praag.co.za

Zuma verstewig greep op KZN

Written by

in

,

Ondersteuning vir President Jacob Zuma bly sterk, veral onder sy eie etniese groep.

Zuma se greep op sy tuisprovinsie is verder verstewig ná KwaZulu-Natal se premier, Senzo Mchunu, sy bedanking aangekondig het en ‘n bondgenoot van die president se Willies Mchunu, oorgeneem het.

Die twee is nie verwant nie.

Ander lede van die Mchunu-kabinet wat na verwagting die trekpas sou kry, is behou in nie provinsiale regering.

Die provinsie se ANC-ondervoorsitter en LUR vir vervoer, gemeenskapsveiligheid en skakeling het Maandagaand die leisels oorgeneem.

Die ANC sê Mchunu is gekies vir sy “senioriteit, ervaring en vaardighede wat hy gedemonstreer het in die regering en ons beweging”.

Senzo Mchunu sy bedanking aangekondig ná ‘n vergadering met provinsiale leierskap van die ANC Vrydag, waartydens hy die trekpas gegee is.

Die premier, voorheen ‘n stoere bondgenoot van president Jacob Zuma, het sy setel as provinsiale voorsitter verloor teen Sihle Zikalala in November en sedertdien het Zikalala se ondersteuners hulself openlik beywer om Mchunu te verwyder as premier.

Zikalala en Zandile Gumede as voorsitter van die streek eThekwini met 103 takke, is bekende Zuma-ondersteuners.

Comments

One response to “Zuma verstewig greep op KZN”

  1. Mattewis Kat Avatar
    Mattewis Kat

    Afdoende bewys dat Afrika-demokrasie ‘n klug is. Inboorlinge stem agter hulle velkleur en etnisiteit aan. Hulle het bloot geen saak met die arbeidsvrug van die kandidate waarvoor hulle stem nie. Indien die Weste hulle uit Afrika sake gehou het, sou die uiteinde deur hierdie inherent self-korrektiewe proses heel waarskynlik glad nie so erg gewees het nie, na gelang uitwissing van die demokrasie-deelnemers deur hul “leiers” se katastrofiese bestuur die natuurlike gevolg sou wees.

Leave a Reply