China kondig infrastruktuurprojekte in Guinee-Bissau aan

Die aankondiging dat China vier groot infrastruktuurprojekte, insluitend die oprigting van ‘n presidensiële woning, in Guinee-Bissau sal onderneem, kom te midde van nuwe politieke onrus.

Dié Wes-Afrika-land het sedert onafhanklikheid van Portugal in 1974 nog nie een president gehad wat sy verkose termyn voltooi het nie en het sedert 1980 onder nege staatsgrepe deurgeloop.

Die aankondiging is Maandag deur die vise-president van die Kamer van Handel, produksie en Landbou van Guinee-Bissau gedoen, nadat president Jose Maria Vaz die Chinese afvaardiging ontmoet het.

Mama Samba Embalo het bygevoeg dat Chinese entrepreneurs wat deel is van die missie belowe het om te belê in Guinee-Bissau se landbou, veral in die ryssektor.

Die missie van die Chinese Kamer van Koophandel, onder leiding van me Li Guixiang, bly in Guinee-Bissau tot Donderdag.

Die spanning tussen Guinee-Bissau se president en premier dui op die konflik tussen China en die VSA wat invloed oor politieke besluitnemers probeer uitoefen.

Die president het die naweek die land se premier gewaarsku dat hy sy grondwetlike perke “oorskry” omdat hy strukturele veranderinge aan die parlement beoog, sowel as om kandidate vir die kabinet wil nomineer.

Die president het in ’n verklaring gesê slegs die staatshoof van die land kan besluite oor die struktuur en lede van die kabinet neem. Die premier kan eers daarna die president se voorgestelde name vir ministeriële posisies oorweeg.

Volgens Vaz is dit dus ongrondwetlik vir premier Carlos Correia om ’n lys van potensiële kabinetslede voor te stel en in te dien.

Dié magstryd tussen Vaz en Correia kom nadat laasgenoemde op 17 September as premier ingehuldig is om politieke onrus te besweer. Die land het in 2012 in chaos verval ná ‘n staatsgreep.

Guinee-Bissau is ‘n dwelmnodus met kokaïen van Suid-Amerika wat na Europa gesmokkel word.

Nigeriese weermag ontken nuwe Boko Haram-aanval

Die Nigeriese weermag het ontken dat jihadiste ‘n hernude aanval op ‘n stad in die land geloods het. Hulle sê die ontploffings was weermagoefeninge.

Veelvuldige ontploffings is Sondag aan die buitewyke van Maiduguri gehoor, het ­plaaslike inwoners gesê.

Dié stad is in die noordooste van Nigerië geleë en word ­herhaaldelik deur Boko Haram Islamiete aangeval.

Inwoners het gesê harde ­ontploffings is in die gebiede van Kayamla en Dalori gehoor. Dit volg knap nadat ­Maiduguri deur insurgente aangeval is en 10 mense se lewe geëis en nóg meer ­beseer is.

Die konflik het meer as 1260 lewens in Nigerië alleen geëis sedert president Muhammadu Buhari op 29 Mei ingehuldig is, volgens ‘n AFP-telling.

Ten minste 17.000 mense is dood en meer as 2,5 miljoen is dakloos gelaat sedert die Boko Haram-opstand begin het in 2009.

Taliban ontken berigte dat VSA gebiede herower

Die polisiehoof van die Koendoez-provinsie in Afganistan, Mohammad Qasim Jangalbagh, het in die sentrale deel van die stad Koendoez die inwoners gevra om met hul normale lewe voort te gaan.

’n Inwoner van Koendoez het egter aan die nuusagentskap, Associated Press, gesê hewige gevegte woed nog in die Khoeja Mashhad-gebied van die stad, ongeveer 200 meter noord van die hoofplein in die stad.

Afgaanse regeringsmagte het onder aanvoering van Amerikaanse troepe teen vroeg Donderdag glo groot dele van die strategiese stad Koendoez in die noorde van Afganistan herower nadat die Taliban die stad drie dae tevore ingeneem het.

Die Taliban se suksesvolle aanslag was ’n vernederende nederlaag vir die regeringsmagte en hul Amerikaanse bondgenote.

Dit was die eerste keer sedert 2001 dat ’n provinsiale hoofstad in die Taliban se hande beland het.

Nadere besonderhede oor die regeringsmagte se “massiewe” teenoffensief oornag is nog nie bekend nie, ook nie watter dele van die stad na bewering weer onder regeringsbeheer is nie.

Afgaanse magte gerugsteun deur Amerikaanse lugaanvalle, het die afgelope twee dae gespook om die stad te herower. Amerika en sy koalisievennote het ook raadgewers na Koendoez gestuur om Afgaanse magte by te staan.

’n Taliban-woordvoerder het Donderdag gesê Amerikaanse magte is by die gevegte betrokke, maar hy het ontken dat die stad weer in re­geringsmagte se hande is.

Volgens hom bied die insypelaars weerstand in die middel van die stad en is hulle ook in beheer van omliggende dele.

EU-komitee vir minderhede kla oor ‘rassisme’

Europa se komitee vir minderhede het kommer oor toenemende “rassisme” in Duitsland uitgespreek.

Voorbeelde is genoem van “verregse, anti-Islam betogings”, wat strydig is met uitsprake deur die land se leierskap dat sy grense vir duisende migrante oop is.

“Daar is kommerwekkende verwikkelinge van openbare manifestasies van rassisme en xenofobie,” het die Raad van Europa se komitee oor nasionale minderhede gesê in ’n verklaring wat in Straatsburg uitgereik is.

“Manifestasies van anti-Semitisme, anti-Moslem- en anti-immigrant sentimente asook aanvalle op asielsoekers is aan die toeneem,” lui die verslag.

Die verslag verwys spesifiek na die sogenaamde Maandag-optogte wat verlede winter deur die anti-Islamitiese­ Pegida-beweging gereël is.

Tydens die hoogtepunt het meer as 25 000 mense in die oostelike stad Dresden aan optogte deel­geneem, het AFP berig.

Poetin wil ‘inligtingsaanvalle’ deur skakeling verhoed

Verslae van beweerde ongevalle onder burgerlikes wat veroorsaak is deur Russiese lugaanvalle in Sirië het na vore gekom, selfs voor Russiese vegvliegtuie vir hul eerste sending opgestyg het, het President Wladimir Poetin gesê en sulke disinformasie as “inligtingsaanvalle” beskryf.

“Ander lande voer bombardemente op Siriese grondgebied uit nou al vir meer as ‘n jaar,” het die Russiese president Donderdag gesê.

Hy het gewys daarop dat die VSA-geleide koalisie die Siriese lugruim telkens inval met geen mandaat van die VN of uitnodiging van Damaskus nie.

“Ons het so ‘n uitnodiging en ons beplan om teen terroriste-organisasies te veg en hulle alleen,” het Poetin bygevoeg.

Poetin het die wenslikheid van skakeling tussen die VSA en Rusland beklemtoon aangaande Sirië Hy het gesê ‘n meganisme moet geskep word vir die deel van inligting oor militêre optrede in Sirië.

Hy het gesê só ‘n skakeling sal vals verslae verhoed.

Intussen probeer die Angelsaksiese pers voorgee dat Rusland “gematigdes” aanval in Sirië, maar volgens dié media se eie verslae is daar nie gematigdes nie aangesien hulle byna almal oorloop na al-Qaeda.

Rusland val dus terroriste aan wat deur die VSA self as terroriste beskou word.

In ander Angelsaksiese mediaberigte word beweer dat die aanvalle nie op ISIS gemik is nie, maar vroeëre berigte maak melding van geweld teen homoseksuele deur ISIS op presies dié plekke waar daar beweer word ISIS is nie teenwoordig nie.

Om Russiese militêre mag in Sirië te projekteer deur lugaanvalle teen teenstanders van Bashar al-Assad te onderneem, het die Obama-administrasie in ‘n besonder slegte lig gestel.

Washington beskik tans oor geen goeie opsies om sake om te keer nie.

Teen die agtergrond van die Amerikaanse beleid wat die opkoms van die Islamitiese Staat vergemaklik het, het die Russiese leier ‘n geleentheid om met ‘n beperkte belegging maksimum opbrengste te lewer.

Intussen het senator John McCain, hoof van die Senaat Gewapende Magte-kommitee, aan CNN gesê dat CIA-opgeleide weermagrekrute getref is in die aanvalle.

“Ek kan absoluut bevestig dat hulle aanvalle teen ons Siriese weermagrekrute uitgevoer het wat gewapen en opgelei is deur die CIA, want ons het kommunikasie met mense daar.”

Koerde loods aanvalle op ISIS in Irak

Koerdiese magte het die Islamitiese Staat-groep (ISIS) in die noorde van Irak aangeval in die jongste offensief wat daarop gemik is om jihadiste uit die olieryke stad Kirkoek te verdryf.

Koerdiese militêre bronne sê die aanslag het vroeg die oggend wes van Kirkoek in die rigting van die ISIS-bastion, Hawijah, begin om die al-Gurra-hooglande in te neem.

ISIS het verlede somer volle beheer van Kirkoek oorgeneem nadat Irakse soldate uit hul basisse gevlug het toe militante ongeveer ‘n derde van die land verower het.

Die Koerdiese pesjmerga het sedertdien ‘n buffer rondom die stad in ‘n reeks offensiewe verbreed en die afgelope ses maande beheer oor ongeveer 530 vierkante kilometer oorgeneem.

Benewens vordering rondom Kirkoek, het die frontlinie tussen die pesjmerga en ISIS byna glad nie in die afgelope maande ver­skuif nie.

ISIS kon nie daarin slaag om enige grondgebied van die pesjmerga af te neem sedert die Amerikaans-geleide koalisie begin het om die insurgente te bombardeer nie.

Die Koerde beheer reeds die grootste deel van die grondgebied wat hulle as hul eie eien, en het min aansporing om dieper in oorwegend Arabiese dorpe en nedersettings in te beweeg, behalwe waar dit ‘n regstreekse bedreiging vir hul streek bied.

Obama kla wapeneienaars aan vir jongste skietery

Amerikaanse president Barack Obama blameer wettige wapeneienaars en ondersteuners van wapeneienaarskap vir die jongste slagting in die Verenigde State, waar 10 mense doodgeskiet is by ‘n landelike noordwestelike gemeenskapskollege.

Obama het ‘n beroep op Amerikaners gedoen om hul “gesonde verstand” te gebruik om nuwe wapenwette van die Kongres te eis.

“Dit is ‘n politieke keuse wat ons maak, om toe te laat dat dit elke paar maande gebeur in Amerika,” het hy gesê.

‘n Sigbaar woedende Obama het wetgewers berispe vir die versuim om wette te maak om wapens uit die hande van gewone burgers te neem.

Hy het gesê die idee dat die Amerikaanse grondwet enige regulering van wapens verbied “maak nie sin nie”.

Die aanvaller in ‘n skietvoorval by ‘n kollege in die Amerikaanse staat, Oregon, is kort na die voorval deur die polisie doodgeskiet.

Volgens die plaaslike polisie is tien mense in die skietery dood, insluitend die aanvaller.

Daar is vroeër berig dat minstens 15 mense dood is. ‘n Polisiewoordvoerder van die stad Roseburg sê die 26-jarige aanvaller het lukraak by die Umpqua gemeenskapskollege losgebrand.

Hy kon nie bevestig of die man ‘n student by die kollege was nie. Volgens plaaslike media het hy van klas tot klas in die wetenskapgebou beweeg, en skote afgevuur.

Chris Harper Mercer is as die skieter geïdentifiseer.

Dit was die 142ste skietery by ‘n skool in Amerika sedert 2012.

Trump verbind misdaad aan ras in twiet

Die Amerikaanse dooieboommedia is in die hoogste versnelling om Donald Trump se Twitter-uitlatings te probeer bekamp dat misdaad in die VSA hoofsaaklik deur swartes en Latynse immigrante gepleeg word.

Navorsing van die onlangse Amerikaanse Vonnisopleggingsdata-kommissie toon dat hoewel onwettige vreemdelinge net 3,5 persent van die Amerikaanse bevolking uitmaak, was hulle verantwoordelik vir 36,7 persent van die federale oortredings in die fiskale jaar 2014.

In 2009, was 57 persent van die 76 voortvlugtige moordenaars wat deur die FBI gesoek is, in die buiteland gebore (óf onwettige vreemdelinge of vreemdelinge met visums).

Sensusdata toon dat tronkstraf onder Latynse mans 157 persent hoër is as die aanhoudingskoerse van wit mans.

In 2008, skryf navorser Heather Mac Donald:

California, with one-quarter of the nation’s immigrants and its greatest concentration of Mexicans and Central Americans, is the bellwether state for all things relating to unbridled Hispanic immigration, including crime. The Children of Immigrants Longitudinal Study, conducted by sociologists Alejandro Portes of Princeton and Rubén G. Rumbaut of the University of California, Irvine, followed the children of immigrants in San Diego and Miami from 1992 to 2003. A whopping 28 percent of Mexican-American males between the ages of 18 and 24 reported having been arrested since 1995, and 20 percent reported having been incarcerated—a rate twice that of other immigrant groups. Anyone who speaks to Hispanic students in immigrant-saturated schools in Southern California will invariably hear the estimate that 50 percent of a student’s peers have ended up in gangs or other criminal activities.

In ‘n artikel in 2006 in die LA Times, het die LAPD-hoof William Bratton, verklaar:

The numbers reveal a wide racial divide regarding violent crime.

Blacks make up about 11% of the city’s population but account for 38% of all homicide victims and 29% of suspects, according to the statistics. By contrast, whites make up 30% of the population but account for just 6% of homicide victims and 2% of suspects. Latinos make up 47% of the population and constitute 50% of homicide victims and 66% of suspects.

Poetin, Obama vergader oor Sirië

In sy eerste toespraak by die Verenigde Nasies (VN) se Algemene Vergadering in ’n dekade, het die Russiese president, Vladimir Poetin, Maandag gevra vir ’n breë VN-koalisie om teen die Islamitiese Staat-jihadiste te veg voor sy ontmoeting met pres. Barack Obama van Amerika.

Ná afloop van die ontmoeting het Poetin sy gesprek met Obama as “konstruktief, saaklik en verrassend oop” bestempel.

Die 90 minute ontmoeting tussen die twee leiers was die eerste in byna twee jaar sedert Amerika Moskou die rug begin toekeer het.

Dit volg nadat Obama toegegee het dat hy bereid is om met die sterkman van die Kremlin in gesprek te tree ten einde die bloedvergieting in Sirië te beëindig.

Rusland het opnuut tot die toneel toegetree deur troepe en vegvliegtuie na Sirië te stuur.

Dit het vrees in Westerse geledere laat ontstaan dat Moskou sy aan sy met sy ou bondgenoot, pres. Bashar al-Assad, sou veg.

Die Kremlin het eise van die Weste en streekrolspelers, soos Turkye, dat Assad die trekpas moet kry, van die tafel gevee en dring daarop aan dat lede van die VSA-geleide koalisie met Rusland kragte moet saamsnoer om die groter euwel, die Islamitiese Staat, te verslaan.

Ná afloop van die ontmoeting met Obama het Poetin tevrede gelyk met die erkenning dat Rusland wel ’n rol te speel het.

’n Senior Wit Huis-woordvoerder het egter gesê al stem albei leiers saam oor die noodsaaklikheid van politieke transformasie in Sirië, verskil hulle wesentlik oor die rol van Assad.

VSA voer lugaanvalle teen Taliban/ISIS uit

Amerika het lugaanvalle in die noordelike Afgaanse provinsie Kunduz van stapel gestuur, ’n dag nadat die provinsiale hoofstad deur die Taliban ingeneem is.

Die grootste deel van die suidelik Helmand-provinsie is tans onder Taliban-beheer.

Die val van die stad het paniekbevange inwoners sowel as Afghaanse veiligheidsmagte op die vlug laat slaan.

Dit word as ’n reuseslag vir Afganistan se NAVO-opgeleide veiligheidsmagte beskou.

Afgaanse veiligheidsmagte wat na die nabygeleë lughawe onttrek het nadat die stad geval het, het met ’n teenoffensief begin.

Dit is die eerste keer in 14 jaar dat die Taliban daarin slaag om ’n belangrike stedelike sentrum in te neem.

Kunduz, ‘n groot vervoerpunt, was Maandag die eerste stedelike gebied om te val teen die Taliban sedert 2001.

Intussen kan Amerikaanse en NAVO-troepe nie onttrek uit die land nie.

Sowat 130.000 Amerikaanse troepe is steeds in Afghanistan en alhoewel president Obama verklaar het dat hulle teen 2016 sal onttrek, is dit duidelik dat hulle vasgevang is in die jongste geweld.

Beide Ash Carter, die sekretaris van verdediging, sowel as John Kerry sê die Taliban word deur ISIS oorgeneem, wat sal beteken dat Amerikaanse magte sal moet aanbly.