJBFAAJXH4c
Vestas is famous for promising 97.5% uptime reliability to local governments, then at 4 years of age, as the transmissions require more maintenance, cutting corners to avoid the percent downtime that results (see Illinois as an example). These are nothing more than wind driven automobiles that need more and more servicing once they are 4+ years old. Only these automobiles can fling an 80 m blade at you from one heck of a distance. One 35 ft long blade just missed a farmer’s house. Pebble reactors are a lot safer than the old nuclear reactors, and are a lot easier to maintain over time.
On 12 January 2012, at the First Scientific Congress on Wind Energy and Wildlife Conservation in Jerez de la Frontera, Spain, the Spanish Society of Ornithology (SEO/Birdlife) made public its estimate that, yearly, Spain’s 18,000 wind turbines may be killing 6 to 18 million birds and bats. The average per turbine comes down to 333 – 1,000 deaths annually, which is a far cry from the 2 – 4 birds claimed by the American wind industry, or the 400,000 birds a year estimated by the American Bird Conservancy for the whole United States, which has about twice as many turbines as Spain.