Gekwalifiseerdes verlaat Afrika

Minder as 10% van geneeshere wat sedert onafhanklikheid in 1964 in Zambië opgelei is, is nog in daardie land werksaam. Die orige 90% het geëmigreer, hoofsaaklik na Europa en die VSA. In Chicago is daar tans meer dokters wat in Sierra Leone gestudeer het, as in daardie Afrikaland. Daar is ook meer dokters van Benin in Frankryk werksaam as in die hele gesondheidstelsel van Benin.

Hierdie mediese voorbeelde dui maar op een faset van die vaardighede wat die Afrika-vasteland verloor. Daar word gereken dat ’n derde van Afrika se universiteitshulpbronne bestee word aan die opleiding van mense wat daarna na die Weste uitwyk. Hierdie probleme is verlede week in Tripoli bespreek tydens die byeenkoms van die Afrika-universiteitevereniging. Sowat 150 afgevaardigdes van regoor die vasteland het die vergadering bygewoon. Die tema van die byeenkoms was “Die Afrika-brein-kwyn: hoe om dit te bestuur – samewerking met die diaspora.”

Die konferensiegangers moes na skokkende statistiek luister, soos dat meer as 30% van Afrika se gegradueerdes nie meer in Afrika woon nie. Nuhu Yaqub, rektor van die Universiteit van Abuja in Nigerië, meen dat “ontwikkelende lande onwetend ontwikkelde lande gesubsidieer het” deur mense op te lei wat die Weste dan “op ’n goue skinkbord sonder enige koste” ontvang. Gilbert Mdende van die Universiteit van Burundi het ’n ander probleem uitgelig toe hy verduidelik het dat die universiteit oor die afgelope tien jaar 63% van sy dosente verloor het as gevolg van sosio-politieke krisisse. Johnson Ishengoma van die Universiteit van Dar es Salaam het weer aangetoon dat lae salarisse en moeilike werksomstandighede vele van sy akademici ander weivelde laat opsoek het, onder andere die land se kabinet.

Sowat 235 000 professionele mense het Suid-Afrika tussen 1987 en 1997 verlaat. Sedert 1997 het die brein-kwyn die land ongeveer $7,8 miljard gekos. Die Arabiese lande in Afrika verloor op hulle beurt weer 50% van hulle dokters, 23% van ingenieurs en 15% van wetenskaplikes wat in hulle lande opgelei is. Net sowat 4,5% van Arabiese studente wat oorsee studeer, keer uiteindelik na Afrika terug. In Ghana se geval verlaat sowat 80% van dokters die land binne vyf jaar nadat hulle hul kwalifikasie verwerf het.

Andrew Othieno, wat verbonde is aan die Vereniging van die Gemenebes se Afrika-universiteite, het ook die beraad bygewoon. Sy werk behels die skep van vennootskappe tussen die universiteite in Afrika en dié in die Verenigde Koninkryk. Hy was maar bra pessimisties oor die situasie: “ Wat ek tot dusver hoor, is presies waaroor akademici in die Verenigde Koninkryk kla: Afrika-akademici praat oor die probleem, net soos hulle al sedert die sestigerjare maak, sonder om ’n oplossing aan te bied. Dit is soos om steeds oor kolonialisme te kla. Die Britte word moeg om dit te hoor.”

’n Senior Suid-Afrikaanse akademikus, wat verkies het om anoniem te bly, het by hierdie kritiek aangesluit. “Al wat ons gehoor het, is ’n herhaling deur rektore van dieselfde probleem. En tog is dit hulle werk om omstandighede te skep waarbinne akademici kan werk en so behoue bly; hulle kan nie net die probleem stel nie. Hulle kla almal dat politici hulle nie ernstig opneem nie, maar dít is hoekom.”

Othieno het verder uitgebrei deur te vertel dat wanneer Britse universiteite Afrika-universiteite nader oor samewerking op gebiede soos inligtingstegnologie, landbou en gesondheidsake, hulle dikwels geen antwoord ontvang nie. “Ons bied finansiering aan vir watter geriewe hulle ook wil bou, akademiese materiaal, rekenaars ensovoorts. Daar is duidelik ’n gebrek aan behoorlike kommunikasie tussen die Verenigde Koninkryk en Afrika.”

Sibusiso Vil-Nkomo, verbonde aan die Universiteit van Pretoria, het konferensiegangers vertel dat Nepad se erkenning van tegnologiese kennis en vaardighede “’n onmisbare stimulus vir ontwikkeling is.” Joseph Okpaku het egter gewys op die onmin tussen Afrikalande in hierdie verband. “Die probleem met Nepad is dat jy nie kan saamwerk met diegene met wie jy in kompetisie is nie, anders vind afpersing plaas – en dit is wat gebeur het.” ’n Ontevrede kongresganger het daarop gewys dat Afrika-leiers gefouteer het deur die Nepad-konsep vir goedkeuring aan die G8 voor te lê in plaas van om dit eers aan Afrikane te verduidelik. Die gevolg hiervan is dat Nepad nie werklik aan Afrika behoort nie.

Geen konkrete stappe is in Tripoli aangekondig om die brein-kwyn te besweer nie.

’n Deelnemer uit die gehoor het ’n bydrae gelewer wat die beraad waarskynlik goed opgesom het: “Ek sien steeds geen Afrika-plan vir wat gaan gebeur as die ontwikkelde wêreld ons in die steek laat wat Nepad betref nie – geen plan vir wat ons op ons eie gaan doen nie. Met wie gaan ons dan praat? Bono?”

set jewellerytopcargo кидалы

Darfoer-onderhandelinge sukkel voort

Image

Pessimistiese Kadhafi

Onderhandelaars wat poog om ’n einde te bring aan vier jaar van geweld in die wes-Soedanese streek Darfoer, het Sondag voortgegaan met die gesprek ten spyte van Moammar Kadhafi se uitspraak dat die onderhandelinge gedoem is tot mislukking.

Die Soedanese regering het ’n wapenstilstand aangekondig toe die nuwe rondte samesprekings Saterdag begin het, maar agt rebellegroepe het besluit om die vergadering, wat deur die Afrika-unie (AU) en Verenigde Nasies (VN) geborg word, te boikot.

“Ons kan nie op hierdie stadium oor sukses of mislukking praat nie. Die belangrikste is dat die proses begin het,” het Noureddine Mezni, woordvoerder van die Afrika-unie, gesê. Daar word steeds gehoop dat die afwesige rebellegroepe oorreed kan word om wel deel te neem. Net ses kleiner rebellefaksies neem tans aan die onderhandelinge deel en selfs hulle het junior verteenwoordigers gestuur. Die ses groepe het hierdie naweek ’n gesamentlike verklaring uitgereik waarin hulle ’n beroep op die bemiddelaars in die proses doen om ’n tydskedule uit te werk met betrekking tot onderhandelinge met die groepe wat tans die proses boikot. Hulle dring daarop aan dat niemand in die proses uitgelaat moet word nie en wil graag ’n herhaling verhoed van die Abuja-ooreenkoms in 2006 toe een rebellegroep ingestem het tot ’n ooreenkoms met die regering maar die ander groepe geweier het om die dokument te teken.

Kadhafi, wat die gesprek Saterdag geopen het, het gesê dat die afwesige Soedanese Bevrydingsbeweging en die Beweging vir Geregtigheid en Gelykheid van kardinale belang vir die vredesproses in Darfoer is. “Ek beskou hulle leiers soos my seuns, selfs al is hulle ongehoorsaam, maar sonder hulle kan ons nie vrede bereik nie.” Hy het voorgestel dat die beraad beëindig word en het selfs klappe uitgedeel na die AU en VN, wat volgens hom nie bevoeg is om “’n etniese konflik” te besleg nie.

Sowat 200 000 mense is die afgelope vier jaar in die konflik dood en twee miljoen is haweloos gelaat.

циклевка паркета без выноса мебелилобановский александр досье

Oorgrensoperasie teen Koerde

Image

Ocalan, PKK-leier

Turkye beplan, met die goedkeuring van die VSA, ‘n reeks oorgrensoperasies in Noord-Irak. Sestigduisend Turkse troepe is reeds op die grens saamgetrek en volgens berigte is daar Turkse hakkejagte in Irakse gebiede. Konflik in dié olieryke gebied dreig egter om oor te spoel na ander lande indien Turkye te hardhandig optree.

 
Iran en Sirië het albei Koerdiese minderhede wat outonomie vra. In Turkye is die Koerdiese vraagstuk nietemin die dringendste omdat daar die grootste Koerdiese bevolking woon, naamlik 55% van alle Koerde . Daarom sal grootskaalse konflik tussen Turkye en die PKK, die Koerdiese bevrydingsbeweging, nie sonder ernstige gevolge wees nie en mag selfs Saoedie-Arabië toetree. Irak sal ongetwyfeld verder gedestabiliseer word deur ‘n Turkse inval.
Die PKK word allerweë as ‘n terreurorganisasie beskou deur die VSA, die EU, NAVO en Sirië. Die leier, Abdoela Ocalan, het by monde van sy regshulp verlede jaar in September aangekondig dat sy kommunistiese organisasie (PKK is die Turkse afkorting vir die Koerdiese Werkersparty) graag vreedsaam met Turkye wil onderhandel, maar aanvalle op Turkse instellings word steeds waargeneem.

Die oorsaak van Koerdiese terreur teen Turkye het geen oorsprong in die huidige staatsbestel van Irak nie, ten spyte daarvan dat tussen 15% en 20% Koerde tans in Irak woonagtig is. Die geweld is gemik teen die Turkse behandeling van Koerde in Turkye soos die onlangse voorbeeld waar ‘n gewilde Koerdiese sanger van die verhoog afgejaag is in Turkye toe hy Koerdies gepraat het.

In Sirië en Iran woon daar onderskeidelik 10% en 7% Koerde, terwyl daar in Armenië net meer as 2% woon. Indien die Koerde die oliereserwes in die noorde van Irak toeëien, sal die geveg verhewig omdat die oliebronne in Irak veronderstel is om aan alle groepe te behoort. Alhoewel die Turke ingestem het tot versigtigheid, wil hulle nie direk met die PKK onderhandel nie.

Toegewings oor taal- en kultuurregte, waarvan die Koerde maar min gesien het, sal baie doen om gemoedere te kalmeer. Die stygende lewensgehalte van die Koerde kan ook help om die PKK se invloed te breek. In Koerdiese provinsies in Irak heers groot armoede.

магазин детские игрушкиОлександр Васильович Фільчаков

Doris Lessing trek los

Image

Die oudste wenner

Nobelpryswenner, Doris Lessing, het Sondag in ‘n onderhoud aan die Spaanse koerant  El Pais gesê dat 11 September 2001 "nie so erg was" as die bloedvergieting veroorsaak deur aksies wat die IRL geloods het nie. "Die 11de September was vreeslik maar as ‘n mens weer na die geskiedenis van die IRL kyk en dit vergelyk met die VSA, was dit [11 September] nie so erg nie."

 
Wat George Bush betref, het sy hom beskryf as ‘n "wêreldwye ellende". Tony Blair het ook nie goed daarvan afgekom nie want sy noem hom ‘n "ramp" vir Brittanje. "Sommige Amerikaners dink ek is gek. Baie mense is dood, twee voortreflike geboue het geval, maar dit was nie so verskriklik, nie so buitengewoon soos hulle dink nie," het Lessing benadruk.
 
"Tony Blair was ‘n ramp vir Groot Brittanje en ons het hom etlike jare lank ondersteun," het sy bygevoeg. "Ek het dit gesê die oomblik toe hy verkies is: Dis ‘n klein windmaker wat ons in die moeilikheid gaan laat beland en hy het."

"Sover dit Bush aangaan, is hy ‘n wêreldwye ellende. Almal is sat vir daardie man. Hy is òf dom òf regtig baie slim." Die onderhoud met die Spaanse koerant is ‘n dag voor haar verjaarsdag gepubliseer. Sy het Maandag 88 jare gevier.

Sy het ook gesê dat Bush uit ‘n sosiale stand kom wat reeds baie voordeel uit oorloë getrek het. Lessing werk tans aan ‘n boek wat oor oorlog handel. Sy is die oudste persoon tot nog toe om die prys te wen.

Die Sweedse Akademie het die prys aan haar toegeken omdat sy blykbaar "deur die vroulike ervaring met skeptisisme, vuur en visionêre krag ‘n verdeelde beskawing aan ondersoek onderwerp het."

free online games.co.ukАлександр Фильчаков Васильевич

Immigrante uit Noord-Afrika maak moles

Image

St. Dizier brand

Die Franse polisie het vanoggend nege jeugdiges gearresteer, waaronder sewe minderjariges. Dit volg op die geweld wat vroeër hierdie maand in Saint-Dizier uitgebreek het. Drie van hierdie jeugdiges is jonger as sestien, het die vise-prokureur van Chaumont gesê.

Daar is nou in totaal al 25 jong mans, almal immigrante uit Afrika, gearresteer. Drie brandweermanne en een polisieman is gedurende die gewelddadige insidente van 4 Oktober beseer. Die gemaskerde vandale het daardie aand 41 motors aan die brand gesteek, drie woonstelblokke probeer afbrand en ook ’n bushalte verwoes.

Sowat ’n week voor die geweld uitgebreek het, het ’n groep van tien immigrant-jeugdiges by die Saint-Dizier-polisiestasie ingestorm en stoele en ’n lessenaar begin rondgooi. Hulle wou sodoende beswaar aanteken omdat ’n polisiepatrollie een van hulle vriende gestop en ondervra het. Die polisiemanne het egter opdrag van hulle owerhede ontvang om niks oor die voorval te sê nie.

Buiten die insident in die polisiekantoor was daar geen ander gebeure wat die uitbreek van die geweld op 4 Oktober kon verklaar nie. Dit wou voorkom of die jong mans bloot wou kyk hoeveel skade hulle kon aanrig.

дитячи велосипедилобановский александр игоревич

Demokrate op soek na blanke mans

In die aanloop tot die volgende Amerikaanse presidentsverkiesing het ’n debat losgebars rondom die Demokratiese Party se onvermoë om blanke mans as kiesers te trek. Slegs 38% van blanke Amerikaanse mans stem vir dié party.

Die meerderheid van Demokratiese kiesers bestaan uit vroue en sogenaamde “etniese minderhede” soos swartes en Spaanssprekendes. Nie minder nie as 89% van alle Amerikaanse swartes stem vir die Demokratiese Party terwyl 69% van Spaanssprekendes insgelyks dié party ondersteun.

Goeie nuus vir die Demokratiese Party en slegte nuus vir die Republikeine is dat swartes en Spaanssprekendes se getalle styg terwyl die blanke Amerikaanse bevolking besig is om te daal. Teen 2050 gaan die aantal swartes toeneem vanaf die huidige 13% van die bevolking tot 16% en die aantal Spaanssprekendes vanaf 14% tans tot 23%. In sommige state soos Kalifornië verkeer blankes reeds effens in die minderheid. Weens die lae bevolkingsaanwas van blankes in Kalifornië is slegs een uit elke vyf kinders op laerskool blank wat ’n duidelike blik op die toekomstige demografie van dié deelstaat bied.

Die meerderheid van Amerikaanse vroue is deesdae ongetroud. 66% van sulke enkellopende vroue stem Demokraties en volgens meningspeilings huldig hulle “progressiewe sienings oor maatskaplike kwessies, die ekonomie en buitelandse beleid”.

Sedert 1965 toe die nuwe Immigrasiewet in die VSA die voorkeur vir blanke immigrante uitgeskakel het, het die aandeel van blankes in die Amerikaanse bevolking gedaal vanaf 90% tot die huidige 70%. Sommige ontleders voorspel dat blankes weens hul lae bevolkingsaanwas en min immigrante teen 2050 in die minderheid gaan wees.

Indien huidige etniese stempatrone voortduur, is die Demokratiese Party dus van ’n blink toekoms verseker. Maar intussen regeer daar nog ’n Republikeinse president wat deur blanke mans en getroude blanke vroue verkies is. Volgens Demokratiese ontleders moet hul party hom op “tradisionele manlikheid” beroep en sodoende meer blanke mans as kiesers lok. Luidens een so ’n ontleder, David Paul Kuhn, “word die steun wat presidente verdien direk deur hul persoonlike manlikheid beïnvloed”.

Hoewel blanke mans ’n minderheid (33-36%) van Amerikaanse kiesers uitmaak, meen Kuhn steeds dat hul steun “die meeste saak maak”. Alle aanduidings is egter dat blanke mans hul rug op die Amerikaanse liberalisme gekeer het. Daarom beplan die Demokratiese Party om in sy verkiesingsveldtogte minder klem te plaas op feminisme en regstellende aksie.

Wat dienende politici betref, lyk dinge egter nog rooskleurig vir blanke mans. Minder as 17% van die kongres bestaan uit vroue en sedert die Amerikaanse Burgeroorlog was daar nog net drie swart senators. In die Amerikaanse geskiedenis was daar insgelyks nog net ses Spaanssprekende en vyf Asiese senators waarvan nie een ’n vrou was nie.

best online casinoФильчаков

Brittanje kan maar wegbly

Image

Kgalema Motlanthe

Die Britse regering is welkom om weg te bly van die beraad tussen die Afrika-unie en die Europese Unie wat in Desember vanjaar plaasvind, meen Kgalema Motlanthe, sekretaris-generaal van die ANC. Hy het dié mening uitgespreek in verlede Vrydag se ANC Today-nuusbrief.

Indien sommige lande besluit om “weg te bly van hierdie krities belangrike dialoog omdat hulle te heilig is, beskik ons seker – hoe jammer dit ook is – oor die reg om soos The Economist te sê ‘so be it’,” aldus Motlanthe.

Gordon Brown, Britse eerste minister, het naamlik gesê dat hy nie die beraad sal bywoon indien Robert Mugabe toegelaat word om ook te gaan nie. “Ek glo president Mugabe se teenwoordigheid sal die beraad ondermyn en die aandag aflei van belangrike kwessies wat opgelos moet word. In hierdie konteks sal my teenwoordigheid nie van pas wees nie,’ het Brown Saterdag teenoor The Independant herhaal.

Motlanthe meen egter die beraad moet aangaan, soos aanvanklik beplan, ongeag of Brittanje daar gaan wees of nie. Hy het gewaarsku dat die beraad nie “gevange geneem en verlam moet word deur gevaarlike en vernietigende neo-koloniale ambisies nie.” Hy het verder gesê dat die ANC met opset stilbly oor hulle bemiddeling in Zimbabwe, aangesien hulle glo dat dit tot ’n vinniger oplossing van die land se probleme sal lei.

Tydens die Desember-beraad sal EU-hulp aan Nepad, die opbou van die Afrika-unie en “ware respek vir die onafhanklikheid van Afrika” onder andere bespreek word.детский крем ушастый няньпрокурор Фильчаков

Brittanje vereer weer eens ANC

Terwyl Suid-Afrika in misdaad verswelg en die regering weinig doen om die situasie om te keer, is die Britte steeds besig om die ANC te op te hemel. Thabo Mbeki se vrou het Woensdag ‘n nuwe bronsbeeld van Oliver Tambo in die noorde van Londen onthul. Tambo het 30 jaar in Groot Brittanje gewoon as uitgewekene.

Zanele Mbeki het saam met die sekretaris van Justisie, Jack Straw, en ander eregaste die onthulling van die borsbeeld in ‘n park in Muswell Hill bygewoon. ‘n Bronsplaat is ook voor sy huis aangebring. Die beeld is deur beeldhouer Ian Walter, wat ook verantwoordelik was vir die standbeeld van Nelson Mandela, geskep. Die yslike standbeeld van Mandela staan oorkant die Britse parlement.

Tambo is in 1993 oorlede. Straw het by die geleentheid gesê dat sy nalatenskap nie net in die skepping van ‘n "vooruitstrewende en vry Suid-Afrika" was nie, maar ook dat hy "hoop gebring het regoor die wêreld vir mense wat teen onderdrukkende diktatorskap stry". Gordon Brown het in ‘n boodskap ook hulde gebring aan Tambo se demokratiese en nie-rassige visie wat as inspirasie dien vir miljoene mense in die wêreld.

Mandela het in ‘n verklaring gesê dat sy grootste vriend en "comrade" ook ‘n "onbetwiste leier" was gedurende die land se moeilike jare. Die borsbeeld in Haringey het ook ‘n ander verwantskap met Suid-Afrika. Die skool in Wattville waar Tambo gewoon het, is aangewys as die skool in Haringey se tweelinginstelling.

воронеж автосканерытопкарго

Vigs-pasi?nte voltooi nie behandeling nie

Slegs sowat 60% van Afrikane wat MIV/vigs onder lede het, neem twee jaar nadat hulle met behandeling begin het nog hul medisyne. Teen daardie tyd is 40% van hierdie groep mense al dood en die res daag eenvoudig nie meer by klinieke op om hulle medisyne te kom haal en doktersafsprake na te kom nie.

Hierdie resultate is Maandag in die Public Library of Science Medicine Journal gepubliseer. In teëstelling met die resultate in Afrika, reken die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) dat sowat 80% van pasiënte in Westerse lande nog ná twee jaar steeds getrou vir behandeling gaan. Die WGO het aanvanklik gehoop om teen die einde van 2005 drie miljoen Afrikane van antiretrovirale middels te kon voorsien. Slegs 1.3 miljoen mense kon egter bereik word. ’n Verdere 4.8 miljoen pasiënte benodig nog medisyne. Sowat 25 miljoen mense in Afrika het tans die virus onder lede.

Prof Sydney Rosen van die Boston-universiteit het heelwat navorsing vir hierdie artikel in Afrika suid van die Sahara gedoen – veral in Suid-Afrika, wat die wêreld se meeste vigs-pasiënte het. In Afrika, het Rosen en sy kollegas uitgevind, begin mense eers op ’n gevorderde stadium van die siekte met antiretrovirale middels in vergelyking met Westerlinge, wat met ander woorde die hoë sterftesyfer in Afrika verklaar.

Meer en kleiner gesondheidsklinieke moet opgerig word, volgens die organisasie Dokters sonder Grense. Dikwels wil mense nie ure toustaan nie en kry hulle gevolglik nie hulle medisyne nie. Sommige is ook te siek en verswak om kliniek toe te stap en vervoer is nie altyd beskikbaar nie.  

Vroeër vanjaar het navorsing bewys dat manlike besnydenis die risiko van MIV-besmetting met tot 60% kan verminder. Dit kan moontlik die aantal vigs-pasiënte uiteindelik verminder. So nie, gaan gesondheidswerkers nie kan voorbly om almal te behandel nie.

top online games no downloadданильченко юрій броніславович

Brittanje se “trotse Moslems”

ImageSedert 8 Oktober word daar ’n reklameveldtog op busse en in die Londense moltrein gevoer met die tema: “Islam is vrede.” Honderde plakkate is aangebring met slagspreuke soos: “Ek is trots om ’n Britse Moslem te wees.” Op een plakkaat verskyn daar selfs ’n Britse polisievrou wat ’n sluier dra en sê: “Ek dink dis my plig om my land te beskerm, my mede-onderdane en om ons buurt ’n veiliger plek vir almal te maak.” Op ’n ander advertensie veskyn Michael Barry, ’n voormalige TV-aanbieder van kookprogramme met ’n tamatieslaai en ’n pepermeul in die hand. Hy is insgelyks trots daarop om ’n “Britse Moslem” te wees. Hul gesigte is in ’n wa van die Londense moltrein te siene.
 

Image

‘n Londense bus dra die boodskap uit

 

Die doel van die veldtog is om “wanpersepsies van Britse Moslems en Islam” uit die weg te ruim en om sodoende ’n meer verdraagsame en inklusiewe samelewing te skep. In Julie vanjaar is volbladkoerantadvertensies in die vernaamste Britse koerante geplaas onder met die slagspreuk “Moslems verenig” waarin die Moslemgemeenskap duidelik hul afkeer van terreurdade uitspreek. Die huidige reklameveldtog in die moltrein, stasies en lughawens beklemtoon die diversiteit en positiewe bydrae van Britse Moslems en die integrale deel wat hulle in die alledaagse lewe in Brittanje speel.

Skeptici, veral op die internet, was egter gou om hierdie geïdealiseerde beeld van Britse Moslems te jukstaponeer met plakkate wat deur regte Britse Moslems tydens die vele anti-Westerse betogings in Brittanje gedra word waarin die ondubbelsinnige boodskap uitgedra word dat Moslems verenig is in hul haat teenoor die Weste en ’n Derde Wêreldoorlog op Europa wil afroep.

ImageImageImage

casino free bonusалександр лобановский класс

Taalkwessie by rugbyw?reldbeker

Die bekende Franse rugbyspeler, Sébastien Chabal, het geweier om ‘n vraag van ‘n joernalis in Engels aan te hoor. Op hierdie kort video kan duidelik gehoor word hoe Chabal op Engels sê: "Nee, ons is in Frankryk. Ons praat Frans."

Engels is besig om die de facto rugbytaal te raak, want sowel Jake White as die meeste Springbokke praat net Engels in die openbaar al bestaan die meerderheid van die Suid-Afrikaanse rugbyspan uit Afrikaners. Maar duidelik is Chabal en ander Franse spelers nie gediend met dié situasie nie en maak hulle ‘n punt daarvan om net Frans te praat al verstaan hulle duidelik Engels.

подвесной светильник egloФильчаков прокуратура харьков

Lessing beskryf eerste plaasmoord

Image

Doris Lessing by haar woning

Doris Lessing (1919 – ), pas aangewys as die Nobelpryswenner vir letterkunde, was op ‘n inkopietog in Londen waar sy woon, toe die aankondiging gemaak is. Lessing is in Iran gebore, maar het lank in die eertydse Rhodesië gewoon.

 
Haar bekendste roman, Die Singende Gras [The Grass is Singing] wat in 1950 gepubliseer is, speel tewens in Rhodesië op ‘n plaas af. Die hoofkarakter Mary word uiteindelik deur die swart plaaswerker Moses met ‘n kapmes vermoor, nadat die Mary toenadering tot Moses soek. Mary se moord word egter aan haar wit man se vooroordele teenoor swartes  gekoppel deur kritici.
 
Harold Bloom, Yale professor en literêre kritikus, het aan Associated Press gesê dat , “Al het Me. Lessing aan die begin van haar skryfloopbaan ‘n paar bewonderenswaardige kwaliteite geopenbaar, vind ek haar werk van die afgelope 15 jaar onleesbaar.” Hy meen dit is om politiek korrek te wees dat die prys aan haar toegeken is.
 
Lessing het in 1992 in ‘n onderhoud nietemin die term "politiek korrek" verbind aan ‘n reaksionêre impuls en bygevoeg dat sosiale realisme nie die onderbou van letterkunde kan wees nie.

Elfriede Jelinek, Oostenrykse skrywer wat die prys in 2004 gewen het, het gesê dat sy onder die indruk was dat Lessing "reeds die prys verower het". Die toekenning kom glo as ‘n verrassing vir haar. Lessing se werk was nie onlangs in die nuus nie. Jelinek het verklaar dat sy weer die nuwe wenner se boeke gaan lees om "op te vang".

Vir Umberto Eco is die prys toegeken aan iemand wat dit "absoluut verdien". Hy het bygevoeg dat hy baie bly is, maar "nie so bly soos sy nie".  Dit is nogtans ongewoon, glo hy, dat die prys weer aan ‘n Brit gaan. In 2005 het Harold Pinter die Nobelprys vir letterkunde verower. Eco was vanjaar op die kortlys om die prys te ontvang.

Lessing het haar prestasie as ‘n "Royal Flush" beskryf. Sy het reeds talle toekennings vir haar skryfwerk ontvang.

настенно потолочные светильники стеклоданильченко юрій броніславович компромат

Afgedank vanwe? ‘Nazi-uitsprake’

Image

Eva Herman, skuldgevoelvry

Een van die gewildste Duitse TV-nuuslesers is deesdae self in die nuus. Eva Herman, nuusaanbieder vir die staatskanaal ARD, is verlede maand terstond die deur gewys nadat sy Hitler se nasionaalsosialistiese beleid ten opsigte van gesinspolitiek verdedig het.  In haar boek "Das Prinzip Arche Noah. Warum wir die Familie retten müssen" [Die beginsel van Noag se Ark. Waarom ons die gesin moet red.], vra Herman dat die eenheid van die gesin en moederskap herstel moet word.

Die strekking van afgedankte TV-ster se argument was dat die studenterewolusie van 1968 se radikale houding teenoor die gesin oneindig skade veroorsaak het in teenstelling met dié van die Derde Ryk. Sy het dit na aanleiding van die dalende geboortesyfer in Duitsland gesê.

Alhoewel Herman beweer dat sy nie die Nazi’s se siening van vroue onkrities benader nie, het ‘n storm om haar losgebars. Sy is gisteraand weer eens in ‘n geselsprogram met Johannes B. Kerner op die ZDF-kanaal uitgesluit omdat sy haar standpunt bly verdedig het. Nadat Kerner die 48-jarige Eva gevra het of sy haar menings sal hersien, het sy geantwoord dat ‘n mens net sowel nie oor die Autobahn in Duitsland mag praat nie, want die Nazi’s het dit gebou.

Sy het bygevoeg dat ‘n mens kwalik meer oor die Duitse geskiedenis mag dink sonder om in die moeilikheid te kom. Die Bildzeitung het berig dat Herman se uitlatinge oor geluk, egverbintenisse, manlikheid en moederskap "vinnig met Nazi-uitsprake in verband gebring word".

Die stof het nog lank nie gaan lê nie, want intussen het die Katolieke Kerk se uitnodiging aan Eva Herman vir nog ongelukkigheid gesorg. Haar teenwoordigheid by ‘n kerkkongres in Fulda waar sy met entoesiasme ontvang is, het aanleiding gegee tot kritiek van die Joodse Sentrale Raad, ‘n invloedryke liggaam in Duitsland. Volgens die noordelike afdeling van ARD, die NRD, se uitvoerende hoof, het verskeie gaste hul verskynings met die TV-kanaal gekanselleer vanweë Herman se standpunte.

Die feit dat Hitler tuisteskeppers met groot gesinne beloon het met toekennings bly klaarblyklik ‘n teer punt in Duitsland. Renate Künast, leier van die Groen Party, het gesê dat Herman liewer voor die stoof moet gaan staan as om op TV te verskyn. In Rusland is die afdanking egter met ongeloof begroet want Stalin het eweneens tuisblymoeders met baie kinders uitgesonder vir lof. Dié kwessie word nooit opgehaal as ‘n voorbeeld van totalitarisme nie.

Die afsku wat Russe in Westerse feministe het, is juis as gevolg van die Kommuniste se gesinspolitiek waar vroue nie net in fabrieke moes swoeg nie, maar tuis nog kinders moes grootmaak om hul werklas sodoende te verdubbel. Die Russiese koerant, Istvestia, het voorts gewonder waarom die hoof van die Duitse Weermag nie ook summier afgedank word nie.

Die Bundeswehr het onlangs Duitse soldate na ‘n militêre kompetisie by name Erna in Estland gestuur. Erna was naamlik die Naziverkenningsmag wat gestuur is om die Rooi Leer se brûe agter die linies op te blaas.

что делает пародонтологДанильченко Юрий Брониславович

Vlaminge en Wale se paaie skei nog nie

Die Belgiese regering het tot die ongewone stap oorgegaan deur ’n omsendbrief te stuur aan hulle ambassades in die buiteland om hulle te maan om “nee” te sê indien hulle gevra sou word of die Wale en die Vlaminge hul eie paadjies gaan loop.

Bykans vier maande na afloop van die algemene verkiesing het die verskillende Belgiese partye nog nie tot ’n vergelyk kon kom wat hulle in staat sal stel om ’n regering saam te stel nie. Die belangrikste twispunt is die eis vir meer selfbeskikking. Die skaakmatsituasie het tot spekulasie gelei dat die Vlaminge en Wale dalk beter af sal wees op hulle eie. Karel de Gucht, minister van buitelandse sake, het gevolglik besluit om ’n brief aan Belgiese ambassades te stuur met “nuttige gesprekspunte.” Dit sal diplomate in staat stel om België se politieke en sakevennote gerus te stel oor eenheid in die land.

Volgens die memorandum word diplomate aangeraai om in gesprekke met die media te beklemtoon dat die Wale en Vlaminge al 177 jaar saamwoon en alhoewel hulle politieke ambisies “verander het”, hulle steeds geweld as oplossing wil vermy. Daar is tans 6,5 miljoen Vlaminge en 4 miljoen Wale in België. Die land beskik oor ’n federale stelsel met ’n grondwetlike monargie. Die drie streke het heelwat selfbeskikkingsregte. Die nasionale parlement word verder so saamgestel dat daar ’n balans tussen die twee taalgroepe is.

Tydens die nasionale verkiesing van 10 Junie het die Liberale en Christen-Demokrate 81 setels verower, wat genoeg was om aan hulle ’n sentraal-regse meerderheid in die parlement met sy 150 setels te besorg.  Beide partye bestaan egter uit Vlaamse en Waalse faksies wat steeds stry oor Vlaamse eise vir meer streeksoutonomie op die gebiede van gesondheid, justisie en vervoer. Hulle is ook verdeeld oor die regte van die Franssprekende minderheid wat op Vlaamse grondgebied rondom Brussel woon. Die Wale voel dat die streke oor genoeg outonomie beskik en beskuldig die Vlaminge daarvan dat hulle die eenheid van die Belgiese staat wil vernietig.

Volgens meningspeilings is al meer Vlaminge in die welvarende noordelike streek van die land ten gunste van onafhanklikheid. Tydens ’n Vlaamse parlementsdebat verlede maand het Flip Dewinter van die Vlaams Belang gesê die tyd het aangebreek vir “’n fluweel egskeiding” – ’n verwysing na die skeiding in 1993 van die Tsjeggiese Republiek en Slowakye.

De Gucht, wat steeds nie as minister van buitelandse sake kan uittree tot die nuwe regering gevorm is nie, meen dat die Belgiese situasie nie “uniek” is nie. Hy het egter gister op televisie verklaar dat hy nie verwag dat ’n nuwe regering voor 11 November gevorm gaan word nie.

 

хрустальные люстрыданильченко юрій броніславович компромат