Vegetariër dood op Everest

‘n Suid-Afrikaans-gebore vegetariër is een van drie klimmers wat dood is nadat ‘n aantal bergklimmers op die berg Everest siek geword het.

Amptenare in Nepal sê bykans 30 bergklimmers het siek geword, grootliks van vriesbrand.

Die lug naby die piek is so dun dat selfs met aanvullende suurstof, is elke minuut wat ‘n klimmer spandeer in die “doodsone” bo 7900 meter ‘n tikkende tydbom met die liggaam wat effektief besig is om te sterf.

Die 34-jarige Marisa Strydom, wat in Suid-Afrika gebore is maar in Melbourne, Australië woon, is met die afkom van die berg dood. Strydom het glo hoogtesiekte opgedoen.

Strydom se afsterwe is deur die Monash-universiteit in Melbourne bevestig waar sy klasgee.

Vrydag is die Nederlandse bergklimmer, Eric Arnold oorlede nadat hy die kruin bereik het. Hy en Strydom was in dieselfde groep.

Strydom se suster, Aletta Newman, het te velde getrek teen die Nederlandse bergklimmaatskappy wat nie die familie van die dood verwittig het nie.

Strydom, ‘n oud-Pretorianer, het 400m van die spits Saterdag, omgedraai omdat Strydom swak gevoel het. Sy het glo ophou asemhaal.

Robert Gropel, haar eggenoot en ‘n veearts, was in ‘n kritieke toestand en is die berg af op ‘n slee.

Strydom het verloof geraak aan Gropel in 2009 op ‘n reis na Aconcagua in Argentinië as deel van haar droom om die sewe hoogste pieke op die sewe kontinente te bereik.

Sy het Kilimanjaro saam met Gropel in 2014 bestyg. Die span het ook voorheen Denali in Alaska en die berg Ararat in die ooste van Turkye uitgeklim.

Beide was streng vegetaries wat geen diereprodukte gebruik het nie en was vasbeslote om te wys “dat vegetariërs enigiets en meer kan doen”.

Meer as 350 bergklimmers het al hierdie maand Everest se piek van die Nepal-kant bereik, terwyl talle van Tibet se kant af klim.

‘n Indiese bergklimmer is die derde persoon wat die afgelope paar dae op die Berg Everest dood is.

Die Indiese man is oornag dood terwyl Sherpa-gidse hom by die berg afgehelp het.

Die klimmers moet besonder duur betaal vir die voorreg om te kan klim.

11 thoughts on “Vegetariër dood op Everest”

      1. Dankie oom Ray … waardeer die goue sterretjie opreg! Kan ek asb ook ‘n Disqus opmerkie kry? Sal beslis vir my mamma wys.

        Terwyl dit lyk of jy iets van wiskunde weet – (op http://praag.co.za/?p=38308 “Die enigste gelykheid wat ooit sal bestaan is ‘n gelykheid in wiskunde.” ) wil ek jou ‘n wiskundige vragie vra. Die verhouding van 480:355 versus 1929:5899 … wat kan jy daarvan aflei?

        1. Oom Rifrug was ook op die keurings paneel wat ‘n nuwe sekretaresse vir UOVS se wiskunde departement moes kies tussen ‘n klomp kandidate.
          Toe kies hulle die een met die mooiste tieties.
          [Dis ‘n waar storie – belowe]

    1. Die dooie klimmer se eie logika gewees! Slegte plan om te gaan vir sulke soort idees. Die klim is te woes. Die Strydom vrou se liggaam gaan daar bly soos al die ander wat dit nie gemaak het nie. Sy sal die herinnering wees van slegte dieet.

    2. Blote observasie behoort voldoende te wees. ‘n Dametjie wat saam met my op varsity was, het in een van haar selfontdekkings-identiteitsreise hierdie roete aangedurf, net om later ineen te stort weens o.a. ‘n akute ystertekort. Homo sapiens is omnivories, en niks wat die hasie-drukkie bende kwytraak kan dit verander nie.

Maak 'n opvolg-bydrae