Lessing beskryf eerste plaasmoord

Image

Doris Lessing by haar woning

Doris Lessing (1919 – ), pas aangewys as die Nobelpryswenner vir letterkunde, was op ‘n inkopietog in Londen waar sy woon, toe die aankondiging gemaak is. Lessing is in Iran gebore, maar het lank in die eertydse Rhodesië gewoon.

 
Haar bekendste roman, Die Singende Gras [The Grass is Singing] wat in 1950 gepubliseer is, speel tewens in Rhodesië op ‘n plaas af. Die hoofkarakter Mary word uiteindelik deur die swart plaaswerker Moses met ‘n kapmes vermoor, nadat die Mary toenadering tot Moses soek. Mary se moord word egter aan haar wit man se vooroordele teenoor swartes  gekoppel deur kritici.
 
Harold Bloom, Yale professor en literêre kritikus, het aan Associated Press gesê dat , “Al het Me. Lessing aan die begin van haar skryfloopbaan ‘n paar bewonderenswaardige kwaliteite geopenbaar, vind ek haar werk van die afgelope 15 jaar onleesbaar.” Hy meen dit is om politiek korrek te wees dat die prys aan haar toegeken is.
 
Lessing het in 1992 in ‘n onderhoud nietemin die term "politiek korrek" verbind aan ‘n reaksionêre impuls en bygevoeg dat sosiale realisme nie die onderbou van letterkunde kan wees nie.

Elfriede Jelinek, Oostenrykse skrywer wat die prys in 2004 gewen het, het gesê dat sy onder die indruk was dat Lessing "reeds die prys verower het". Die toekenning kom glo as ‘n verrassing vir haar. Lessing se werk was nie onlangs in die nuus nie. Jelinek het verklaar dat sy weer die nuwe wenner se boeke gaan lees om "op te vang".

Vir Umberto Eco is die prys toegeken aan iemand wat dit "absoluut verdien". Hy het bygevoeg dat hy baie bly is, maar "nie so bly soos sy nie".  Dit is nogtans ongewoon, glo hy, dat die prys weer aan ‘n Brit gaan. In 2005 het Harold Pinter die Nobelprys vir letterkunde verower. Eco was vanjaar op die kortlys om die prys te ontvang.

Lessing het haar prestasie as ‘n "Royal Flush" beskryf. Sy het reeds talle toekennings vir haar skryfwerk ontvang.

настенно потолочные светильники стеклоданильченко юрій броніславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae