Oostenryk se regses verloor na skietery verlinkses red

Oostenryk het byna die eerste Europese Unie-lidland geword wat ‘n ver-regse staatshoof verkies het, maar ‘n skietery het dit verhoed. Voorlopige uitslae láát Sondag het Norbert Hofer van die Vryheidsparty (FPO) ‘n voorsprong van 3,8 persentasiepunte gegee. Maar drie mense is dood by ‘n konsert in die dorp Nenzing in die weste van Oostenryk terwyl

Lees verder: Oostenryk se regses verloor na skietery verlinkses red

Polisie skiet oproerige in Oos-Kaap dood

‘n Betoger is naby Mount Ayliff in die Oos-Kaap dood tydens hernude oproer. Die slagoffer was na bewering deel van ‘n groep oproeriges wat die R-61 tussen Magusheni en Fort Donald versper en die polisie aangeval het. Die betogers eis elektrisiteit, padinfrastruktuur en die voorsiening van water en sanitasie. ‘n Polisiewoordvoerder sê die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat

Lees verder: Polisie skiet oproerige in Oos-Kaap dood

Twee Rooi Miere gedood in uitsettingsgeweld

‘n Uitsettingsoperasie buite Pretoria het dodelik geëindig toe duisende plakkers slaags geraak het met Rooi Miere. Minstens twee is dood en ses ernstig beseer. Plakkers uit Suurman, buite Hammanskraal, het busse aan die brand gesteek asook vragmotors, en paaie met rommel en brandende bande afgesper. Drie busse is uitgebrand en inwoners het parte van die

Lees verder: Twee Rooi Miere gedood in uitsettingsgeweld

Zuma verstewig greep op KZN

Ondersteuning vir President Jacob Zuma bly sterk, veral onder sy eie etniese groep. Zuma se greep op sy tuisprovinsie is verder verstewig ná KwaZulu-Natal se premier, Senzo Mchunu, sy bedanking aangekondig het en ‘n bondgenoot van die president se Willies Mchunu, oorgeneem het. Die twee is nie verwant nie. Ander lede van die Mchunu-kabinet wat

Lees verder: Zuma verstewig greep op KZN

Withuis-skietery: Man kritiek

Veiligheidsmaatreëls by die Withuis in Washington is Vrydag tydelik verskerp ná ’n skietvoorval in die omgewing. ‘n Amerikaanse wetstoepassingsbeampte het gesê owerhede het die gewapende man geïdentifiseer as Jesse Oliveri (30) van Ashland, Pennsylvania. Pres. Barack Obama was nie ten tyde van die voorval tuis nie en geen van sy personeel is beseer nie, het

Lees verder: Withuis-skietery: Man kritiek

Taliban-leier gedood

Amerika het Saterdag ’n lugaanval op die Afgaanse Taliban uitgevoer en dié groep se leier het vermoedelik gesterf toe die voertuig waarin hy gery het, raakgeskiet is. Die aanval is in ’n afgeleë gebied in Pakistan naby die grens tussen dié land en Afganistan uitgevoer, het Reuters berig. Indien bevestig word dat die Talibanleier in

Lees verder: Taliban-leier gedood

Twee Moslems in Ficksburg oorval

‘n Moslempa en sy seun wat ernstig beseer is tydens ‘n huisroof in Ficksburg is steeds in ‘n kritieke toestand in die Dihlabeng-hospitaal in Bethlehem. Die Vrystaat se polisiewoordvoerder, Phumelelo Dhlamini, sê Yunus Suleman en sy 21-jarige seun Ayaaz het beide skietwonde aan die maag opgedoen toe hulle in hul huis in Ficksburg aangeval is.

Lees verder: Twee Moslems in Ficksburg oorval

Vegetariër dood op Everest

‘n Suid-Afrikaans-gebore vegetariër is een van drie klimmers wat dood is nadat ‘n aantal bergklimmers op die berg Everest siek geword het. Amptenare in Nepal sê bykans 30 bergklimmers het siek geword, grootliks van vriesbrand. Die lug naby die piek is so dun dat selfs met aanvullende suurstof, is elke minuut wat ‘n klimmer spandeer

Lees verder: Vegetariër dood op Everest

Herrie oor minister vrou glo na SA smokkel

Die ministerie van Verdediging het berigte ontken dat die minister, Nosiviwe Mapisa-Nqakula ‘n jong vrou van Burundi met ‘n vervalste paspoort op ‘n staatsvliegtuig in die land ingesmokkel het. Volgens die Sunday Times het die minister in Januarie 2014 haar invloed gebruik om te verseker dat Michelle Wege uit aanhouding vrygelaat word, het RSG berig.

Lees verder: Herrie oor minister vrou glo na SA smokkel

Trump sal met Kim praat

Donald Trump is bereid om met Noord-Korea se leier, Kim Jong-oen, te praat in ’n poging om ’n einde te bring aan Noord-Korea se kernkragambisie, het die Republikeinse Party se aangewese presidentskandidaat, Woensdag gesê. Trump (69) het nie besonderhede verskaf van sy beleid teenoor Noord-Korea sou hy tot Amerikaanse president verkies word nie. Ontleders meen

Lees verder: Trump sal met Kim praat